YouVersion Logo
Search Icon

Dei Gratia

BERG & VALLEI [1]- Kort Geheue

BERG & VALLEI [1]- Kort Geheue

Oggendbyeenkoms

Locations & Times

Dei Gratia

12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa

Sunday 9:00 AM

hey
BERG ERVARINGS
ONS “GOD” ERVARINGS IS NIE SOSEER OP ‘N HOË PLEK NIE, MAAR IN DIE BEWUSTHEID VAN SY TEENWOORDIGHEID, SY INSPRAAK OF DIE BEWEGING VAN SY HAND IN MY LEWE


VALLEI ERVARINGS
ONS LEEF DIE LEWE EN DIE LEWE GEBEUR


GEN 8:20-21 [NLV]
20 NOAG HET ’N ALTAAR VIR DIE HERE GEBOU EN VAN AL DIE REIN DIERE EN REIN VOËLS GENEEM EN OP DIE ALTAAR BRANDOFFERS GEBRING.
21 DIE HERE HET DIE GEURIGE OFFER GERUIK, EN DIE HERE HET IN SY HART GESÊ: “EK SAL NOOIT WEER DIE GROND VERVLOEK VANWEË DIE MENS NIE, ALHOEWEL DIE MENS SE HART VAN SY JEUG AF NEIG NA WAT BOOS IS. EK SAL NOOIT WEER ALLES WAT LEWE TREF, SOOS EK GEDOEN HET NIE.”


GEN 9:11-17
11 EK SLUIT MY VERBOND MET JULLE: NOOIT WEER SAL ALLE VLEES DEUR DIE WATERS VAN DIE VLOED UITGEROEI WORD NIE; JA, DAAR SAL NIE WEER ’N VLOED WEES OM DIE AARDE TE VERDELG NIE.”
12 GOD HET GESÊ: “DIT IS DIE VERBONDSTEKEN WAT EK PLAAS TUSSEN MY EN JULLE EN AL DIE LEWENDE WESENS BY JULLE, VIR TOEKOMENDE GESLAGTE:
13 MY BOOG PLAAS EK IN DIE WOLKE. DIT SAL DIEN AS TEKEN VAN DIE VERBOND TUSSEN MY EN DIE AARDE.
14 WANNEER EK WOLKE LAAT SAAMPAK OOR DIE AARDE, EN DIE BOOG VERSKYN IN DIE WOLKE,
15 SAL EK MY VERBOND ONTHOU WAT DAAR IS TUSSEN MY EN JULLE EN ELKE LEWENDE WESE, JA, ALLE VLEES. DIE WATERS SAL NIE WEER ’N VLOED WORD OM ALLE VLEES TE VERDELG NIE.
16 WANNEER DIE BOOG IN DIE WOLKE IS, SAL EK DIT SIEN, OM SO HERINNER TE WORD AAN DIE EWIGDURENDE VERBOND TUSSEN GOD EN ALLE LEWENDE WESENS, ALLE VLEES WAT OP DIE AARDE IS.”
17 GOD HET VIR NOAG GESÊ: “DIT IS DAN DIE TEKEN VAN DIE VERBOND WAT EK GESLUIT HET TUSSEN MY EN ALLE VLEES WAT OP DIE AARDE IS.”
GOD SAL NA DIE REËNBOOG KYK EN WEET HY SAL DIE UITKOMS VIR ONS SONDE EN GEBROKENHEID LAAT GESKIED

