YouVersion Logo
Search Icon

Dei Gratia

+1 LEEF INVLOEDRYK Reeks - Ek Deel wat ek Het

+1 LEEF INVLOEDRYK Reeks - Ek Deel wat ek Het

Oggendbyeenkoms

Locations & Times

Dei Gratia

12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa

Sunday 9:00 AM

hey
RECAP
Empatie + Aksie = LIEFDE
Tyd + Missie = DIENSWERK
Die doel van hierdie reeks is DAT ONS KIES OM NIE MEER “ONS GESIGTE WEG TE DRAAI” VAN DIE MENSE OM ONS NIE.
Die doel van hierdie reeks is DAT ONS ALMAL DEELNEEM.
Die doel van hierdie reeks is JESUS WAT SIGBAAR EN TASBAAR WORD DEUR ONS ALMAL.

Matt 16:24-26 [nlv]
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek PRYSGEE, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My PRYSGEE, sal julle ware lewe vind. Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie.

Ons Teologie is vas in die verpersoonlikking en uitdrukking van die Koningkrykslewe wat ons sien in Jesus Christus
“Jesus is perfect theology; what you don’t find in the person of Jesus, is not perfect theology” – Bill Johnson

# 1ste Gedagte: Die God som
God GEE = BRONNE (Net Sy Seun kan betaal vir ons Vryspraak) + HART (Die verbrysseling van Sy Seun)
God se Bronne + Sy HART = Sy GEE
Joh 3:16 “Want so LIEF het God die WêRELD gehad, day Hy Sy Eniggebore SEUN GEGEE het, sodat elkeen wat in HOM GLO nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê”

BRONNE + HART = GEE
1 Tim 6:17-19 [nlv]
Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie.
Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet.
hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim GEE aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle GEGEE het, met ander te deel.
Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou – ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang.
# 2de Gedagte
- Moenie vertroue bou in geld nie
- Moenie dat geld jou trots maak nie
- VERTROU OP GOD
- Doen goed met die geld wat jy het
- GEE aan die in Nood
- WEES ALTYD GEREED (Bou margin om te help)
- Deel met ander wat GOD vir jou GEGEE het

2 Kor 9:5-15 [nlv]
5 Daarom beskou ek dit as noodsaaklik om die broers aan te spoor om voor-uit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer ge-reedmaak wat julle vroeër reeds beloof het. Dan sal dit gereed wees as ’n vrywillige dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.
6 Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes.
7 Elkeen moet GEE soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige GEWER lief.
8 En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te GEE so-dat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk.
9 Soos daar geskryf staan: “Hy het UITGEDEEL en GEGEE aan die armes; sy goedhartigheid bly vir altyd staan.”
10 God wat saad VOORSIEN aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad GEE en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.
11 In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons toedoen bring julle vrygewigheid mee dat God gedank word.
12 Die bediening van hierdie hulp voorsien nie net in die behoeftes van die gelowiges in Jerusalem nie, maar word ’n stroom van danksegging teenoor God.
13 Deur hierdie diensbetoning sal hulle aan God die eer GEE. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en ook oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander.
14 Hulle sal ook vir julle bid en na julle verlang omdat die genade van God oor julle só groot was.
15 Dank aan God vir sy onbeskryflike gawe!
# 3de Gedagte
- Hou jou woord (belofte)
- Jy & ek het die VOORREG om te kan bydra
- Laat die OES, die SAAD bepaal
- “Be a happy giver”
- “God is in staat”
- God GEE die saad
- God GEE die brood
- Jou Vrygewigheid, bring dank aan God
- Jou Vrygewigheid verleen hulp aan behoeftes
- GOD ONTVANG EER, WANNEER JY GEE
- Deur te GEE is jy Gehoorsaam aan die EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS
- Die aan wie jy GEE, sal ook vir JOU BID (DALK IS HULLE GEBEDE, DIE GEBED WAT BEANTWOORD WORD VIR JOU EN MY DEURBRAKE)
Luk 6:38 [nlv] magneet vers
As julle GEE, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.”

# 4de Gedagte (magneet vers)
- Die wat GEE, SAL ONTVANG
- Jy kan nooit meer GEE, as wat jy sal ontvang nie (Wat is die waarde van jou gesondheid, vriende, liefde, suurstof, gehoor.....)
- Jou hand se GEE, Bepaal jou “Terugontvangs”

Getuienis
- Gaan ek gee uit my oorvloed of agv my geloof in Jesus Christus?
- Vertrou ek Hom, of vertrou ek my tekort of oorvloed?
- EK KIES VANDAG OM HOM TE GLO!

Konklusie: BRONNE + HART = GEE
BRONNE
- Wat het jy tot jou beskikking?
- Geld, gawes, talente, tyd, vermoeëns...

Konklusie: BRONNE + HART = GEE
HART
- “Want so lief het God die wêreld gehad...”
- Het jy God se liefde vir jou al toegelaat?
- Het jy jouself lief agv God se liefde?
- Het jy die wêreld lief agv die liefde van God in, vir en deur jou?

Konklusie: BRONNE + HART = GEE
GEE
- Nou kom ons GEE dit wat ons gratis van God ontvang het
1 Cor 2:12 (Amp)
12 Now we have not received the spirit (that belongs to) the world, but the (Holy) Spirit Who is from God, (given to us) that we might realize and comprehend and appreciate the gifts (of divine favor and blessing so freely and lavishly) bestowed on us by God

Konklusie: BRONNE + HART = GEE
- My geld (GOD SE GELD)
- My tyd (GOD SE TYD)
- My talente (GOD SE TALENTE)
- My BRONNE(GOD SE BRONNE)
- My HART(GOD SE HART)

BRONNE + HART = GEE
R10 de uitdeel
Broodjie smeer en uitgee

BRONNE + HART = GEE
Daar is GEEN VEROORDELING nie
Daar is wel ‘n DIEPER UITNODIGING
Hoe sou dit lyk as ons ALMAL, PLUS 1 verdere tree neem om te GEE, om te DIEN, om LIEF TE Hê?
Hoe sou dit lyk as ons nie net n “garage pie” vir iemand sou gee nie, maar dalk ‘n oomblik by hulle sou sit, hulle storie hoor, en saam met hulle sou bid?

BRONNE + HART = GEE
JY EN EK, IS GOD SE ANTWOORD VIR ONS WêRELD IN ONS TYD WAARIN ONS LEEF