YouVersion Logo
Search Icon

Moreletapark Gemeente

Geloofsgetuienis (1)

Geloofsgetuienis (1)

Locations & Times

Moreletapark Gemeente

1353 De Villebois Mareuil Dr, Pretoriuspark, Pretoria, 0081, South Africa

Sunday 3:18 PM

Kom ons bid saam en vra vir die Heilige Gees om ons te begelei op hierdie ongelooflike reis.
Julle is soos pelgrims op die pad van geloof en hierdie mooi geleentheid in jou lewe is net soos 'n roete merker wat jou geloof nog verder gaan versterk. Dit gaan ook jou nader aan die Here bring en ons gaan saam nog groei en verdiep.
Gesprek 1:
Daar lê nou 'n baie opwindende pad as belydende lidmaat van die Nederduitse Gereformeerde Kerk vir jou voor. Ons wil aan die hand van die Bybel die eerste tree op hierdie pad saam met jou gee.

Mag dit die begin van ’n wonderlike reis in jou lewe in diens van Jesus Christus wees!

Waar staan ek nou?
- Op die veld: Daar waar die aksie is - heeltemal betrokke.
- By die reserwes: In die span, maar nie regtig betrokke nie.
- In die kleedkamer: Waar jy gereed maak om te speel en betrokke te raak.
- Op die pawiljoen: ’n Belangstellende toeskouer wat kyk wat aangaan.
- Onder die stort: Waar jy afkoel, gereed om te gaan rus.
hey
Ek is seker baie van julle het al gedink dat julle bly is dat die groepe nou amper verby is. Om nie meer hoef groepe toe te gaan na kerk nie toe te gaan nie klink darem soms lekker. Alhoewel jy al so gevoel het, sal jy altyd terugdink aan hierdie jaar en selfs daarna terug verlang. Alhoewel die Belydenis-aflegging ’n hoogtepunt in jou lewe en jou Kategese loopbaan is, is dit beslis nie die eindfluitjie van jou lewe in die Kerk nie. (Daar is wel baie jongmense wat so dink - of optree asof hulle so dink.)

Die vier vrae waarop jy ‘ja’ gaan moet antwoord, dui presies die teenoorgestelde aan. Jy is nou besig om op te warm vir die res van jou lewe. Met jou Belydenis-aflegging het jy in die wegspringblokke vir die lewe as belydende lidmaat van die Kerk gesak. Die voorbereiding en oefening is amper afgehandel, maar nog lank nie die wedloop nie.
hey

Kom ons bid!

Gesprek 2:
My keuse vir die Here

Die gelykenis van die verlore seun.
Sonde - Verlossing - Dankbaarheid

As jy vir die verhaal ‘n ander naam moet gee, wat sou dit wees?

Sonde:
Van wie is die Pa 'n beeld (vers 11)?
Van wie is die seuns 'n beeld (vers 11)?
Wat is die eerste ding wat sonde met 'n mens doen (vers 12)?

Verlossing:
Wat beteken dit om tot inkeer te kom ? (vers 17)
Hoe verskil die seun se houding voor sy vertrek met sy houding nou?
Hoekom is die besluit van vers 19 en 20 so verskriklik belangrik?
Wat is die Pa se reaksie in vers 20 en 24 en wat leer dit jou van God se gesindheid teenoor jou?

Dankbaarheid:
Wat kry die seun nou alles by sy Pa? (vers 22 en 23) en wat dink jy simboliseer dit?
Dink oor hierdie verhaal verder... Hoe dink jy het die seun nou sy lewe geleef?
Tot die einde toe...
Die tweede vraag waarop ons moet "ja" antwoord, is 'n belofte wat ons aan die Here gaan maak. Dit is 'n belofte oor die pad wat jy vorentoe gaan loop.

Jy belowe teenoor jouself en die Here om as lidmaat van die gemeente tot die einde van jou lewe committed te bly aan Hom en sy Kerk.

Hierdie gaan oor lojaloteit! Dit is wat die Here van enige gelowige verwag, maak nie saak van waar in die wêreld hulle is nie. God soek jou hart, siel, verstand en jou hele lewe!!!

Ongelukkig is daar mense wat nie hierdie ernstig opneem nie en wat dink dit is reg om in God te glo, maar om nie deel te wees van sy familie nie.

Paulus het ook hiermee te doen gekry.

Asook pleit Paulus later by Timoteus om te bly by wat hy geleer het...
Die belofte in vraag 2 gaan maak, beteken dat jy die kerk van Jesus Christus - en in ons geval die Nederduitste Gereformeerde Kerk - moet liefhê en al hoe meer moet liefkry. Ons moet saam werk om die kerk 'n beter plek te maak sodat meer mense die Here wil leer ken.

Dit wil nie sê dat ons in die Kerk nie ook foute het nie (waar mense is, is altyd foute). Dit beteken wel dat jy nooit uit die hoogte en veroordelend van die kerk sal praat nie, omdat jy deel van die Kerk is. Dit beteken ook nie dat ons op ander Kerke gaan neersien nie. God het dit so beskik dat jy nou 'n lidmaat van die NG Kerk is. Daarom moet jy vir nou, op hierdie plek van jou lewe jou plek volstaan as lid van die Kerk.

