Bible App logo
Search Icon

Oase Gemeente

Rus Is 'n God Idee

Rus Is 'n God Idee

Voel jy soms skuldig wanneer jy rus? Of dalk so besig dat jy nie eers tyd het om asem te haal nie? Hierdie Sondag begin ons 'n nuwe reeks oor Sabat en rus met die tema: "Rus is 'n God idee." Ons leef in 'n wêreld wat besigheid beloon en uitbranding as toewyding verkoop. Maar wat as God ons anders ontwerp het? Wat as rus nie 'n teken van swakheid is nie, maar deel van Sy plan vir ons lewe? Kom ontdek waarom God rus ingestel het, hoe Jesus gerus het, en hoekom jy dalk God se stem mis omdat jy nooit stil raak nie. Jy is welkom.

Locations & Times

Oase Gemeente Klerksdorp

2 Margaretha Prinsloo St, Klerksdorp Central, Klerksdorp, 2570, South Africa

Saturday 1:00 PM

Rus is n God idee
Net soos wat God die Een was wat die huwelik ingestel het, was Hy ook die Een wat rus ingestel het. Hier, in die Skeppingsverhaal het God rus ingestel. Omdat Hy die Een is wat rus ingestel het, dink ek behoort Hy ook die enigste Een te wees wat kan sê hoe dit gedoen moet word

Daar is n paar maniere hoe ons na hierdie instelling oor rus kan kyk
Ons kan onsself moeg maak met redenasies oor is dit die Saterdag of is dit die Sondag. Ek dink nie noodwendig dis wat vir God belangrik was oor rus nie, wat vir Hom belangrik is, is wel DAT ons rus.

Ons het rus nodig, dit was n God idee, ons moenie skuldig voel daaroor nie. Ons jaar tema is “Voetspore” - om in Jesus se voetspore te loop, gebaseer op.
Jesus en Sy dissipels was so besig gewees dat daar amper nie tyd was om te eet nie. Jesus het toe die besluit gemaak en vir Sy dissipels gesê, ons kan nie so aangaan nie kom ons gaan rus. Jesus het geweet, rus is n God idee en Hy het ook geweet hoe God ons liggame gemaak het.

Paar interesante feite:
Wanneer n mens oefen groei jy nie terwyl jy oefen nie
Die oefening veroorsaak eintlik klein skeurtjies in jou spiere
Die groei gebeur dan wanneer jou spiere rus en herstel
Kenners sê dat spiere juis tydens herstel en slaap opgebou word, nie tydens die oefen sessies nie

Die balans moet reg wees tussen werk en rus. Ons lewe in n samelwing waar ons mense champion as hulle elke aand tot 12:00 werk en weer 04:00 opstaan om verder te werk. Ons sê dan hierdie persoon is toegewy aan hulle werk

Wanneer n atleet n spier skeur en hy kan nie verder hardloop nie noem ons dit overtraining.
Wanneer n gelowige sy siel oorwerk sonder rus noem ons dit toewyding.

Die doel van rus is om sterk genoeg te Bly sodat jy die werk kan doen waarvoor God jou geroep het.

As jy dood is oor 3 jaar gaan niemand onthou dat jy laat gewerk het nie, behalwe jou kinders
- Thys Bruwer
Die slotsom waarby die Prediker uit kom is rykdom en alles daarmee saam bevredig nie.

Wanneer laas het jy tot ruste gekom, 1 dag van die week niks gedoen behalwe om Hom te soek nie. Rus is n God idee en jy ontneem jouself van n verhouding met Hom deur nie te rus nie.

Goeie Vrydag Boodskap

Die tafel is in die pad.
https://youtu.be/9QDN_o1Yvb0?si=N4FCas3Tv5QHax9Q

What's so good about Good Friday?

Ons het hierdie video gewys tydens ons Goeie Vrydag diens
https://www.youtube.com/watch?v=FzxXvEtf9D0

Oase Nuus

Indien jy graag meer inligting oor enigeiets nodig het of wil deel word van Oase Gemeente: druk op hierdie skakel om vir ons 'n whatsapp te stuur
https://wa.me/+27661094875

Vanoggend se liedere: Spotify

1. God geseende Kruis 2. Ancient Gates 3. Jesus die oorwinnaar 4. Gratitude
https://open.spotify.com/playlist/10a23LMoS8Kmlw67XzTE53?si=PkdwgkqCQX-IFvJGiHTNzg&pi=myYwDnxZQo2z7

Vanoggend se liedere: Apple Music

1. God geseende Kruis 2. Ancient Gates 3. Jesus die oorwinnaar 4. Gratitude
https://music.apple.com/za/playlist/sondag-setlist/pl.u-e98lljEszWxY1lB

Jaartema Preek

Hierdie boosdkap is die kern waarnatoe ons as Oase Gemeente in 2026 wil beweeg: Loop in Jesus se voetspore.
https://youtu.be/PawbYoBvtmM?si=yBpxcF_6ykL_j2dH

Oase Gemeente Playlist Apple Music

Op hierdie link kan jy nuwe aanbiddings musiek luister. Hierdie "Playlist" word weekliks opgedateer met nuwe musiek!
https://music.apple.com/za/playlist/oase-playlist/pl.u-r2yB16qtR8mdPRz

Oase Gemeente Playlist Spotify

Op hierdie link kan jy nuwe aanbiddings musiek luister. Hierdie "Playlist" word weekliks opgedateer met nuwe musiek!
https://open.spotify.com/playlist/5Er8HbYR6ec4t52d8FeXzg?si=4820b587c82e4def