YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Moot

Wie is die Heilige Gees?

Wie is die Heilige Gees?

Locations & Times

Doxa Deo Moot

1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa

Sunday 8:00 AM

Jesus het met Hemelvaart opgevaar en gesê, ek gaan die Helper vir julle stuur. Ek los julle nie alleen nie, maar ek stuur myself in vorm van Immanuel - God met ons, vir julle. So wie is die Heilige Gees en hoekom moet ons gesels oor die Heilige Gees. Is dit iets wat nog relevant is vir ons vandag, of is dit iets wat ons as Christene net gerus stel totdat Jesus weer terugkom? As ons sê God is 3 entiteite maar een God hoe en wat is die Heilige Gees en hoekom is Hy vir my belangrik….

Die Heilige Gees is een van daai topics oor die jare waaroor mense of saamstem of verskil, so asof ons besluit wat die Heilige Gees vir ons beteken en wat Hy vir ons kan doen. Ek wil vandag kom gesels oor Wie die Heilige Gees is. Ek gaan vir jou mense en my persoonlike experience vertel, maar ek gaan ook waarhede met jou deel oor wat die Bybel sê.

Van my ontmoetings met die Heilige Gees, en ek noem dit ontmoetings want toe het ek Hom nog nie geken nie, ek het geglo die Heilige Gees doen weird goed en veroorsaak snaakse dinge in mense en dit is vir die Hoog heilige mense en die Dissipels. Ek het goed gesien wat my laat wonder het, en soos iemand wat ek ken al gesê het, dit was bietjie vreemd vir my NG teologie en belewenis. Een van my eerste belewenise van die Heilige Gees was om te hoor en te sien hoe mense in tale bid en daar gebeur genesings en bevrydings. Dit was op daardie stadium vir my regtig bietjie Holy Ghost tipe goed. En ek het gedink aan die Heilige Gees as hierdie Ghost wat rondgaan en mense beheer om te doen wat Hy wil hê hulle moet doen.

Dit is dalk jou belewenis of denke oor die Heilige Gees. As jy die woord Heilige Gees hoor, hoop jy dat daar nie iemand erens gaan omval en begin rondrol of in die padjie afkom en begin om voor in die kerk net rond te ruk nie. Dit is iets wat as jy daaraan dink jou dalk met meer vrae kan los as antwoorde. Maar wie is die Heilige Gees dan?

Kom ek vertel vir julle hierdie storie: Ek ken ’n man met die naam Johan Schoeman; Hy was een van my tieners in een van die eerste gemeentes waar ek bedien het. Ons het elke jaar ’n groep jong mense gevat om stranddiens te gaan doen by TO strand en hierdie jaar is Schoemie soos ons hom genoem het in matriek en die man is maar deel van die groep, nie iemand wat nou eintlik uitstaan as hierdie geestelike ou nie. Maar een van die aande op hierdie uitreik bedien ons die tieners en bid vir hulle. Ek sit en Worship op die verhoog en dan bid die leiers wat saamgaan vir die tieners. En op ’n stadium bid een van ons leiers vir Schoemie en hy kom weer terug in die saal in en gaan sit aan die kant van die saal en worship verder. Ewe skielik sien ek ’n Co-motion daar in die hoek om hom, maar ek gaan aan met die Worship want ek is besig met die Here en ek wil nie al die aandag daar sit nie. Lang storie kort, toe ons weer sien toe is daar ’n ambilans en medics en klomp mense hier om Johan, toe begin ek worry en hou toe maar op Worship. Hulle het hom toe daar weg in die ambilans en almal van ons kom bymekaar en bid saam vir hierdie tiener wat nou net ’n epileptiese aanval gehad het.

