Bible App logo
Search Icon

Dei Gratia

GOEIE VRYDAG - Die Kruis is Vol

GOEIE VRYDAG - Die Kruis is Vol

Oggendbyeenkoms

Locations & Times

Dei Gratia

12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa

Friday 7:30 AM

“En hulle het hom gekruisig.”



Joh 10:18 [nlv]
“Niemand ontneem My my lewe nie, maar Ek offer dit uit my eie op. Ek het die volmag om dit op te offer en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van die Vader ontvang het.”



Wat by ’n boom verlore gegaan het, word aan ’n boom herstel.

1 Pet 2:24 [nlv]
Hy het self ons sondes in sy liggaam weggedra kruis toe. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý verwonding is julle genees!



Die kruis is vol”
Alles wat nodig was vir jou en my verlossing was daar teenwoordig

Golgota “Plek van die Skedel”

“Jesus van Nasaret, Koning van die Jode”

Elke spyker roep: “Ek dra jou ongehoorsaamheid.”

Kol 2:15 [nlv]
So het Hy die hemelse en aardse magte ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.



Wat soos vasgespykerde voete lyk, is eintlik ’n verpletterde slangkop

Jesus word ontklee sodat ons beklee kan word met geregtigheid.

Matt 27:29 [nlv]
Hulle het ook ’n krans van dorings gevleg en dit op Sy kop gesit, en ’n rietsepter in Sy regterhand. Toe maak hulle kniebuigings voor Hom en roep spottend: “Ons groet u, o Koning van die Jode!”



Jesus neem letterlik die vloek van die skepping op sy kop, om die vloek te breek en die seën te herstel.

Galasiërs 3:13 [nlv]
– Christus het ons losgekoop van die vloek wat op wetsoortreders rus toe Hy vir ons ’n vervloekte geword het. Daar staan geskryf: “Vervloek is elkeen wat aan ’n paal hang.”



Hy word gekroon as die Koning wat regeer deur gehoorsaamheid, lyding, en nie deur mag nie.

Kol 2:13-15 [nlv]
Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie.
God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak toe Hy julle al julle sondes vergewe het.
Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit van ons af weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. So het Hy die hemelse en aardse magte ontwapen.
Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.



Joh 19:34 [nlv] Een van die soldate het egter sy spies in Jesus se sy gesteek en daar het dadelik bloed en water uitgevloei.



Lewe vloei uit sy dood.

Matt 27:46 [nlv]
Teen drie-uur het Jesus baie hard uitgeskreeu: “Eli, Eli, lemá sabagtani,” wat beteken: “My God, my God, waarom het U My verlaat?”



My God, my God - U kan ek vertrou

Joh 19:28–30 [nlv]
Hierna het Jesus, terwyl Hy weet dat alles reeds afgehandel is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” ’n Kruik vol suur wyn het daar gestaan.
Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptak gesit en dit teen sy mond gehou. Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.
Jesus drink die beker van oordeel, sodat ons die beker van genade kan drink.

Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptak gesit en dit teen sy mond gehou. Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!”



Dit is volbring

1 Kor 2:8 [nlv]
Maar die heersers van hierdie wêreld het dit nie begryp nie. As hulle dit wel begryp het, sou hulle nooit ons Here aan wie die heerlikheid behoort, gekruisig het nie.
Tetelestai – die prys is betaal!!!