The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
Dei Gratia
![ELKE TAFEL Reeks[2] - Bedienaars - "gee julle vir hulle kos"](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2F1440x810%2Fhttps%3A%2F%2Fs3-us-west-2.amazonaws.com%2Fmushroom-event-images-prod%2F6092835-1768582684917.jpg&w=3840&q=75)
ELKE TAFEL Reeks[2] - Bedienaars - "gee julle vir hulle kos"
Oggendbyeenkoms
Locations & Times
Dei Gratia
12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa
Sunday 9:00 AM

WEEK 2 – BEDIENAARS

WEEK 2 – BEDIENAARS
Matt 14:15–21 [nlv]
Teen laatmiddag kom sy dissipels vir Jesus sê: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. Stuur die mense weg dat hulle in die dorpies kan gaan kos koop.”
Maar Jesus het hulle geantwoord: “Dis onnodig – gee julle vir hulle kos.”
“Onmoontlik!” het hulle uitgeroep. “Al wat ons hier het, is vyf brode en twee visse.”
“Bring hulle hier vir My,” het Jesus gesê.
Hy gee toe opdrag dat die mense op die gras moet gaan sit. Daarna neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra God om die kos te seën.
Toe breek Hy die brood in stukke, gee dit aan sy dissipels en sy dissipels weer aan die skare.
Hulle het almal geëet totdat hulle versadig was. Van die oorskiet van die brood het hulle nog twaalf mandjies vol opgetel! Omtrent 5 000 mans het van hierdie kos geëet – afgesien van al die vroue en kinders.

“Dis onnodig – gee júlle vir hulle kos.”
Die prentjie van bediening is nie in ’n podium, mikrofoon, of program nie— maar in ’n voorskoot.
Ons strategie is nie ons preke, musiek of programme nie. Ons strategie is om teenwoordig te wees aan die tafels van ons leefwêreld.
DIE TOERUSTING
2. DIE TOERUSTING – Efesiërs 4:10–13
“Sy teenwoordigheid vul nou die ganse heelal.”
God nie net predikers en leiers TOE nie—
- maar sommiges as apostels,
- sommiges as profete,
- sommiges as evangeliste,
- sommiges as herders,
- en ander as leermeesters.
Hoekom?

“Om die heiliges toe te rus vir hulle werk… om mekaar te dien… om die liggaam van Christus op te bou.”
DIE TOERUSTING
Bediening is nie om iets te doen nie— dit is om SOOS HY te word.

Dit is nie net wat ons glo wat die wêreld verander nie
— dit is wat ons doen met wat ons glo.
— dit is wat ons doen met wat ons glo.
Efesiërs 2:10 – “Ons is God se meesterstuk… geskep om die goeie werke te doen wat Hy vooruit vir ons bestem het.”
1. KOM – bediening
2. GAAN – sending
2. GAAN – sending
En in albei is Christus die verwysingspunt— Hy is die vertrek én die bestemming.
WAT BRING EK NA DIE TAFEL?
Rom 12:12 [NLV]
Nou wil ek julle baie ernstig vra, liewe broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot ontferming vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.

“Laat u koninkryk kom, laat u wil geskied,…”
Ons wil soms die wêreld omkeer… maar die wêreld verander wanneer God eers óns harte omkeer
God transformeer lewens deur die klein bietjies wat ons terug in Sy hand sit.
1 Pet 4:711 [NLV]
Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees; dan sal julle kan bid.
Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê, al tap dit julle energie. Sulke liefde maak baie sondes toe.
Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla.
Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee.
Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk en onverdiende goedheid deur julle na mekaar toe kan vloei.
Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat.
Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee.
Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het.
Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen.

“Gee julle vir hulle kos”
“Here, ons het net vyf brode en twee visse…”
“Bring dit vir My”
LAAT ANDER GOD SE GENADE DEUR JOU ONTDEK