Doxa Deo Meyersdal

Die vier hoofstuk storie
40 Days of Faith
Locations & Times
Doxa Deo Meyersdal
10 Grey Villea St, Meyersdal, Alberton, 1448, South Africa
Sunday 9:00 AM
Die fliek “Hacksaw Ridge” is gebaseer op die ware verhaal van Desmond Dos wat gedurende die tweede wêreld oorlog 75 gewonde manne gered het in die “Battle of Okinawa”.Die situasie het hopeloos gelyk maar Desmond het deur die nag gewerk waar hy reg oor die oorlogsveld rond gekruip het en die gewonde manne een vir een uitgesleep het. En elke keer voordat hy terug gegaan het om die volgende een te gaan soek het hy hierdie eenvoudige gebed gebid: “Please Lord help me get one more, help me get one more.”
Ons is besig met reeks: “40 days of Faith” waar ons die Here vertrou om in hierdie 40 dae iets kosbaar te kom doen in maar ook deur jou en my geloofslewe. Ons praat oor geloof wat die gewondes en die verlorenes bereik.
Die gedagte kan maklik oorweldigend klink, want daar is baie. Maar ons gebed en ons strategie begin by: Net nog een Here, help my om net nog een te bereik. Dit was ook waaroor julle in die groepe gesels het hierdie week, die fokus op die een.
Wanneer ons besin oor geloof wat die verlorenes bereik is daar ‘n belangrike vraag waaroor ons moet dink:
Het Jesus net gekom sodat ons eendag hemel toe kan gaan? Of is daar dalk meer aan hierdie storie?
Vir baie mense is die Bybel storie eintlik opgedeel in hierdie twee oomblikke:
1. Ons is gebroke en verlore want ons het sonde gedoen.
2. Jesus het gekom om ons sonde op Hom te neem sodat ons hemel toe kan gaan.
Dis die Bybel opgesom in twee hoofstukke: Sondeval en Verlossing.
Vir lank was dit ons fokus in die kerk en het dit bepaal hoe ons na die wêreld kyk. Maar, is dit die volle storie van die Bybel?
Want as ons gaan praat oor “Geloof wat verlorenes bereik” is dit belangrik om te verstaan wat die omvang is van dit wat ons wil bereik. Is die wen bloot net wanneer iemand ‘n kaartjie hemel toe het?
Of het “verlorenes bereik” ‘n groter fokus? Dis belangrik want dit gaan bepaal hoe ons die groot opdrag verstaan maar dis ook belangrik oor hoe ons dink oor ons eie geloofslewe.
Want sien wanneer ons net glo in ‘n twee hoofstuk storie wat vir ons ‘n bus kaartjie hemel toe verseker, dan is die tyd waar ons wag vir die bus eintlik onbelangrik.
Die twee hoofstuk boodskap is alles waar. Die mens het in sonde geval en Jesus het gekom om ons te verlos. Maar die Here wil vir ons meer as net dit kom sê. Sien die twee hoofstuk storie sê nie vir ons:
- Hoekom ons hier is nie, hoekom het die Here ons gemaak?
- Dit antwoord nie die vraag van wat ons doel op aarde is nie.
- Die twee hoofstuk boodskap lei tot ‘n ontsnappings teologie. Die wêreld is boos en ons met ontsnap daarvan, jy moet jouself net veilig hou tot jy dit maak tot by die hemel.
Wanneer ons na die Bybel toe gaan dan kom ons agter dat daar eintlik vier belangrike dele is tot God se storie met die mens:
1. Reg in die begin van die Bybel is daar ‘n kort maar belangrike storie. Dit vertel van die skepping van alle dinge en dat alles goed was in God se oë. Maar dit gaan ook verder en verduidelik hoekom God ons geskep het. Om voort te plant en te vermenigvuldig en te heers. Jou gesin is belangrik vir God. Die breër samelewing en wat daar gebeur is belangrik vir God. Dat ons eienaarskap moet vat en heers oor hierdie skepping op ‘n manier wat God se heerlikheid sigbaar maak, is belangrik vir God. Dis die eerste hoofstuk van God se boodskap aan ons, Sy oorspronklike intensie met ons, die bloudruk plan van hoe Hy ons gemaak het.
2. Die tweede hoofstuk is ‘n groot realiteit wat vandag nog ons lewens erg raak. Die sondeval. Dit het skuld en skaamte en seer gebring. Elke liewe ding wat fout is in jou lewe vandag is die resultaat van die sondeval. Alles. Wanneer jy op daai plek is waar jy geen uitkoms sien nie, waar alle hoop verdwyn het? Is waar jy “stuck” is in hoofstuk twee van God se storie.
3. Dis so belangrik vir jou om deur te druk en uit te kom by hoofstuk 3 Jesus het gekom:
… because GOD anointed me. He sent me to preach good news to the poor, heal the heartbroken, Announce freedom to all captives, pardon all prisoners. (Isaiah 61:1 Msg)
Jesus is ons hoop op heerlikheid, Hy is ons hoop op redding en verlossing en genesing en oorwinning. Dis die derde hoofstuk: Verlossing
4. Maar dan is daar ook ‘n vierde hoofstuk: Vernuwing
Want as die dood deur die oortreding van die een mens deur daardie een mens geheers het, hoeveel te meer sal diegene wat God se oorvloedige voorsiening van genade en van die gawe van geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die een mens, Jesus Christus! (Romeine 5:17)
Paulus sê daar’s meer. Meer as net redding en verlossing.
Ons sien dit ook in die woorde van Jesus net voor Hy opvaar in Matt 28:18
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Hierdie gedagte van heers oor die aarde is nou herstel in die tweede Adam. Ons word nie net ingetrek in ‘n eendag hemel prentjie in nie. Nee ons het weer die mandaat gekry om te heers in hierdie lewe.
Dis vir my so mooi hoe ons ook hierdie prentjie van die 4 hoofstukke sien elke keer wanneer die Bybel die fokus skuif van ‘n tuin na ‘n stad:
Als begin in die tuin van Eden waar alles mooi en perfek is en dan skuif dit na die gebroke stad Babilon wat die mens bou en ‘n donkerte hang oor die stad. Maar dan kry ons weer die gebroke liggaam van Jesus in die tuin van die graf waar dood en donkerte oor die tuin hang totdat Jesus triomfantlik opstaan en ons dan later lees in Openbaring 21 van die Nuwe hemelse stad Jerusalem wat aarde toe kom. Vers 3 sê: Kyk die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon.
En dan in vers 5; Jesus wat op die troon sit en sê: “Kyk, Ek maak alle dinge nuut.” Openbaring 21:5
Dis die Griekse woordjie pas en dit beteken: “alle dinge”.
Dis ‘n proses wat begin het aan die kruis, ‘n proses waarmee Jesus nog steeds besig is in jou en my lewe wat ons nou hier leef, dis ook ‘n proses wat sal aanhou tot in die toekoms. Dis die proses van die hemel wat aarde toe kom, God se heerskappy wat aarde toe kom, nie net ons wat op pad is hemel toe nie.
Dis ek en jy wat nuut word en die mense om ons wat nuut word, die wêreld waarin ons woon wat nuut word. Dis waarmee die Here besig is.
Wat beteken hierdie vir jou en my op ons geloofspad? Dit beteken dat ons nie moet dink aan dit as ‘n pad wat ons hemel toe vat nie, maar eerder as ‘n pad wat hemel aarde toe bring. Dat hemel binne in ons gebeur, dat God se goedheid en nuutheid en heerlikheid eers ons lewens verander maar dat dit dan oorvloei en die mense om ons begin raak. Ons familie en vriende, ons kollegas en ons bure en dat dit verder oorvloei in ‘n stad en ‘n omgewing waar dit wat donker is verander in lig in.
Ons het begin met ‘n interessante vraag oor die hemel, maar ek het ‘n beter vraag vir ons... “40 days of faith” journey.
Het jy ‘n stuk geloof in jou hart, dat Jesus jou nuut maak? Het jy stuk geloof in jou hart dat Hy die mense in jou lewe wil nuut maak? Dat Hy die stad waarin jy bly, wil nuut maak?
Want sien ons glo in Doxa Deo dat elke stukkie liefde wat ons vat na ons stad toe: Elke “Street store” wat ons hou, waar iemand vir ‘n gebroke mens ‘n warm baadjie gee. Elke jeugwerker wat ek en jy finansieel bemagtig om by ‘n skool in te stap en ‘n kind se lewe raak. Elke kinderhuis in Doxa Deo waarvoor ons verantwoordelikheid neem. Dit alles, word deel van die som van Jesus wat besig is om alles nuut te maak.
Geloof om die verlorenes te bereik, gaan nie net oor ons wil siele vir Jesus wen nie. En as ons jou gewen het siel, sit dan net hier mooi stil en wag vir die bus.
Nee, dis meer as dit, ons wil sien hoedat gees en siel en liggaam nuut word. Ons wil sien hoedat mense se totale lewe getransformeer word. Sy werk, sy gesins lewe sy buurt waar hy bly, alles. Ons wil sien, hoe hemel aarde toe kom. Dis die wen. Dis wat Jesus ons leer bid het: Soos in die hemel so ook op die aarde.
In hierdie 40 day journey wil die Here jou kom belyn met volle storie van die Bybel. Vier hoofstukke wat uitloop op ‘n mandaat om hemel aarde toe te bring.
Ek het nog twee laaste vrae vir jou, dan is ek klaar:
Wat is die een ding, die een mens, die een area, waarop jy nou fokus om nuut te maak? En as jy klaar is met dit, is jou gebed dan:
“Please Lord, help me get one more.”?