Bible App logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Heidemarie Kasselman - Geloof: Beloftes van die Here  (2026/09/13 09h00 Diens)

Heidemarie Kasselman - Geloof: Beloftes van die Here (2026/09/13 09h00 Diens)

Sondag 13 September 9h00 - Heidemarie Kasselman

Locations & Times

Lewende Woord Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com
GELOOF – DIE HERE SE BELOFTES

Kernboodskap: Ons oorwin ongeloof deur onsself te herinner aan wat die Here belowe het.
Waarom sê die skrywer van Hebreërs dit vir die gelowiges van Joodse afkoms?
· Hulle het ’n groot stryd van lyding deurgemaak. Hulle is openlik bespot, verneder en vervolg omdat hulle met Christus geassosieer is. (Vers 32–34)
· Hulle is gekonfronteer met die vraag: Sal ons aanhou om aan Christus vas te hou wanneer dit moeilik raak?
· Die skrywer ontken nie hulle probleme nie, maar herinner hulle aan die hoop wat hulle bely.
· Hierdie hoop is nie wensdenkery nie.
· Ons hoop het ’n Naam. Ons hoop is ’n Persoon: Jesus Christus.
· Ons kan aanhou hoop omdat die Here getrou is en doen wat Hy beloof het.
1. BRING JOU ONGELOOF NA DIE HERE TOE
· Daar is tye wanneer ons fisies, emosioneel, geestelik of verstandelik swak voel.
· Die Heilige Gees ontmoet jou in jou swakheid.

Rom. 8:26–27: Die Gees staan ons ook in ons swakheid by… die Gees self tree vir ons in met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie…

· Wanneer jy nie weet wat om te bid nie, vertrou dat die Heilige Gees jou hart verstaan en volgens die wil van die Here vir jou intree.
2. HERINNER JOUSELF AAN DIE HERE SE BELOFTES

· Dink aan ’n koei wat herkou. Sy eet dieselfde kos weer en weer. Ons kan iets wat ons reeds ingeneem het, oor en oor herkou.
· Ons doen dit met ons probleme: ons dink oor en oor aan wat verkeerd is, wat verkeerd kan gaan en wat nog nie verander het nie.
· Die vyand wil hê ons moet ons probleme herkou dat ongeloof groter word.
· Die Here wil hê ons moet die waarheid, Sy beloftes, Sy goedheid en Sy getrouheid herkou sodat geloof kan groei.
· Ons kan óf ons probleme herkou, óf ons kan die Here se beloftes herkou.
· Die pa is eerlik oor sy stryd met geloof en vra Jesus om hom te help glo.
· Jare met dieselfde probleem kan ’n manier van dink en verwagting aanleer.
· Moenie toelaat dat teleurstelling en onvervulde verwagtinge jou hart teenoor die Here verhard of jou van Hom laat wegdraai nie.
· Ons het ’n ontmoeting met Jesus (Heilige Gees) nodig. Ons moet dit begeer!
· Wees eerlik met die Here oor jou vrese, vrae & teleurstellings. Bring dit na Hom toe. Moenie daarin vassteek nie.
· Bely & bekeer waar jou hart verhard geraak het of waar jy versuim het om die Here te vertrou & gehoorsaam. Moenie daarin vassteek nie.
· Verklaar Sy Woord oor jou situasie…
· Vra die Here om jou geloof deur Sy Woord en Sy Gees te versterk.
· NB: Dit gebeur ook in geestelike familie!
· Lees die Woord stadig genoeg om dit te verstaan en daaroor te dink.
· Wees versigtig waarna jy luister, veral met soveel leringe en menings aanlyn. Nie alles wat geestelik klink, is waarheid nie.
· As jy met ’n bepaalde saak sukkel, vra: Is wat ek glo ’n leuen van die vyand, of is dit die waarheid van die Here?
· Skryf die waarheid van die Woord neer en plaas dit waar jy dit gereeld kan sien.
· Wanneer angstige gedagtes terugkom, herinner jouself aan wat die Here gesê het.
· Lees elke belofte binne sy konteks.
Vra: Aan wie is dit gesê? Wat was die omstandighede? Is daar voorwaardes? Hoe verstaan ons dit in Christus?
· Onderskei tussen jou begeertes en die Here se beloftes.
· My begeerte is wat ek graag wil hê. Die Here se belofte is wat Hy gesê het. Geloof vertrou Hom vir wat Hy gesê het.
· Wanneer iemand byvoorbeeld vir ’n bevordering of salarisverhoging bid, kan dit ’n opregte begeerte wees.
· Wanneer ons bid dat iemand genees moet word of nie moet sterf nie.
· Ons begeerte kan baie sterk wees, maar ons moet vra: “Vader, wat is U belofte en wil in hierdie situasie?”
· Ons moet leer om die stem van die Here te onderskei en ons begeertes aan Hom oor te gee.
· Maak daagliks tyd om die Woord te lees, daaroor te dink en dit in jou hart te herkou.
3. ONTHOU WAT DIE HERE REEDS GEDOEN HET

