Ned.Geref.Kerk Edenvale
Program vir die week 17 - 23 Nov 2024
17 -23 Nov 2024
Locations & Times
NGKerk Edenvale 53 7th Ave Edenvale
Friday 7:33 PM
Ons spesiale Dankoffermaand - Klik om te lees
Liewe Broer en Suster
Ons groet u in die Groot Naam van Jesus Christus ons Here en Verlosser. Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan u geskenk word.
Ons bring alle lof en dank aan die Here vir u getroue finansiële ondersteuning ten spyte van die moeilike ekonomiese klimaat. Ons dank die Here dat Hy deur sy groot genade ons in staat stel om deur u offervaardigheid, hulp binne en buite die gemeente te kan verleen. Binne die gemeente kan ons deur u offervaardigheid voortgaan met die instandhouding van eredienste en voortsetting van gemeente-aktiwiteite oor die algemeen. Ons kan ook deur middel van die Alimentasiefonds finansiële steun aan lidmate, sowel as nie-lidmate verleen. Buite die gemeente word ook hulp verleen in die breë Kerklike verband aan Tutela en Solheim. In die gemeenskap van Edenvale word hulp verleen aan Khanyisa-trust. U offervaardigheid stel die gemeente in staat om Koninkrykswerk deur die verkondiging van die Goeie Nuus van die Evangelie, naamlik die verlossing in en deur Jesus Christus alleen, te verkondig en uit te dra.
Ons wil ook bo en behalwe u finansiële bydrae ons dank teenoor u uitspreek vir u voorbidding en ondersteuning van al die aktiwiteite en bedieninge in die gemeente.
Een van ons grootste uitdagings wat deur die Finansiële Komitee van ons gemeente uitgelig word, is dat ons as gemeente tans onder geweldige finansiële druk is om die gemeente instand te hou, sowel as om hulp binne en buite die gemeente te verleen. Die aanvraag van mense in nood raak al hoe groter, wat ook groter finansiële druk op ons as gemeente plaas. As gemeente trek ons ook gewoonlik swaar tydens die Skoolvakansie tye in maande soos Junie/Julie en Desember en Januarie wat ons finansiële verliese nog groter maak.
In die lig van bogenoemde versoek die kerkraad U om, in biddende afhanklikheid van die Here, weer te kyk na U offergawe en om te gee soos die Here dit op u hart lê. Oktobermaand is ons spesiale dankoffermaand. Tydens hierdie maand word u die geleentheid gebied om ʼn ekstra dankoffer vir die Here te gee, vir die opbou en uitbou van Sy Koninkryk. Ons is bewus dat u offergawes die Here s’n is. Daarom kan ons u verseker dat die kerkraad as rentmeesters sal optree van dit wat aan die Here behoort, en dat ons dit sal aanwend vir die uitbreiding van God se Koninkryk.
Die wonderlike is dat die Here Sy goedheid en seën vir ons in ons lewens ʼn werklikheid kom maak het. Jakobus 1:17a herinner ons daaraan: “Elke goeie gawe en geskenk kom van bo.” As geloofsgemeenskap ervaar ons hierdie goedheid en seën van die Here en kan ons daardeur ook ʼn seën vir ander en vir mekaar wees.
Ons gebed is dat die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God die Vader en die gemeenskap met die Heilige Gees, by u elkeen sal wees
.
Groete in Christus
DS PO Swanepoel DS PL Lombard (Namens die Kerkraad)
ABSA Greenstone Tjek 650 580 001 Takkode 632005

Skakel na die Erediens 17 Nov 2024 op Youtube om 09h00
Joh 13; Fil 2 Watter Jesus volg jy? - Deel 2
https://youtube.com/live/XRt37X4u8c0?feature=shareNGKerk Primroseheuwel(Omnia) - Kerssangdiens
Google maps skakel na die NGKerk Omnia vir die Kerssangsdiens 09h00 op 24 Nov 2024. Gebruik Taylor road vanuit Cydonia weg om in Reginald nr str te kan gaan parkeer (30 Reginald Ave Primrose Hill)
NEEM asb kennis dat daar NIE n Erediens by die NGKerk Edenvale 24 Nov sal wees nie.
https://maps.app.goo.gl/qeeUWESSaEzRttie6U offergawe per Snapscan
Baie dankie vir u getroue bydrae. U kan gebruik maak van die Snapscan skakel om u bydrae te maak. Klik op die skakel om u bydrae te maak. Die skakel sal die Snapscan toepassing(App) oopmaak op u toestel. Volg die instruksies om u bydrae te maak. Indien die toepassing nog nie op u toestel is nie sal U gevra word om Snapscan te installeer op u toestel. Volg die instruksies vir installasie. Baie dankie!
https://pos.snapscan.io/qr/PXMP3826U offergawe per EFT - klik asb op 'Vergroot" vir inligting
Hier kan u gebruik maak van EFT na die volgende bankrekening:
NGKerk Edenvale
Bank: ABSA Greenstone
Takkode: 632005
Tjek Rek nr: 650 580 001
Verwysing: U Voorletters en Van + DO
Nogmaals dankie vir u getroue bydrae en ondersteuning!

Voorbidding
Siek:
Mariaan Coetzee
Anton Saaiman
Anco Steyn
Hester Erasmus
Helga Engelbrecht
Lincon Jonker
Basie Vorster
Flip Oosthuisen
Annemarie Geldenhuys
Lizette van Zyl
Etienne Matthey
Mariaan Coetzee
Anton Saaiman
Anco Steyn
Hester Erasmus
Helga Engelbrecht
Lincon Jonker
Basie Vorster
Flip Oosthuisen
Annemarie Geldenhuys
Lizette van Zyl
Etienne Matthey