#OpWeg

Kuier saam met vriende
Ons is reisgenote saam #OpWeg in Jesus se voetspore. Ons kom in die saal bymekaar om 19:00, maar kom vroeg vir `n koppie koffie, peuselhappie en goeie geselskap.
Locations & Times
NG Hottentots-Holland Familiekerk
20 Plein St, Roundhay, Cape Town, 7130, South Africa
Sunday 7:00 PM

Die Sjinese se spreekwoord oor vriendskap is pragtig: Die vyfde koppie tee tussen vriende is die beste. In antieke Sjina het hulle tee gemaak deur eenvoudig warm water oor los teeblare in 'n koppie te gooi. Die verduideliking van die spreekwoord is dat wanneer vriende ontmoet, hulle aan die begin nog baie besig is met die stres van die wêreld daar buite. Daarom drink hulle die eerste koppie tee vinnig en sonder veel genade. Die volgende rondte water laat die teeblare lekker trek. Dan proe die tee beter. Die derde koppie vra nóg meer tyd. Die vierde een staan nóg langer sodat die tee die verlangde sterkte bereik. En dit is die vyfde koppie tee wat die simbool van vriendskap word. 'n Diep vriendskap het tyd, gemeet in koppies tee, nodig.
Making your way in the world today takes everything you've got.
Taking a break from all your worries, sure would help a lot.
Wouldn't you like to get away?
Sometimes you want to go
where everybody knows your name,
and they're always glad you came.
You wanna be where you can see,
our troubles are all the same.
You wanna be where everybody
knows your name.
You wanna go where people know,
people are all the same,
You wanna go where everybody
knows your name.
We carry Kevan
https://www.youtube.com/watch?v=81RdjYexL8ESaam bid
B.I.D. staan vir:
B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom.
I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.).
D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor.
LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid:
“23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”
Saam groei
Paulus skryf die brief, wat in ons Bybel bekend staan as 1 Korintiërs, tydens sy derde sendingreis, ongeveer 54-55 nC, vanuit Efese, nadat hy vir 18 maande lank tydens sy tweede sendingreis daar gebly en gewerk het. Hierdie brief is waarskynlik die tweede wat Paulus aan die Korinte-gemeente gerig het, want 1 Kor. 5:9 verwys na ’n “vorige brief”. In die dankseggings-gedeelte van die inleiding van 1 Korintiërs, maak Paulus daarvan melding dat hierdie gemeente geseënd is met gawes van woord en kennis (1 Kor. 1:5) en verder dat die boodskap van Christus so goed onder hulle gevestig is, dat dit hulle nie aan ’n enkele genadegawe ontbreek nie (1 Kor. 1:6-7). Nou wil dit voorkom dat juis dit waarmee hierdie gemeente ryklik geseën is en die oorvloed van gawes wat hulle ontvang het, juis die oorsaak van wedywering, verdeeldheid en onenigheid in die gemeente was. Ironies, né! Lees nou 1 Kor. 12:1-11 aandagtig deur. Sien veral verse 4-7. Die Gees beheer en besluit ook oor die uitdeling en beskikbaarstelling van die gawes (sien vers 11). Bespreek die implikasies van hierdie twee stellings vir die gemeenskap van Jesus-volgelinge.
Saam gesels
1. Deel julle ervaring van die eenheid, maar ook die verskeidenheid in julle onderskeie gemeentes. Waarin kom die eenheid en die verskeidenheid tot uitdrukking?
2. Die veelheid en die verskeidenheid van gawes is van dieselfde Gees afkomstig.
3. Beoordeel in die lig van 1 Kor 12:1-11 houdings van geestelike meerderwaardigheid, elitisme, kompetisie en indiwidualisme onder Jesus-volgelinge.
4. In die gemeente van Jesus Christus, het elkeen ‘n gawe of gawes ontvang tot voordeel van almal (vers 7). Gee waarderende erkenning aan die onderskeie gawes wat julle saam ontvang het en besin oor die voordeel wat die kollektiewe geloofsgemeenskap daaruit moet kan geniet, tot die eer en verheerliking van God.
5. Die Here wil hê dat een van ons die kerk moet uitvee, ‘n ander kos vir ‘n sieke maak of nog een blomme vir iemand gee. Dit is dieselfde God en Here wat die “kragtige werkinge” (vers 6) voor die skares laat gebeur en wat ook die stil, eensame gebed van ‘n gelowige wonderbaarlik verhoor. Gelowiges is dus nie belangrik nie, maar God wat op ‘n verskeidenheid maniere werk en derhalwe ‘n verskeidenheid geskenke aan sy gemeente gee. Stem julle hiermee saam of nie?
Saam stap: Eers vorm ons gewoontes, dan vorm die gewoontes ons
Geloofsgewoonte: Om jou geloofsreis in ‘n joernaal neer te skryf. Die geheim van ‘n lewensreis saam met God, is om te reflekteer oor sy daaglikse teenwoordigheid, leiding en werksaamheid in jou en rondom jou. Hierdie joernaal moet daagliks bygehou word en veral in tye van oorgang. Lees Ps. 16:7, 25:4, 119:18; Jos. 1:8 en Hab. 2:1.
Doen-dinge:
1. Knip artikels en foto’s wat jou getref het uit en plak dit in jou joernaal. Bid daaroor en dink na oor God se sorg vir jou en sy skepping.
2. Skryf aanhalings, gedigte en Skrifgedeeltes neer wat jou geraak het. Dink na oor die betekenis daarvan vir jou.
3. Kry afskrifte van kunswerke wat jou aan God en sy werk herinner.
4. Hou ‘n gebedsjoernaal: versoeke, gebede en antwoorde op gebede.
Dink-dinge:
1. Hoe kan jy meer nadink en reflekteer oor jou lewe en God se werk en teenwoordigheid daarin elke dag?
2. Hoe kan dit jou help om jou gedagtes oor God neer te skryf?
3. Wat sal dit beteken, dink jy, as iemand anders jou joernaal sal lees?
Spreek meer waardering uit teenoor jou vriende hierdie week
Laat die volgende aanhaling waar wees in jou lewe: Gewoonlik wanneer jy ten gronde is, kom daar altyd iets te voorskyn - dit is gewoonlik die neuse van jou vriende!