YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Wilgeheuwel

Kersfees is boos // preek nota's

Kersfees is boos // preek nota's

Lie To Me

Locations & Times

Doxa Deo Meyersdal

Nic Diederichs Rd & Taylor Rd, Honeydew Ridge, Roodepoort, 2170, South Africa

Sunday 8:30 AM

Hoe weet jy as iemand vir jou jok? Ek dink dis ’n vraag wat al die mammas vir ons moet antwoord. Hulle het net hierdie spesiale gawe om te weet. Ek meen ek kon nooit vir my ma jok nie, sy’t altyd geweet.
Ons manne aan die ander hand, is afhanklik van tegnologie. Kyk gou na hierdie video “clip”.

Ons is besig met ’n reeks “Lie to Me” waar ons by die waarheid agter die leun wil uitkom. Die doel van die reeks is eintlik om jou te wys hoe om met die Bybel te werk want baie mense kry ’n skrif beet en bou dan ’n gedagte daarop wat eintlik nie waarheid is nie.
En dikwels veroorsaak dit spanning in ons geestelike journey want wat is nou eintlik die waarheid; wie is reg en wie is verkeerd?
So ons het ’n paar kontroversiële onderwerpe gekies om na te kyk en te sien wat die waarheid is en vandag vra ons die vraag is Kersfees boos?
Baie mense glo dis verkeerd om Kersfees te vier vir die volgende redes:

1. Heidense oorsprong
· Songod: 25ste Desember is toegewy aan die songod want dit merk die einde van winter, die dae het begin langer word.
· Daar was ook ’n Romeinse fees, 17 – 23 Des, wat bekend gestaan het as Saturnalia, ter ere van die Romeinse god Saturn.
· Daar is eintlik ’n lys van heidense gode wat klaarblyklik op die 25ste Desember gebore is:
Mithras, Horus, Attis, Dionysus the son of Zeus, Tammuz, Hercules, Perseus, Helios, Bacchus, Apollo, Jupiter, Sol Invictus – (The “Unconquered Sun”)

2. Jesus was nie op die 25ste Desember gebore nie
Een van die argumente is dat die herders nie in die ope velde sou wees gedurende die wintertyd nie.

3. Die Apostels het nie Kersfees gevier nie
Daar is geen aanduiding dat die Apostels of die vroeë kerk enigsins Jesus se verjaarsdag gevier het nie.

4. Skrif:

Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. (Jer 10:3-4)

maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. (Gal 4:9-10)

1. Heidense oorsprong
Eintlik is daar baie van ons gebruike en tradisies vandag wat ook ’n heidense oorsprong het.
Name van ons weeks dae:

Sunday: named after the sun, a goddess named Sunna or Sol
Monday: named after Mani, the Norse personification of the moon (Sol’s brother)
Tuesday: Norse god of war Tyr
Wednesday: named after the Norse god Wodan (Odin).
Thursday: Norse god of thunder Thor
Friday: Norse goddess Frigga (wife of Odin).
Saturday: Roman god of fun and feasting Saturn

Net so het die name van ons Maande ook ’n heidense oorsprong:

January: Roman god of beginnings and endings Janus
February: the old-Italian god Februus or else from februa, signifying the festivals of purification celebrated in Rome during this month.
March: Roman god of war, Mars.
May: Maiesta, the Roman goddess of honor and reverence.

Hier’s nog ’n paar goed wat ’n heidense oorsprong het:
i. Om jou hand voor jou mond te hou as jy gaap, het ’n heidense oorsprong.
ii. Die trouring: is ’n heidense simbool vir kontinuïteit.
iii. Strooi meisies was gebruik om bose geeste te flous. Eintlik het meeste van ons gebruike op troues vandag ’n heidense oorsprong.
iv. Om verjaarsdae te vier, geskenke te gee en die koek met kerse op was alles gedoen om die gode gelukkig te hou.
v. Kruisiging was ’n heidense gebruik en die vroeë Christene het dit glad nie as ’n simbool gebruik tot nadat Konstantyn in die 4de eeue n.C. die kruisiging verbied het as ’n vorm van doodstraf nie.
vi. Die vroeë Christene het inteendeel die vissie gebruik as ’n Christelike simbool maar ook dit het ’n heidense oorsprong in Babilonië gehad. Dit was die simbool van Ichthys die seun van Atargatis die seegodin.
vii. Selfs die doop was eers ’n heidense reiniging ritueel gewees wat onder andere in Egiptiese en Babiloniese godsdienste beoefen was.

So as ek die “heidense oorsprong” teorie wil gebruik om Kersfees af te skiet het ek ’n reuse- probleme want dan is daar baie dinge in my lewe wat moet verander. En ek gaan ook moet aanvaar dat die vroeë Christene gesondig het toe hulle sekere heidense gebruike gevat het en ’n Christelike betekenis daaraan gekoppel het.

2. Jesus is nie op die 25ste Desember gebore nie
Die realiteit is ons weet nie wanneer Jesus gebore was nie. Die rede hoekom die 25te Desember gekies was, was juis omdat dit toegewy was aan so baie afgode en Konstantyn wou die Een ware God voorhou aan die mense.

Paulus het iets soortgelyk gedoen toe hy in die heidense stad Athene gekom het:

Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. (Hand 17:22-23)


3. Die Apostels het nie Kersfees gevier nie
Eintlik het die Jode glad nie verjaarsdae gevier nie, dit was net nie deel van hul kultuur nie. Dis hoekom Jesus se geboortedag nie aangeteken is nie. Nêrens in die Bybel is daar ’n wet of verbod teen verjaarsdae nie, dit was net nie gedoen nie.

Maar hulle het ook nie enige musiek instrumente gebruik tydens aanbidding nie.
“Neither Paul nor any other apostle, nor the Lord Jesus, nor any of the disciples for five hundred years, used instruments.” David Lipscomb

Hulle het nie Moedersdag gevier nie en hulle het nie tande geborsel of elke dag gebad nie.

4. Skrif:

Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. (Jer 10:3-4)

Die konteks hier, is dat Jeremia die volk wel waarsku om nie soos die heidene op te tree nie. Maar vers 3 en 4 praat nie van ’n kersboom nie. Dit verwys na afgodsbeelde wat hulle uit hout uitgekap het. “Die handewerk van ’n ambagsman” praat van hoe hulle ’n beeld uit die hout uitgekerf het en dit dan versier het met silwer en goud.

Kyk wat se vers 11

so moet julle vir hulle sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit-- (Jer 10:11)

Hierdie gedeelte verwys letterlik na afgode waarin die heidene geglo het soos wat ek en jy in Jesus glo. Dit was nie net ’n boom wat hulle mooi versier het en in hulle huise gesit het nie.
Wanneer jy begin bid tot jou kersboom en jou vertroue en jou hoop daarin sit om jou te red, dan eers is jy skuldig aan dit waarvan Jeremia hier praat.
Kom on kyk na die tweede skrif gedeelte:

maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. (Gal 4:9-10)

Die Konteks van Galasiërs gaan oor die gelowiges daar wat begin teruggekeer het na die wet van Moses. Paulus spreek dit aan

Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe. (Gal 2:21)

Vers 21 is ’n opsomming vir wat Paulus wil sê vir die Galasiërs.

Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. (Gal 4:4-5)

Daar was mense in die kerk daar wat vir die ander geleer het dat hulle onder verpligting staan om die Joodse wet en die feeste wat daarmee saamgaan moet onderhou.
In vers 9 en 10 as Paulus praat van dae, maande en jare verwys hy na hierdie Joodse feeste wat gekoppel was aan die wet. “Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.”
Dit is nie ’n verwysing na iets soos Kersfees nie.

Kom ek deel met jou ’n skrif wat ons kan help met Kersfees:

Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. Een glo ‘n mens mag alles eet; ‘n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem. (Rom 14:1-3)

Paulus praat hier van vleis wat volgens die wet dalk onrein kon wees. Dit was in Rome, ’n heidense land, en daar was baie goed wat die vleis onrein kon maak. Party van die gelowiges het net groente ge-eet, net ingeval hulle dalk iewers die wet oortree.

Paulus sê vir die meer volwasse gelowiges wat hul vryheid in Christus verstaan het om nie neer te kyk op hulle “swakker” mede gelowiges, wat nog nie hul vryheid in Jesus verstaan nie. Maar vir die “swakker” gelowige sê hy ook dan moenie die ander gelowiges oordeel nie.

Dan:

Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ‘n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ‘n bepaalde dag op ‘n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here. Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God. (Rom 14:5-6)

Daar is baie goed in die Kers seisoen wat ek dink verkeerd is. Mense wat hope skuld aangaan om geskenke te koop en partytjies te hou. Mense wat dronk word. Mense wat sterf op die paaie. Die kommersiële sektor wat die fokus wegtrek van Jesus af. En daar’s nog baie meer. Die realiteit is al hierdie verkeerde goed gebeur ook ander tye van die jaar.

Kersfees vir my is soos daai oomblik toe Paulus in Athene instap en vir die mense sê ek wil met julle praat oor die ware God. Kersfees vir my is ’n herinnering aan die wonderwerk dat God mens geword het en onder ons kom woon het. Kersfees vir my, is ’n geleentheid om vir mense te wys dat ek ook rede het om fees te vier maar dat my rede vir feesvier soveel groter is. Dat kom Januarie hou ek nie op om dit te vier nie. Iemand het eendag gesê: “Jesus is not just the reason for the season. He is the reason for my entire existence!”

Kan ek jou uitdaag, dat indien jy wel die vryheid beleef om Kersfees te vier. Dat jy dit oorweeg om ’n deel van jou Kersfees vreugde met ander te deel. Miskien vir iemand wat nie het nie, ’n bord kos te vat of dalk nuwe klere te koop. Dalk vir ’n behoeftige kind ’n geskenk te koop. Of dalk wil jy vir iemand ’n stoel sponsor wat sy belewenis in ’n diens soos hierdie,
dalk ’n klein bietjie beter kan maak.