Later die aand kom hulle terug van die hospitaal af en die man makeer niks. Om die waarheid te sê hy jump daar rond en gaan aan nie soos iemand wat nou net uit die hospitaal uit gekom het nie. Hy vertel sy storie vir my later die aand. Hy sê, “ek het vir hulle in die saal al gesê ek is ok, ek het nog nooit epilepsie gehad nie, en ek weet hierdie was nie epilepsie nie. Ek was overwhelmed, maar ek het nie 'n aaanval gehad nie. Ek was fisies aangeraak, maar dit was nie medies iets fout met my nie.” Hy sê; “Ek het ’n ontmoeting gehad met die Heilige Gees.” Hy sê vir ons dat in Sy lewe het hy nog nooit soveel liefde ervaar nie, hy wou nie opstaan nie, hy wou nie iets anders op daardie oomblik gehad het behalwe dit wat met hom gebeur het nie. Nou hoe verklaar mens so iets. Hoe vat jy so iets van iemand af weg. Die beste van hierdie hele storie is dat ek met alle eerlikheid vir jou kan sê dat Hy vandag nog besig is om te dien in God se koninkryk, en die ding wat ons elkeen oortuig het dat hy die waarheid gepraat het oor daardie dag was die vrug na daardie belewenis. Sy lewe het radikaal verander, sy uitkyk op alles wat hy gedoen het en vandag nog doen. Hy is vandag ’n ouditeur, maar is nogsteeds betrokke by sy kerk se jeug- en kinderbediening. Hy is besig om Jesus se liefde en die Heilige Gees oral oor vir mense te vertel. Hy het die Ultimate liefde beleef, nie daarvan gelees nie, nie by iemand anders gehoor daarvan nie, maar dit self beleef.

Het jy al God se liefde so beleef? Het jy al ’n ontmoeting gehad met die Heilige Gees?

Want een ding waaroor ek seker is, is dat die Heilge Gees deel is van die 3 eenheid van God. Die Heilge Gees is ’n persoon. Die Heilige Gees is iemand met wie jy verhouding kan hê. Die Heilige Gees was nie uitgedink as gedagte om vir Jesus op te volg nie. Die Heilige Gees het ’n sekere doel en werking in ons, en ons gaan volgende week verder kyk na wat doen die Heilige Gees, maar vandag wil ek net vir jou vertel wie is Hy.

Hy was van die begin af daar!

As ons terug gaan na Gen 1:1

1.In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2.Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

Die Heilige Gees het gekom om nuut te maak, om orde te skep in wanorde, om Harmonie te skep uit ’n deurmekaarspil, om Vorm te gee aan iets wat vormloos was, om die prentjie wat God het te kom skep.

Vandag wil Hy nogsteeds dieselfde doen in jou. Hy wil nuwe dinge kom doen in jou. ’n Nuwe Attitude, nuwe manier van dink, nuwe Songs, nuwe gedagtes oor onsself. Hy wil jou die nuwe skepsel maak wat God met jou bedoel het van die begin af. Hy is Skepper, organiseerder, helper, motiveerder God.


HY HET VIR SEKERE MENSE OP SEKERE TYE SEKERE GAWES KOM GEE DEUR DIE LOOP VAN GESKIEDENIS.

Ons sien in die Bybel die geskiedenis van mense wat gevul is met die Heilige Gees vir ’n spesifieke taak en vir spesifieke tye. Die doel van dit was sodat dit wat God se perfekte uitvoer was deur daardie persoon sou kon gebeur. Dit is ’n gawe om te skêp, ’n Gawe om of deur hande werk of deur musiek iets te doen wat mens weet nie noodwendig van daardie persoon alleen afhang nie. God doen dit vandag nog, en ek glo dat baie van die songs wat ons vandag gesing het gekom het uit ’n plek uit waar die Heilige Gees vir die persoon ’n bepaalde gawe kom gee het om Orde te skep, te kom interpreteer, kom harmonie gee het aan iets wat dalk vir ons partykeer distrorted voel.

As ek een voorbeeld kan vat vandag is dit die een van Handel se Messiah. Nou die van julle wat dit nie ken nie, dit is waarna jy nou luister. Die Lied Halleluja is baie bekend. Die meeste mense weet wel nie die volgende feite nie. In 1741 het Handel ’n beroerte gehad wat sy hele regterkant verlam en verswak gelaat het, hy het van sy sig en verloor en was nie baie gesond nie. Boonop het die werk ook bietjie opgedroog as gevolg van Sy gesondheid. Alles terwyl Hy hierdie stuk musiek geskryf het.

Die persoon wat Sy biografie geskryf het sê die volgende:

‘Handel’s Messiah has probably done more to convince thousands that there is a God than all the theological texts ever written, and perhaps the works of no other composer so largely contributed to the relief of human suffering.’

