Bible App logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Danie Denysschen - Snoei om te Groei (2025/03/16 9h00 Diens)

Danie Denysschen - Snoei om te Groei (2025/03/16 9h00 Diens)

Sondag 16 Maart 9h00 - Danie Denysschen

Locations & Times

Lewende Woord Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Boom- Snoei het fasette: naamlik: Afsny, Diepsny, Skoon Maak en Opbind ; Somtyds Inent.
Die woord leer ons soos dinge is in die natuurlike so is dit ook in die Geestelike.
Vader wil en moet snoei in ons lewens sodat ons vrug tot Sy eer kan dra.
Kom ons lees,leer, beleef en ontvang uit die Woord Sy Snoei Bemagtiging
Wie wil veel vrug dra?
Gewillig tot Proses van Snoei
Johannes 15:1-2

1EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

- Vader bind ook op en tel op dit wat te swaar hang, Hy versterk en bring bymekaar

- Die uitgroei takkies / takke van Sonde en Selfsug sny Vader af in Sy Liefde

- Snoei is nie Straf nie

-Hy raffineer ons Karakter- deur uitdagings en toetsende omstandighede om geloof, geduld en volharding te vestig
Volhardingskrag-in Sy Liefdevolle Proses
Johannes 15:7-9

7As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

8Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

9Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.

- Die Vrug Potensiaal is in die Gees Woord-Lewende Woord

- Dissipel- getroue volgeling= dra vrug wat Jesus dra

- Die Hoof Geldeenheid vd Koninkryk @ Liefdes-Geloof !

- Vader Snoei, Jesus Bloei, Heilge Gees Groei
Onderskeiding- dit wat dood of onvrugbaar is.
EFESIËRS 5:10-11

10 Vind uit watter dinge die Here tevrede stel

11en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ont-masker eerder hierdie werke

Identifiseer:
Onvrugbare Gewoontes
Onvrugbare Gesindhede
Onvrugbare Verhoudings

Maak los en sny af saam Vader !
Surrender – God se Proses en manier
2 Korintiers 4:17

17Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.

18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.

Snoei bewerk groei:
vertrouens groei, geloofsgroei,verhoudingsgroei

Jesus is vir altyd- oog gerig op Hom die Outeur van ons Geloof

Snoei vestig ons storie; getuienis van Hom !
Sleutels

Surrender- laat Vader toe om te snoei
Volg –Jesus daagliks deur Gees-Woord
Onderskei- sny onvrugbare af
Sien uit-word gelei deur Gees na Vrug