YouVersion Logo
Search Icon

Somerstrand Gemeente

Liefde is 'n vlam van die Here

Liefde is 'n vlam van die Here

Hooglied 8

Locations & Times

Somerstrand Gemeente

77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa

Sunday 6:00 PM

Somerstrand 3 November 18:30
Vier gedigte

Dit maak vir my sin om die gedeelte as vier gedigte te hanteer. Die eerste drie werk telkens met ‘n inleidende vraag of beskrywing waarop die vrou en man onderskeidelik reageer. Die laaste gedig is ‘n gesprek tussen die man en die vrou.
1. Eerste gedig
Die vroue vra na haar identiteit – die vrou antwoord met ‘n verklaring van haar liefde vir die man – 8:5-7.

Die vroue
5 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek (laat ontwaak). Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.

Die vrou
6 Dra my soos ’n seëlring op u hart, soos ’n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard (meedoënloos) soos die doderyk, sy gloed is ’n gloed van vuur, ’n vlam van die Here.
7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ’n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.

2. Tweede gedig
Haar broers wonder oor haar volwassenheid – die vrou gee hulle die versekering dat sy haar man kan gelukkig maak – 8:8-10.

Haar broers
8 Ons het ’n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?
9 As sy ’n muur is, sal ons ’n silwerrand daarop bou, en as sy ’n deur is, sal ons dit met ’n sederplank toeslaan.

Die vrou
10 Ek is ’n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind (toe word ek vir hom soos ‘n stad wat vrede aanbied).

Vers 8-9 word interessant genoeg deur Peterson as ‘n terugblik van die vrou hanteer met die opskrif: “My brothers used to worry about me: ...” en dan die teks soos ons dit in Bybel het. Dan maak haar opmerking in vers 10 baie sin, deurdat sy eintlik vir hulle sê, julle was bekommerd oor my, het eintlik gedink ek is nog klein en moet beskerm word, maar ek is nou groot en in die liefdevolle beskerming van die man wat ek liefhet. Bogenoemde indeling dra dieselfde gedagte oor.

3. Derde gedig
Die man wonder oor die harem van Salomo – die man verbly hom egter in sy keuse vir een vrou wat syne alleen kan wees – 8:11-12.

Die man
11 Salomo het ’n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.
12 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en tweehonderd vir die wat sy vrugte bewaak.

4. Vierde gedig
Die man verlang na haar stem – die vrou verlang na sy teenwoordigheid – 8:13-14.

Die man
13 U wat in die tuine woon—vriende luister na u stem; laat my dit hoor.

Die vrou
14 Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.
Betekenis

In hierdie perikoop kan ‘n mens die volgende sewe interafhanklike en wederkerige aspekte van die liefde raaksien soos dit in die huwelik na vore kom:

1. Ondersteuning
2. Liefdesywer
3. Geborgenheid
4. Sekuriteit
5. Selfstandigheid
6. Uniekheid
7. Interafhanklikheid

Hooglied

Laai die pdf af om die hele boek deur te werk
https://www.ngkerksomerstrand.co.za/dokumente/Hooglied.pdf