YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Faerie Glen

Paassondag - 21 April Oggenddiens

Paassondag - Muller van Loggerenberg.

Locations & Times

Doxa Deo Faerie Glen

c/o Atterbury & Olympus Drive, Plot 7, Faerie Glen, Pretoria, 0081, South Africa

Sunday 8:00 AM

Sunday 10:00 AM

Sunday 6:00 PM

Die Lap in ruil vir ‘n Kleed
Vrydag het ons na die betekenis van die kruis en die gordyn gekyk. Vanoggend is opstanding Sondag en ek wil met ons kuier oor die Lap. Die betekenis van die kleed.
Ek gaan soms so bietjie kreatiewe vryheid gebruik. Die metafoor of die simboliek is nie wat so belangrik is nie, maar eerder die waarheid van die Woord.
Kom ek herhinner ons net weer van die begin en die val.

Lap van eie poging
GENESIS 3:7
'Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. '

Lap van tydelike bedekking
GENESIS 3:21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
God het vir hulle die eerste offer vir sonde gemaak. Klere van vel om skaamte te bedek. Die Lap van ‘n tydelike bedekking.

Lap van skeiding / afstand
Vrydag het ons gekyk na die gordyn wat in die Allerheiligste gehang het. Die Gordyn het skeiding gebring.

Die Lap van ‘n Nuwe begin
Jesus se geboorte word aangekondig.
Luk 1:35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
Jesus word gebore uit die maagd Maria. Die oorspronklike perfekte mens weer gebore uit God en mens.
LUKAS 2:7
'Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. '



Die Kleed van Hoop
‘n Kleed van hoop vir die verlorenheid, vir die pyn en gebrokenheid van die wêreld.
Mattheus 14:36 en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

Die Kleed van ‘n Koning
JOHANNES 19:2-3
'En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op Jesus se kop gesit. Hulle het ook vir Hom ’n pers kleed aangetrek, op Hom afgestorm en gesê: “Gegroet, Koning van die Jode!” Hulle het Hom aanhoudend met die vuis geslaan.'

Lap van afstand geskeur
Gordyn skeer middeldeur. Die lap tussen ons en God is verwyder. Die gordyn/lap van die verbond is ingeruil vir ‘n kleed van die nuwe testament erfenis.


Laaste Lap van bedekking
LUKAS 23:53
'Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linne toegebind en in ’n rotsgraf gaan neerlê waarin niemand nog ooit begrawe was nie. '
Die lap wat Adam en Eva bedek, nou die finale bedekking wat die perfekte offer bedek. Die seun van God geoffer vir die mens. ‘n Liggaam in ruil vir ons lewens. Bedek in lap deur mense hande.

Lap gelos in die graf
Lukas 24:12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.
Die lap het in die graf agter gebly - asof die lap wat Adam en Eva moes bedek van hulle skaamte nou in die graf gelos is.

Kleed van opstanding
Markus 16:5-7 En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle ‘n jongman, met ‘n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik. En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.

Openbaring 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.

Ons kleed van oorwinning
Mattheus 9:16 En niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ‘n erger skeur.

Luk 15:22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voet
Ons ou lewe word nie net gelap nie. Ons kry n hele nuwe klerekas wat pas by wie ons nou is!!

Die ou lap is ingeruil vir ‘n nuwe kleed.

KOLOSSENSE 3:9-12 NLV
'Julle het mos die vorige mens en sy praktyke soos klere uitgetrek en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voortdurend nuwe insig en word só verander en nuut gemaak om al meer soos sy Skepper te lyk. In hierdie nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, barbaars, slaaf of vry man nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is. Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy lief het. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. '

Ephesians 1:19-20 TPT
'I pray that you will continually experience the immeasurable greatness of God’s power made available to you through faith. Then your lives will be an advertisement of this immense power as it works through you! This is the mighty power that was released when God raised Christ from the dead and exalted him to the place of highest honor and supreme authority in the heavenly realm! '