Gesels in jou groep oor die groot belofte wat ons elkeen aan God wil maak. Wat beteken dit vir jou en is jy reg vir so groot belofte?
Gesprek 3:
Jou verklaring

Die eerste vraag waarop ons saam gaan antwoord klink soos volg:
Ek verklaar dat my persoonlike oortuiging is dat ek die Bybel aanvaar as die Woord van God.
Jy gee jou siening van die Bybel:
- Dat die Bybel die Woord van God is.
- Dat jy die Ou en Nuwe Testament erken,
- Dat jy die Nederduitse Gereformeerde Kerk se verduideliking daarvan aanvaar en saam bely.
- Dat dit die ware en korrekte siening is vir Verlossing.

1. Wat vra dit van jou as jy sê: “Ek glo die Woord van God”?
2. Wat behoort die Bybel vir ’n gelowige te beteken?
3. Wat is ’n Belydenisskrif en hoekom is dit belangrik vir die Kerk en vir iemand wat glo?

Jy sê hierdeur dat dit jou “persoonlike geloofsoortuiging” is dat die Bybel die Woord van God is.

Lees nou 2 Timoteus 3:16-17 en let op wat daar geskryf staan oor:
Die oorsprong van die Bybel (vers 16),
Die waarde wat die Bybel vir jou kan hê (vers 16)
Die doel wat God met sy Woord het (vers 17).
hey
Here, ek het U lief!

BELY JY
dat jy die Here liefhet, en
BELOOF JY
om Hom te dien volgens die eise van sy Woord,
teen die sonde te stry,
jouself tot beskikking van God te stel,
en sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die
werksaamhede van die Kerk deel te neem?

Jy antwoord op God se liefde vir jou!
Jy kan dit doen, omdat jy agtergekom het dat God vir jou gesê het toe jy gedoop is, waar is: Hy het my lief! Luister hoe die apostel van die liefde, Johannes dit gestel het:
"Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het." (1 Joh. 4:19)

Liefde in die praktyk:

1. Wat beteken dit prakties as jy bely: "Ek het die Here lief"?
2. Hoe kan 'n mens prakties in jou lewe sien dat jy die Here liefhet?
3. Help 1 Joh. 5:3-5 dalk met die antwoord oor hoe dit behoort te wees?
'n Mens se liefde vir die Here kan nie weggesteek word nie.

Eintlik is hierdie lewensstyl aansteeklik. Dit is deel van jou getuienis (vlg. Matt. 5:16). Dit maak ander mense jaloers. Hulle sê: as dit is hoe 'n Christen is, dan wil ek ook graag 'n Christen wees. Jy is die Here se vertoonvenster waardeur Hy ander mense na Hom toe trek. Jy kan gerus ook Sagaria 8:23 lees en in jou Bybel onderstreep.

Dit gebeur baie keer dat Christene agter die ystergordyn gevang word omdat hulle vir Jesus Christus getuig. Hulle word voor die hof gesleep en aangekla. Daar word dan soveel getuienis teen hulle ingebring dat hulle maklik skuldig bevind word. Daar bestaan by niemand enige twyfel dat hulle die Here Jesus liefhet nie.
hey
As jy gevang word omdat jy 'n Christen is...
Sal daar genoeg bewyse teen jou wees?

Kom ons bid!
Gesprek 4:
Ek onderwerp my!

Ons is nog nie in die hemel nie. Ons woon steeds op die aarde wat deur die sonde stukkend geskeur is. Daarom kan dit soms gebeur dat ons nie doen wat ons voor God en sy gemeente belowe het om te doen nie. As dit gebeur, dan maak ons nie die Here se Naam groot soos ons moet nie (vlg. Rom. 2:24, Maleagi 1:12). Daarom is die Kerk se toesig juis bedoel om die Here se goeie Naam te beskerm.

In vraag 4 kom erken jy dat die Kerk ’n verantwoordelikheid het om jou accountable te hou vir hoe dit met ons geestelike lewe gaan. Jy gee dus toestemming dat die kerk jou kan liefhê en vir jou genoeg kan omgee om jou te help as iets nie reg is in jou lewe nie.

En nou sê jy dat jy bereid is om jou daaraan te onderwerp.
’n Baie belangrike deel van jou getuienistaak is dat jy met jou vriende en ander mense sal gaan praat oor wat die Here wil hê ons moet doen in hierdie wêreld. ’n Mens doen dit nie omdat jy beter as hulle is nie, maar omdat die here se Eer op die spel is en omdat dit is wat hy van ons wil hê.
Gebed:
Here, soos U my geleer het, vra ek: bewaar my dat ek altyd getrou sal kan bly aan hierdie groot beloftes wat ek voor U en U gemeente gaan aflê. Ek bid nou vir almal wat saam met my voor U gaan kom staan en hierdie beloftes aflê. Help ons om te doen soos ons belowe het. Amen