YouVersion Logo
Search Icon

NGK PE Nooitgedacht

Huisgeloof - Sondag, 11 September 2022 en Maandag tot Vrydag, 12 - 16 September 2022

Huisgeloof - Sondag, 11 September 2022 en Maandag tot Vrydag, 12 - 16 September 2022

Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.

Locations & Times

NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa

24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa

Saturday 10:00 PM

hey
Sondag, 11 September

Kom tot rus in God se teenwoordigheid –

Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou en kom tot rus.


Gebed -

Genade en vrede vir u van God wat
- Gekom het
- Wat weer kom
- En wat elke dag in u lewe kom! Amen.


Lees die teksgedeelte, Lukas 15:1-10.


Moontlike vrae -

Wat sê die gedeelte vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Is daar ‘n woord of woorde wat vir jou uitstaan?
Hoe laat die gedeelte jou voel?
Wat daag jou uit of wat gee jou hoop?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Kinderoomblik -

Kyk hierdie video.
https://drive.google.com/file/d/1nJy8XBYdmSr0LN7iJVRf8F_IC-_VAD9V/view?usp=sharing

Doen die word search.
hey
hey

Julle kan ook hierdie doen.

Agtergrond -

Lukas 15:1-10 is deel van die sogenaamde reisverhaal wat reeds in Lukas 9:51 begin het. Jesus is op pad na Jerusalem om te sterf. Terwyl Jesus op pad na Jerusalem is, vertel hy 3 gelykenisse. Die struktuur van Lukas 15 is as volg:
Lukas 15:1-3 Inleiding
Lukas 15:4-7 Gelykenis van die skaap wat weggeraak het
Lukas 15:8-10 Gelykenis van die muntstuk wat weggeraak het
Lukas 15:11-32 Gelykenis van die pa wie se seuns weggeraak het.

Jesus vertel die drie gelykenisse nadat hy hoor hoe die Fariseërs en Skrifgeleerdes kla omdat hy met by die sondaars kuier en saam met hulle eet. Tollenaars was dienaars van die Romeinse Ryk. Hulle het dikwels te veel geld gevra om hulle eie sakke te vul. Sondaars was diegene wat nie godsdienstige wette nagekom het nie. Ook diegene wat bepaalde morele kodes oortree het.

Jesus kuier volgens hulle saam met die verkeerde, slegte mense. Dit het die Fariseërs en Skrifgeleerdes gepla dat Jesus assosieer met mans en vroue wat spesifiek deur hulle as sondaars beskou is Hulle sien nie watter wonderlike ding kan gebeur as Jesus met die sondaars kuier nie. Hulle kan bekeer. Jesus verdedig sy optrede deur die drie gelykenisse te vertel. Elkeen maak dieselfde punt oor vreugde wanneer die verlore item of mens gevind word.

Altwee gelykenisse lig uit dat dit God raak as iemand verlore raak. Mag dit ons ook raak. Mag God ons harte ook vul met Sy passie vir die verlore muntstukke en die afgedwaalde skape!


Praktiese aktiwiteit vir die week -

Wie is die verstotenes en die gemarginaliseerdes in julle omgewing? Wat kan julle doen om hulle in te sluit?
Watter afleiding kan julle maak oor hoe kosbaar die een skaap wat weggeraak het vir die herder was en die een muntstuk wat verlore geraak het vir die vrou was? Sou mense wat vir ons “verlore” voorkom, dalk vir God besonder waardevol wees? Wat, dink julle, wil hierdie gelykenisse by ons tuisbring? Watter uitnodiging raak jy bewus van die Here af?


Gebed -

O Genadige God, wat dié wat arm is, antwoord,
Antwoord ons.
O Genadige God, wat dié wat bedruk is, antwoord,
Antwoord ons.
O Genadige God, wat dié met gebroke harte, antwoord,
Antwoord ons.
O Genadige God,
Antwoord ons.
O Genadige God,
Wys u deernis met ons.
O Genadige God,
Verlos.
O Genadige God,
Red.
O Genadige God, bewys u barmhartigheid,
Nou,
Gou,
Baie gou.
Amen.