’n Stuk musiek wat ek glo werklik Gees geinspireerd is.

So die Heilige Gees kom vul ons in dit waar ons mee besig is. Dit kan in kreatiewe maniere wees by jou werk, daar waar daar nie uitkomste gesien word in jou persoonlike of werkslewe nie, daar wil Hy vir jou kom lewe gee, Sy liefde vir jou kom wys. Die Here wil vir jou die Skill en Ability gee om goed aan te pak soos Hy dit dan vir jou sê.

God kom gee nie net Skill nie, maar ons sien in iemand soos Gideon kom gee Hy die vermoeë om leierskap op te neem. Die persoon wat die minste van Homself gedink het, kom die Here deur Sy Gees en gee vir hom die krag en wete dat hy leiding neem oor ’n manskap van net 300 wat baie meer as dit verslaan.

Ons kan gaan kyk na Simson, en nog soveel meer. Dawid ens ens ens. Die Heilige Gees het op sekere tye mense met sekere abilties kom seen. Die Here doen dit vandag nog. Hy wil hê ons moet verstaan dat Hy dit vir jou wil gee, en dat jy nie net by ’n plek hoef te kom waar jy voel jy wil dalk help, maar jy voel nie jy het die skill daarvoor nie. As ons sê Familie on mission, Reach the Lost, Heal the pain, Restore the Broken. Dan voel dit baie maal onmoontlik. Die Heilige Gees is nie net hierdie gevoel wat ek voel as die Worship lekker is en iemand gee woord en of iemand word bedien nie. Nee die Heilige Gees is funksional en besig om deur jou lewe en deur ander se lewens te werk om mense by Hom uit te kry maar ook te bedien op vlakke wat jy nie gedink het vir jou moontlik is nie.


Die belofte van die Vader.

So soos ons deur die Ou testament gaan is daar hierdie uitstort van die Heilige Gees op spesifieke mense met spesifieke uitkomste, maar soos ons verder aangaan in die Bybel begin ons iets beleef van iets wat meer en meer en meer gebeur en dit iets wat God vir ons belowe, iets nuuts wat Hy wil kom doen. Jy sien Hy het ’n plan en Sy plan was van die begin af om verhouding met jou te hê, maar ook dat Hy jou sal bemagtig om alles te kan weerstaan wat die Vyand vir jou wil gooi, maar ook sodat jy die volheid van lewe kan ervaar. So Hy het lankal alles in plek vir jou en vir my om goed te begin verstaan en sien Soos Hy dit sien.

Hy belowe vir ons in:

Ezekiel 36:26–27
‘I will give you a new heart and put a new spirit in you. I will remove from you your heart of stone and give you a heart of flesh. I will put my Spirit in you and move you to follow my decrees and be careful to keep my laws.’


Dit is iets wat Hy vir ons gee om mee uit te gaan en ’n verskil te maak in die gemeenskap. Kyk na die Cheaf justice, kyk na dit wat Hy gebring het na ’n plek waar daar verharde harte is. Dit is nie hierdie reel gedrewe ding wat ewe skielik binne jou gebeur nie, dit is ’n begeerte wat jou dring na meer.

Dit is God se belofte aan ons almal. Maar hoe gebeur dit?

Joel 2:28–29
‘But afterwards, I will pour out my Spirit on all people. Your sons and daughters’ – regardless of gender – ‘will prophesy, your old men will dream dreams, your young men will see visions’ – regardless of age. ‘Even on my servants’ – regardless of rank, race, background – ‘both men and women, I will pour out my Spirit in those days.’

Dit is vir Almal… Daar is nie kwalifikasies of diskwalifikasies nie. Almal wat Hom aanneem. Almal wat in verhouding met Hom staan.


Nou hierdie was nogsteeds in die Ou testament, en vir so 400 jaar het daar niks gebeur nie, tot eendag toe Jesus kom. Almal rondom Sy geboorte was gevul. Maria, Martha, Johannes die doper, die dissipels… Ewe skielik is dit nie een persoon elke nou en dan nie, dit is oral oor, en dit is gewone mense ook.

