YouVersion Logo
Search Icon

Lig Gemeente - 8 Junie 2025

PINKSTER 2025  (#1) – Die Eienskappe en werk van die Gees

PINKSTER 2025 (#1) – Die Eienskappe en werk van die Gees

PINKSTER 2025 (#1) – Die Eienskappe en werk van die Gees

Locations & Times

Lig Gemeente

3 Jasmyn Ave, Gardenia Park, Bloemfontein, 9301, South Africa

Sunday 8:55 AM

hey
PINKSTER 2025
#1 (Sondag) – Die Eienskappe en werk van die Gees
GEBED
SEËNGROET
LOF: L 453:1-3 (Aan die Vader dank en ere)
AANBIDDING: F58 (Kom o Skeppergees)
GEBED

hey
BOODSKAP (nie spesifieke teks)
Ek wil ons Pinkster-reeks begin met ‘n stelling: Baie Christene beskou redding as iets wat God doen. En heiligmaking, as iets wat ek doen. (Dink gou bietjie oor die stelling.) Om geregverdig te word, is iets wat God uit genade doen. Om heilig te lewe, is wat ek uit gehoorsaamheid doen. Dis God se verantwoordelikheid om my te red. Dis my verantwoordelikheid om dan reg te lewe (om gered te bly).
Nou wat het dit met die Heilige Gees uit te make? Wel, as die stelling waar is, word die Heilige Gees en Sy werking beperk en vlak gekyk. En kry die Gees nie al die eer wat Hom toekom nie. Want Hy bewerk nie net die redding in ons nie. En los dan ons hand nie. Nee, Hy Heilig ons ook ons hele lewens lank.
Een nag gesels Jesus en ‘n ou Fariseër met die naam Nikodemus. (Joh 3) Hy wil weet hoe ‘n mens gered kan word. En Jesus sê reguit en duidelik: dis die Gees se werk (wedergeboorte). Jy kan nie sonder die Heilige Gees gered word nie. MAAR… hier eindig die Gees se werking nie. Dit gaan voort in die Here se kinders se lewe. Hy red ons nie, en dan los Hy ons nie. Hy red ons nie, en sit ons dan op “autopilot” nie. Hy lei ons verder, regdeur ons lewens. Hy maak ons nie net geestelik wakker nie, maar Hy laat daar ook vrug wees op ons redding. Ons gaan in hierdie reeks omvattend kyk na wie die Heilige Gees is, en wat Sy werk betref.
Die Heilige Gees word in teologiese kringe, die “Derde Persoon van die Drie-Eenheid” genoem. Dit beteken nie Hy is derde sterkste. Of derde in rang nie. Die Gees is volledig God (saam met die Vader en die Seun). Wat belangrik is om te hoor, is dat die Heilige Gees ‘n Persoon is. Hy is nie ‘n krag nie (soos elektrisiteit – onPersoonlik). Die Gees lewe. Hy is ‘n intelligente Wese (Jes 11:2; Ef 1:17). Die Gees het gevoelens (Ef 4:30).
Daar kan teen die Heilige Gees gelieg word – nie vir, maar teen (Hand 5:3). Daar kan teen Hom gesondig word (Mat 12:31).
Die Gees het ‘n wil (Hand 16:6-11; 1 Kor 12:11). Die Gees is kreatief. Skeppend (Gen 1:2). Die Gees is alwetend (1 Kor 2:11). Die Gees is alomteenwoordig (Ps 139:7-10). Hy is almagtig (Job 33:4). Die Gees is waarheid (1 John 5:6). Hy is ook wysheid (Jes 40:13). Let wel: God het nie eienskappe nie – Hy ís Sy eienskappe. Want Hy is die Bron.
Dit is so paar eienskappe van die Gees waarvan Hyself as Outeur van die Bybel ons vertel. Want Hy het aan ons Sy werk kom openbaar. Dis nie maar goed wat ons self agtergekom of afgelei het nie.