Seën - Franciskus van Assisi

Here, maak my 'n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde saai;
waar daar onreg is, vergifnis;
waar daar twyfel is, geloof;
waar daar wanhoop is, hoop;
waar daar duisternis is, lig;
waar daar droefheid is, vreugde.

O, Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek
om getroos te word nie as om te troos;
om verstaan te word nie as om te verstaan;
om bemin te word nie as om lief te hê.
Want dit is deur te gee dat ons ontvang;
dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word. Amen.
hey
Weekprogram vir 12 - 16 September 2022


Maandag, 12 September

Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.

Lees die teksgedeeltes, Jeremia 4:11-12, 22-28 en Lukas 15:1-10. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)

Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit of wat gee jou hoop?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?

Dink na -
Jeremia tree vir 40 jaar as profeet op tydens ‘n traumatiese tyd in Juda; ‘n tyd van oorlog en opstand wat op die vernietiging van Jerusalem en die tempel in 587vC uitloop. In Jeremia 4 praat God deur die profeet met die volk. Jeremia moedig die volk aan om na God toe terug te keer. In vers 22-28 kry ‘n mens as’t ware die omkeer van die skepping (Genesis 1), ‘n terugkeer na wat woes en leeg en sonder lig is. Jeremia interpreteer die agteruitgang van Juda vanuit die perspektief van God se oordeel.

Sluit af met gebed.
Dinsdag, 13 September

Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.

Lees die teksgedeeltes, Jeremia 4:11-12, 22-28 en 1 Timoteus 1:12-17. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)

Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Hoe is God besig om jou te vorm sodat jy met Hom in pas kan wees?

Dink na -
In Koninkrykstyd kyk ons ook om ons rond en besef dat ons deur ons menslike selfsug vernietigend in die skepping inwerk. Die feit dat ons God nie ken nie (v22) het implikasies vir alles en almal. Ons leef tog vanuit dit wat ons in die gemeenskap van gelowiges van God leer, en ons as kerk moet gedurig met onderskeiding keuses maak. Die keuses kan verreikende gevolge vir ons naaste en die skepping hê.

Sluit af met gebed.
hey
Woensdag, 14 September

Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as ‘n simbool van God se teenwoordigheid by jou.

Lees die teksgedeelte, Jeremia 4:11-12, 22-28 en Psalm 14. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)

Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat daag jou uit, wat gee vir jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?

Dink na -
Baie van ons is ongemaklik met die oordeelstaal wat die profete gebruik. Maar as ons eerlik met onsself is, sal ons die diepte van ons sonde en ellende erken en die “vrugte” daarvan in ons lewe en die groter skepping raaksien. Ons missionale bestaan het in die eerste plek te make met ons sondebesef en diep nederigheid. Vanuit so ‘n bewussyn kan ons by God pleit vir wysheid sodat ons skeppend, en nie vernietigend nie, in ons konteks optree.

Sluit af met gebed.
Donderdag, 15 September

Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.

Lees die teksgedeeltes, Jeremia 4:11-12, 22-28 en Lukas 15:1-10. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?

Dink na -
Raak ons nog stil en hoor die gehuil van die aarde? Lees Genesis 1 en Jeremia 4:11-28. Sien die omkeer. Treur vandag oor en saam met die skepping.

Sluit af met gebed.
hey
Vrydag, 16 September

Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.

Lees die teksgedeeltes, Jeremia 4:11-12, 22-28 en 1 Timoteus 1:12-17. (Dit verskyn heel onderaan.)


Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?

Dink na -
Christus word in 1 Timoteus 1:12-17 erken as die Een wat gekom het om sondaars te red. Paulus erken in hierdie gedeelte dat hy so ‘n sondaar is. Jeremia 4 se oordeel laat ons verslae, maar lei ons ook tot die belydenis van ons sonde en ellende. In Christus is daar weer ‘n skeppingsomkeer waarna ons kan verlang.

Sluit af met gebed.
hey