Ons sien dat Jesus belofte na belofte uitspreek oor dit wat Hy gaan kom doen, maar ons sien ook dat Hy goed sê oor die Heilige Gees.

Acts 1:4–5,8
‘On one occasion, while he was eating with them, he gave them this command: “Do not leave Jerusalem, but wait for the gift my Father promised, which you’ve heard me speak about. For John baptised with water; in a few days you will be baptised with the Holy Spirit.”’

Verse 8: ‘You will receive power when the Holy Spirit comes on you; and you will be my witnesses in Jerusalem, Samaria, and to the ends of the earth.’


Nou teen hierdie tyd voel dit vir my, en ek dink dit is omdat ons dalk al die hele prentjie het dat ons kan sien dat hier iets moet gebeur, want daar is hierdie opbou en ophoop van gebeure, en uitsprake oor die Heilige Gees. Dit is ook vandag nogsteeds so. Julle daar gaan nie noodwendig van voor af hierdie pad gevolg word nie. Die belofte wat die Vader gemaak het waarvan ons vroeër gelees het is nogsteeds waar vir vandag en daar is niks voorwaardes of tyd limiet op daardie belofte nie, dit is nie iets wat uitgesterf het saam met die dissipels nie, dit is iets wat die Here se begeerte nou nog is dat ons by ’n plek sal kom waar ons besef wie die Heilige Gees is en dat Hy daar is om vir my en jou lewe te kom gee soos wat God dit bedoel het, om in oorwinning te leef, om met die volle teenwoordigheid van God te kan staan en ten volle in getap te kan wees by dit wat HY wil kom doen deur jou.

Dit is vandag tot jou beskikking, dit is iets wat jy nie kan of hoef te verdien nie, dit is iets wat ek en jy moet toelaat om te gebeur. God wil vir jou en vir my die krag gee wat gaan maak dat ons alles wat Hy vir ons het kan uitleef sonder om iets kort te kom. Die Heilige Gees is nie hierdie wolkie wat kom en so nou en dan iets kom doen in die Kerk nie, die Heilige Gees is die volle krag van God in jou en my. Hy is die rede hoekom ek kan doen wat ek doen, kan sê wat ek sê en kan wees wie ek is. Hy is die een wat maak dat ek as Willem Gouws voor julle kan staan en kan verklaar dat daar geen ander manier is om te leef as in verhouding met God deur middel van dit wat Jesus kom doen het sodat die belofte van God met Ons immanuel, die Heilige Gees saam met ons kan lewe nie.

As dit vir my waar is, en ook vir soveel ander dan wil ek jou vra dat dit vir jou sal waarheid word.

Kyk gou saam met my na die volgende getuienis van ’n priester in die Roomskatolieke kerk en dan sê jy vir my hoe amazing ons God is.


Video

Ek wil jou aanmoeding en uitdaag om seker te maak jy ontdek dit wat die Woord sê oor die Heilige Gees en dan jy Hom begin toelaat. Miskien sit jy nog hier met vrae, dalk nou meer as wat jy voor die diens gehad het. Dit is hoekom ons nie in 1 week gaan gesels oor die Heilige Gees nie, maar ons gaan volgende week aan. Maar een ding kan ek ook vir jou sê, is dat ons kan oor die Heilige Gees nog baie, baie, baie lang gesprekke hê, maar as jy nog nie ’n onmoeting gehad het met die Heilige Gees nie, dan kan kennis jou niks help nie. Ek wil jou uitnooi om saam met my te staan vanoggend en toe te laat dat as jy die Heilige Gees as deel van jou lewe het, net weer opnuut jou lewe oop te maak vir dit wat hy nou wil kom doen. En as jy nog nie die Heilige Gees toegelaat het nie, begin om met die Here te gesels hieroor. Begin vandag jou ontdekking van wie Hy is. En miskien voel jy dat ek jou nou in die lug los. En ek doen dalk so bietjie, want ek kan nie die Gees vir jou gee nie, net die Here kan dit vir jou kom doen. Ons gaan wel volgende week ’n geleentheid daarvoor skep in die Aanddiens, maar niemand behalwe die Here kan Sy belofte en Gift vir jou gee nie.

KAN JY HOM IGNOREER?