YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Langeberg

Deeply Rooted - Liefde vir Familie

Deeply Rooted - Liefde vir Familie

Die interessante gedeelte van die GROOT gebod is dat Jesus liefde vir God en liefde vir jou self en jou naaste op die selfde prioriteit sit! Om God, jouself en ander lief te he vanuit Jesus se woorde is EWE belangrik!

Locations & Times

Doxa Deo Langeberg

Steenbok Rd, Langeberg Ridge, Cape Town, 7550, South Africa

Sunday 9:00 AM

Deeply Routed – Liefde vir Familie

Deon Binneman beantwoord drie vrae:
1. Wat is ‘n gesonde liefdes verhouding tussen man en vrou, ouers en kinders en dan bykomelinge in die huwelik om gesin eenheid te beskerm?
2. Watter invloed het die in my self liefde en liefde vir ander wanneer ek nie ‘n gesonde liefdes verhouding met my familie het nie?
3. Praktiese wenke in die huwelik, kinders en bykomelinge in die familie?

Jacques boodskap:
Wat sou jy sê hoe die wêreld sal kan sien of Christus regtig deur die Vader gestuur is? Ek kan onmiddellik dink deur wonders en tekens, of deur hard sing of blinde geloof... Maar nee, die enigste Woord gebaseerde manier om vir die wêreld te wys dat Christus waarlik deur die Vader gestuur is en dat hy bestaan is deur om jou geestelike familie lief te hè:
Hoekom spring Johannes in vers 12 van liefde vir jou geestelike familie na die Heilige Gees? Ons kry die antwoord van dit in Handelinge 1:8
Jy sien liefde vir ander wat Christus eg maak vir die wêreld begin by Jerusalem, dan Judea, dan Samaria en die uithoeke van die aarde...
Jerusalem is die beeld van _______________________
Judea is die beeld van __________________________
Samaria is die beeld van _________________________
Uithoek van die aarde is die beeld van ______________
Die Heilige Gees kom ____________ ons om in die gebiede mense __________________ !

Dit is dan duidelik dat die Woord vir ons keer dat wanneer ons wonderwerke soek, wanneer ons Christus aan die wêreld bekend te stel moet ons, ons geestelike familie lief het soos wat Hy vir ons lief gehad het! Dit beteken dat ons nie ‘n oomblik van onvergifnis mag toelaat nie. Dit beteken dat ons aktief moet werk aan my liefde vir die kerk, die liggaam van Christus!

Social Media

Volg gerus hierdie skakel vir ons familienuus en "live feed" van dienste.
http://bit.ly/2NDtxfW

Finansiële Bydrae

Besoek gerus ons webtuiste vir die verskillende maniere hoe jy kan bydra tot hierdie droom - Raising City Changers!
https://www.doxadeo.org/langeberg/gee/

Doopgeleentheid - 18 November

Sondag 18 November is daar 'n doopgeleentheid tydens ons aanddiens om 17:00.
Kontak vir Jacques by 021 987 1275 of jacques.lombard@doxadeo.org vir meer inligting.
Neem die stap van geloof en gehoorsaamheid!

Anders Orkes - 23 Nov.

Op Vrydag 23 November om 19:00 tree die Anders Orkes op hier by Doxa Deo Langeberg.
Early Bird Kaartjies is R80 tot en met 22 Oktober. Daarna is dit R120 per persoon.
Kindertoesig is ook beskikbaar vir 'n ekstra fooi van R50 per kind vir die aand.
Volg gerus hierdie link om nou jou kaartjie te koop: https://doxadeocape.churchsuite.co.uk/events/h7ajo9ll

Dankfees - 2 Des.

Sondag 2 Desember is dit weer tyd vir ons dankfees van 2018.
Hou jou posbus dop vir jou brief en kontak ons kantoor asb indien jy wil getuig van wat die Here vir jou gedoen het die afgelope jaar. Ons wil jou storie hoor!
Tydens die diens gaan ons die Here dank vir 2018 en ook droom oor 2019.
Doxa Deo Kids gaan ook vir ons 'n item opvoer en daarna geniet ons nagmaal saam as gesinne.
Na die diens het ons lekker potjiekoskometisie - R30 per persoon, so stof jou voorskoot af en kom wys ons jou kookvernuf!
Navra by info toonbank!
Bevestig jou teenwoordigheid hier sodat ons vir jou kan voorberei: https://doxadeocape.churchsuite.co.uk/events/3ypoe0d9