· Asaf was ’n Leviet wat deur Dawid aangestel is as een van die hoofleiers in aanbidding voor die ark. Hy was ook met profetiese musiek en sang geassosieer.
· Psalm 77 gee vir ons ’n prentjie van iemand wat deur ’n diep geestelike en emosionele stryd gaan.
· Asaf roep na die Here en worstel met die vraag of die Here hom verwerp het, Sy genade vergeet het of Sy beloftes nie meer sal vervul nie.
· Wanneer jy die Here se Woord oordink, dan herkou jy dit
· Die Heilige Gees help ons hiermee. Hy herinner ons aan wat Jesus gesê het en bring die Here se waarheid weer na die voorgrond van ons gedagtes.

Joh. 14:26: Maar die Helper, die Heilige Gees… Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
· Wanneer ons benoud voel en met vrae worstel, en onsself dan herinner aan die Here se getrouheid, kry ons nuwe perspektief en geloof.
Onthou:
- Die gebede wat die Here reeds beantwoord het.
- Hoe Hy voorsien het.
- Hoe Hy jou gelei het.
- Sy genade en hoe Hy jou deur moeilike tye gedra het.

· Hou ’n joernaal van gebedsversoeke en -antwoorde. Wanneer jy later terugkyk, kan jy sien wat die Here gedoen het.
· Deel jou getuienisse met ander mense – veral met jou kinders! Hulle moet ook hoor van die Here se getrouheid.
Ps. 78:4: ...we will tell the next generation the praiseworthy deeds of the Lord, his power, and the wonders he has done.
· Die Here se getrouheid in die verlede gee ons rede om Hom vandag te vertrou, selfs wanneer Sy antwoord anders lyk as wat ons verwag het.
4. BID SY BELOFTES EN BLY GEHOORSAAM
· Wanneer jy bekommerd is, bid spesifiek oor daardie bekommernis.
· Bid volgens die Woord & wil van die Here.
· Dank die Here vir wie Hy is terwyl jy wag vir die antwoord.
· Wanneer ’n bekommernis weer opkom, draai dit doelbewus in gebed en danksegging om.
· Volhard in gebed (Luk. 18:1). Vertrou die uitkoms aan die Here toe.
· Geloof, geduld en gehoorsaamheid gaan saam terwyl ons op die Here se beloftes wag.

Heb. 6:12: …sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en geduld die beloftes verkry.
· Kyk na ons voorgangers wat die Here vertrou, gewag en volhard het totdat die beloftes vervul is.
· Abraham word net daarna as voorbeeld genoem
Heb. 6:15: En so het Abraham, nadat hy geduldig gewag het, die belofte verkry.
· Hou aan doen wat die Here reeds duidelik aan jou bekend gemaak het.
· Bly verbind aan gelowiges wat jou geloof versterk en jou aanspreeklik hou.
· Vertrou die Here se tydsberekening.
· Laat jou vertroue in die Here sigbaar word deur praktiese gehoorsaamheid.
· "Regterhand” simboliseer die Here se mag en gesag.
· Het jy al gewonder: “Wat as die Here se krag, goedheid, genade en getrouheid teenoor my verander het?”
· Dit is ’n menslike vraag wanneer ons deur ’n moeilike tyd gaan.
· Maar dan verander Asaf sy fokus. Hy begin om die Here se getrouheid in die verlede en Sy magtige dade te onthou.
Oordenkingsvraag:
In watter area van my lewe het ek toegelaat dat vrees, my omstandighede of die wagtyd harder met my praat as die Woord van die Here — en aan watter belofte van die Here wil ek myself hierdie week doelbewus herinner?

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.churchcenter.com/pages/bank-detail

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819