Kom ons begin by die eerste verse waar ons die Heilige Gees ontmoet – Gen 1:1,2 (roag / wind / gees / asem). Hier kry ons met die Skeppergees te maak. Ons sien Sy almag. God die Vader as Skepper spreek, en die Gees skep / vorm dit. Calvyn beskryf dit baie mooi in sy Institusie – daarom oook bekend as die “teoloog van die Heilige Gees”.
In Joh 3 (bv.) sien ons Hy is ook her-Skepper. Hy maak die mens se harde klip-hart, sag. Hy vervang dit met ‘n vleishart (God se hart). Hy maak ons lewendig deurdat Hy vir ons geloof stort in ons harte. Hy buig ons harde wille onder die wil van God in. Hy roep ons na God. Hy maak ons geestelik lewendig. Hy vernuwe ons (denke). Hy maak, da tons God liefhet. Dit kom nie uit onsself.
Hy getuig (Joh 15:26 & Rom 8:16). Van wie? Jesus!
Hy groepeer mense. Die belydenis: ons glo aan “Een, heilige, algemene, Christelike Kerk” in die Apostoliese Geloofsbelydenis, val onder die derde deel – die werking van die Heilige Gees. Die Kerk, is die werk, van die Gees.
Hy skep dus verhoudinge. Hy staan ook in verhouding met mense (Hand 15:28). Hy staan in verhouding tot die Wêreld – alle mense – Joh 16:8-11. Hy staan veral in ‘n intieme verhouding met gelowiges (1 Kor 6:19-20). Hy is in verhouding met Jesus (Joh 16:13-15). Die Heilige Gees is immers die Gees van Jesus. En dis deur die Gees wat Jesus kragdadige wonders en preke gelewer het.
Die Gees roep mense vir take. Hy roep ons op tot diens (Hand 13:2,4).
Daarvoor gee Hy gawes (1 Kor 12:8-11). Hy rus die Kerk toe om gehoorsaam aan die opdragte van Jesus te wees.
Hy bring ook vrug voort in die lewe van God se kinders (Gal 5:22).
Die Gees help ons in geestelike oorlogvoering (Ef 6:17,18).
Die Gees is die Outeur en bewaarder van die Bybel (2 Tim 3:16 & 2 Pet 1:20-21).
Die Gees het Jesus in die maagd, Maria, verwek (Luk 1:34-35).
Die Gees is Trooster (Hand 9:31; Joh 14:16,26; 15:26; 16:7).
Die Gees heilig ons (2 Tess 2:13). Hy leer en lei ons.
Hy bid / pleit vir ons (Rom 8:26).
Ons sluit af met ‘n paar beelde in die Bybel wat vir die Heilige Gees gebruik word.
Die Gees as Duif (Luk 3:21,22 / Mat 3:16; Mark 1:10; Joh 1:32).
Die Gees as Vuur (Hand 2:3).
Die Gees as Wind (Hand 2:1,2).
Die Gees as Seël (Ef 1:13; 2 Kor 1:22; Ef 4:30).
Die Gees as Waarborg (2 Kor 5:5; Ef 1:14).
Die Gees as Water (Joh 7:37-39).
Die Gees as Kledingstuk (Luk 24:49).
Julle, dit is alles – ‘n mondvol – wat ons sommer op die eerste dag van ons Pinkster vir mekaar gesê het. Is daar nog iets oor vir die ander aande? Dit is nog maar net die begin!
Kom ons bid…
GEBED
SLOTLIED: F85
SEËN
hey

Lewendige Uitsendings en vorige uitsendings op "YouTube"

Kliek ook op die onderstaande skakel van die kerk se "YouTube" kanaal waar die diens ook lewendig uitgesaai word, asook om na alle vorige dienste wat na die diens daar geplaas word te kyk.
https://bit.ly/3fXLXqA