EN WANNEER DIE MENS DIT SIEN, WEET HY/SY DAAR IS ‘N BELOFTE VAN HERSTEL IN DIE VALLEI VAN DIE LEWE

GEN 9:20-27
20 NOAG, ’N MAN VAN DIE GROND, WAS DIE EERSTE WAT ’N WINGERD GEPLANT HET.
21 HY HET VAN DIE WYN GEDRINK, DRONK GEWORD EN HOMSELF KAAL UITGETREK IN SY TENT.
22 GAM, DIE VADER VAN KANAÄN, HET DIE NAAKTHEID VAN SY VADER GESIEN EN DIT BUITE VIR SY TWEE BROERS GAAN VERTEL.
23 SEM EN JAFET NEEM TOE ’N OORKLEED, HOU DIT OOR HULLE AL TWEE SE SKOUERS, GAAN AGTERUIT DIE TENT BINNE EN BEDEK DIE NAAKTHEID VAN HULLE VADER. HULLE GESIGTE WAS WEGGEDRAAI, EN DIE NAAKTHEID VAN HULLE VADER HET HULLE NIE GESIEN NIE.
24 TOE NOAG UIT SY ROES WAKKER WORD EN HY BESEF WAT SY JONGSTE SEUN AAN HOM GEDOEN HET,
25 HET HY GESÊ: “VERVLOEK IS KANAÄN! DIE LAAGSTE SLAAF SAL HY VIR SY BROERS WEES.”
26 HY HET OOK GESÊ: “DIE HERE, DIE GOD VAN SEM, MOET GEPRYS WORD! KANAÄN MOET SEM SE SLAAF WEES.
27 MAG GOD RUIMTE SKEP VIR JAFET; MAG HY WOON IN DIE TENTE VAN SEM, EN MAG KANAÄN SY SLAAF WEES.” 
DAAR IS GEEN GENESING VIR HOM WAT ANDER BLAMEER VIR DIE NAAKTHEID VAN JOU EIE GEBROKE SIEL NIE

2 KORINTIËRS 10: 3-6 [NNT]
3 ONS LEEF WEL IN 'N SWAK MENSLIKE LYF, MAAR ONS VEG NIE VIR ONS GELOOF MET SWAK MENSLIKE WAPENS NIE.
4DIE WAPENS VIR ONS GEVEG, IS GLAD NIE DEUR MENSE GEMAAK NIE. DIT IS GOD SE WAPENS. HULLE IS VOL VAN SY KRAG. HIERDIE WAPENS VERNIETIG STERK VESTINGS. HIERMEE VERNIETIG ONS OOK VALS ARGUMENTE.
5 OOK VERNIETIG ONS ELKE STUK HOOGMOED WAT IN DIE PAD STAAN VAN DIE REGTE KENNIS OOR GOD. ONS VERANDER HOE MENSE DINK DEUR ELKE VREEMDE GEDAGTE GEVANGE TE NEEM. ONS MAAK SULKE GEDAGTES GEHOORSAAM AAN CHRISTUS.
6 ONS STAAN REG OM ALMAL SE ONGEHOORSAAMHEID TE STRAF. ONS SAL DIT DOEN WANNEER JULLESELF BEREID IS OM GOD HEELTEMAL TE GEHOORSAAM.
WAT ONTHOU JY?

GOD KOM EN HERINNER ONS IN ONS GEDAGTEWÊRELD DIE GEVEG AAN HOM BEHOORT

PSALM 139:7–11 [NLV]
WAARHEEN SOU EK KON GAAN OM U GEES TE ONTWYK?
OF WAARHEEN SOU EK KON UITWYK OM U TEENWOORDIGHEID TE ONTVLUG?
GAAN EK OP NA DIE HEMEL TOE, IS U DAAR; GAAN LÊ EK IN DIE DODERYK, DAN IS U OOK DAAR!
VLIEG EK MET DIE DAERAAD NA DIE OOSTE, OF GAAN WOON EK IN DIE VERRE WESTE, SELFS DAAR SAL U HAND MY LEI, EN U KRAG MY ONDERSTEUN.
SOU EK SÊ: “MAG DUISTERNIS MY OORWELDIG EN DIE LIG NAG WORD RONDOM MY,” DAN IS DIE NAG VIR U NIE DONKER NIE, MAAR IS SO HELDER SOOS DAG, WANT DUISTERNIS IS VIR U SOOS LIG.