YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Centurion

25 Mei 2025 - Aanddiens - Johann Herbst

25 Mei 2025 - Aanddiens - Johann Herbst

Locations & Times

Lewende Woord Centurion

Cnr Adam Tas and Lyttleton road, Clubview, Centurion, 0014, South Africa

Sunday 1:00 PM

WAARDES REEKS: GOD GESENTREERD
God se Openbaring – Die Woord – Hoe ons Hom kan Ken

Ons glo dat God Homself op twee hoofmaniere aan die wêreld geopenbaar het:
1. Deur Sy Seun Jesus Christus, wat die glans van God se heerlikheid en die afdruk van Sy beeld is (Heb. 1:1-3),

2. en deur die geskrewe en geïnspireerde Woord van God, die Bybel (2 Tim. 3:16).

Die Heilige Gees het die profete en skrifgeleerdes in die Ou Testament en die apostels in die Nuwe Testament geïnspireer om ’n akkurate openbaring van God aan die mensdom neer te skryf. Al 66 boeke en alles wat daarin geskryf is, is deur God geïnspireer deur die werking van die Heilige Gees en bewaar vir die kerk. Dit Kom uit Hom uit, dit is Sy woorde deur die skrywers van die Bybel en Hy was teenwoordig met die skryf van elke idee in die Bybel. Daarom mag niks daarby gevoeg of daarvan weggeneem word nie, en alles daarin het gelyke waarde en belangrikheid vir die kerk (2 Pet. 3:15-16, Op. 22:18-19).

Omdat die Heilige Gees verantwoordelik is vir die skryf van die Bybel deur die skrywers het dit Gesag (Outoriteit) en is Noodsaaklik en Voldoende (Sufficient) vir onderrig in die Gees, (Training in Spirit) in Geloof, die Lewe en leering. Dit het gesag omdat God dit tot stand gebring het en die boodskap van die Bybel tot vandag toe volkome en sonder fout bewaar het.
Alle boeke en geskrifte wat nie deel is van die 66 boeke van die Bybel nie, moet beskou word as menslike geskrifte wat nie deur die Heilige Gees geïnspireer is nie. (Luk. 24:44).
God se natuur

Ons sien en leer in die Bybel, die Woord, dat God die volgende eienskappe het: Hy is: Liefde (1 Joh. 4:8, 16), Lig (1 Joh. 1:5) en Gees (Joh. 4:24), Lewend en Waar (1 Thess. 1:9, Joh. 14:6), Die Skepper van alles is, maar nie van sonde nie (Gen. 1, Jes. 40:12, 22, Jak. 1:13, 1 Joh. 1:5), Onsienlik en Ewigdurend (1 Tim. 1:17), Almagtig (Op. 1:6, 8), Alomteenwoordig (Ps. 139:7-8), Alwetend (Heb. 4:13, 1 Joh. 3:20), Onveranderlik (Mal. 3:6, Heb. 13:8, Jak. 1:17), Goed (Eks. 33:18, Ps. 145:9, Mar. 10:18), Barmhartig en Genadig (Eks. 33:19, 34:6-7, Rom. 5:17), Jaloers (Eks. 20:5, 34:14, Fil. 2:10-11), Heilig (Lev.11:44, 1 Pet. 1:15-16), Vry (Ps.115:3), Regverdig (Ps. 9:7-8), Selfbestaand, ongeokasioneer en nie geskape is nie — Hy bestaan van ewigheid tot ewigheid (Joh.1:1, Kol.1:17), Niemand versoek nie (Jak.1:13).

God is aktief betrokke in die wêreld en laat alles meewerk ten goede volgens Sy goeie en onveranderlike wil (Rom. 8:28). Tog is Hy afgesonder van die wêreld.

Hy openbaar Sy heerlikheid aan die hele wêreld deur alles wat Hy geskep het (Rom. 1:20, Ps.19:1-6). Hy vergewe die sondes van die wêreld, beloon dié wat Hom soek, en bring oordeel en geregtigheid oor die goddeloses (Eks. 34:6-7, Rom. 12:19, Heb. 11:6).

In die Bybel openbaar God Homself as 'n Drie-eenheid, maar Hy is een Wese. Die Bybel leer ons drie hoofwaarhede oor die Drie-eenheid:
God is drie Persone: Die Vader, die Seun Jesus Christus, en die Heilige Gees (Joh. 1:1-3, 14:16, 16:7, 17:1-5, Rom. 8:27, 1 Kor. 12:4-6).

Al drie Persone is volkome God (Gen. 1:1-3, Joh. 1:1-3, Heb. 1:1-3, Matt. 28:19.

Daar is slegs een God (Deut. 6:4, Jes. 45:21-22).

Die Bybel leer duidelik dat elke Persoon in die Godheid nie dieselfde is as die ander nie, dat al drie God is, en dat God een is. In Sy natuur is hy EEN, in persoon is Hy DRIE.
In die ons Lewens en Kerk

Die Here ons God is die enigste ware God en behoort aanbid te word (Ps. 29:2, 95:6, 99:5, Matt. 4:10, Op. 4:8-11, 7:11), gedien te word (Matt. 4:10, 1 Kor. 6:19-20, Heb. 9:14), en verkondig te word aan die hele skepping (Matt. 28:19, Mar. 16:15-18, Hand. 1:8).

Hy Alleen is waardig om aanbid te word, Hy alleen is God, dis Sy rol in die heelal, dis sy rol in ons lewens (Kerk en huis).

Spreuke se die vrees van die here is die begin van Wysheid – Om hom te vrees in alles, gee ons die insig en wysheid wat ons nodig het vir elke situaise.

Waneer God sentraal in ons lewens en kerk is deurdring gebed, aanbidding, die woord en die gees se leiding in ons lewens. Nie net by die kerk nie maar ook in ons gesinne, skole, families, werke en elke ander area van ons lewe.

Ons hart is om alles in ons lewens en kerk met die Here as die middelpunt te doen:
1. Ons form verhoudings volgens Sy beginsels
2. Ons hanteer Sonde op Grond van Sy natuur
3. Ons aanbid Hom met elke geleentheid op grond van Sy natuur
4. Ons praat met Hom en soek sy stem in en oor elke Situasie
5. Ons definieer liefde, genade, sonde op grond van wat God se daaroor.

Dit begin met Hom. En dit Eindig met Hom.
hey
hey
hey

Volg die skakel om deel te word van ons LWC WhatsApp groep:


http://bit.ly/3MjeUz7
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey