YouVersion Logo
Search Icon

#OpWeg

Jesus voorskrif 4: Loop ’n daaglikse dosis “LSD” (Lang Stadige Distansies)

Jesus voorskrif 4: Loop ’n daaglikse dosis “LSD” (Lang Stadige Distansies)

Ons is reisgenote saam #OpWeg in Jesus se voetspore. Ons kom in die saal bymekaar om 19:00, maar kom vroeg vir `n koppie koffie, peuselhappie en goeie geselskap.

Locations & Times

NG Hottentots-Holland Familiekerk

20 Plein St, Roundhay, Cape Town, 7130, South Africa

Sunday 7:00 PM

hey

Die loop-jou-praat loop – dit beteken loop in die voetspore van Jesus... loop agter Hom

hey
Robert Fulghum, 'n afgetrede Amerikaanse predikant, het iewers oor sy wens geskryf. En hy het gesê wat hy regtig, regtig, regtig vir Kersfees wil hê net dít is:

Ek wil net vyf jaar oud wees vir een uur.
Ek wil baie lag en huil.
Ek wil opgetel wees en in iemand se arms aan die slaap gesus word en bed toe gedra word.
Ek weet wat ek regtig vir Kersfees wil hê.
Ek wil die kind in my terughê.
Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie...
hey

Die bok-loop beteken om in pas te kom met die ‘unforced rhythms of grace’

opWeg-in-die-week uitdagings:

*Doen moeite om hierdie week mense wat jou pad kruis, se name te ken. Skryf dan daardie persone se name neer en bid vir hulle.

*Doen die ‘gebedsloop’ in jou onmiddelike omgewing.

Dag 1: Stap by elke huis verby, stop en bid ‘laat U Genade by hierdie huis oorloop.’
Dag 2: Stap ook ‘n dag deur jou buurt en bid die Ons Vader (Matteus 6:9-13) stil of fluisterend, terwyl jy stap. Herhaal die 2 voorstelle vir ‘n week lank.
hey

Die ken-jou-plek-loop. Ken die hartklop van mense in jou omgewing, want Jesus het.Elke persoon wat oor my pad kom – almal is God se geliefde: die kassier, die kelner, die veiligheidswag.

Saam-gesels in die week
Saam bid
B.I.D. staan vir:
B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom.
I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.).
D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor.

Saam groei
Paulus verwys na Lukas as “die dokter wat hy baie liefhet” (Kol. 4:14). Daar is voldoende gronde om af te lei dat Lukas ’n nie-Joodse Hellenistiese afkoms gehad het. Uit die boek Handelinge kom ons agter dat Lukas ’n reisgenoot van Paulus was, maar alle aanduidings is dat Lukas nie ’n ooggetuie van Jesus se lewe en werk was nie. Lukas rig sy evangelieverhaal en die verhaal oor die apostels aan dieselfde persoon, Teofilus. Lukas spreek Teofilus hoflik aan, maar rig sy verhaal ook aan gelowiges uit die heidendom. Lukas wil in sy evangelie die betroubaarheid van die evangelie bewys deur die verhaal wat hy vertel. Sy evangelie het veral die volgende uitstaande kenmerke wat die Lukas-evangelie van Matteus en Markus onderskei: die evangelie is universeël, vir almal; Jesus se liefde vir die uitgeworpenes en randfigure; sondevergifnis; die fokus op armes, vroue, die rol van die Heilige Gees, gebed en vreugde. Lees nou Lukas 5:1-11 se aangrypende verhaal.

Saam gesels
1. Deel met mekaar elkeen van julle se unieke roepingsverhaal. Vertel ondermeer wat was die omstandighede? Wat het gebeur? Hoe het dit jou lewe verander?

2. Dit is opvallend dat Petrus in hierdie gedeelte nie een keer op eie inisiatief handel nie. Al sy aksies is die gevolg van die openbaring van Jesus se gesag oor Petrus se lewe. Wys vir mekaar Jesus se inisiatief orals in die gedeelte uit. Dink na oor julle eie roepingsverhale en wat God se inisiatief in julle lewens vir julle beteken.

3. Dink en leef julle vir ‘n oomblik in Simon se skoene in. Na ‘n hele nag van swoeg en sweet, gee Jesus die opdrag aan vermoeide en uitgeputte vissers, wat in terme van hulle beroep, inkomste en gemeet aan wêreldse sukses-en-prestasie-standaarde ‘n volslae mislukking beleef het, om na die diep water toe te vaar en hulle nette daar uit te gooi. Wat sou jy gedoen het? Sou jy as visserman nie dalk die opdrag van Jesus as volslae belaglik afgemaak het nie? Bedink wat die beweegrede agter Simon se optrede was.

4.Verwonder julle oor die gebeure van die reuse visvangs. Ontleed Simon Petrus se reaksie. Besin oor die ontdekkings wat jy oor jouself en oor God gemaak het in jou eie roepingsverhaal.

5.Vers 11 moes uiteraard enorme ekonomiese implikasies vir hierdie eerste volgelinge van Jesus gehad het. Bespreek onder mekaar wat dit is wat elkeen van julle nog moet prysgee wat julle verhoed om Jesus met oorgawe na te volg.


Saam stap: Eers vorm ons gewoontes, dan vorm die gewoontes ons
Geloofsgewoonte: Om jou te oefen in geloofsonderskeiding. Hierdie gewoonte gaan daaroor om jou gehoorsaam te verbly in die herkenning van God se wil en stem. Ons diepste vreugde is daarin geleë dat ons vertrou dat God se wil vir ons die beste is. Lees Joh. 16:7; Fil. 1:9-10; 1 Joh. 4:1 en Jak. 1:5.

Doen-dinge:
1. Probeer onderskei waar die Gees van God in jou lewe werksaam is, deur die volgende vir jouself af te vra: Waarna smag ek? Watter onderwerpe of sake kom telkemale weer in jou hart en gedagtes op? Waarmee worstel jy? Wat energeer jou? Wat tap jou energie?

2. Maak ‘n lys van die belangrikste besluite wat jy die afgelope vyf jaar geneem het. Dink oor die besluitnemingsproses. Watter besluite het vir jou ten goede uitgewerk? Waarom?

Dink-dinge:
1. Waaraan spandeer jy die meeste tyd en energie? Wat sê dit vir jou oor wat vir jou belangrik is?

2. Wanneer jy groot besluite moet neem, is dit vir jou moeilik om te wag en die Here se wil te soek? Waarom?

3. Dink jy God het slegs een bloudruk en plan vir jou lewe? Waarom? Waarom nie?