YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Impak Aanlyn 15 Mei 2022

Impak Aanlyn 15 Mei 2022

Impak Aanlyn 15 Mei 2022 VERWELKOMING Hallo almal en baie welkom by die week se diens. Ons is so bly ons kan saam met julle kuier. Ons begin vandag met ‘n nuwe reeks “WORSHIP 101” Ons gaan in die reeks gesels oor hoe om met ‘n oop hart te kan worship. MICROWAVE ‘n Mens kan nooit ‘n microvave vetrou nie. Het jy al ooit iets in gesit om dit warm te maak, en dan as jy dit uithaal is dit nog koud, Die ergste is as jy kos in sit dit klink soos die tweede wereld oorlog maar dan nogsteeds bly jou kos koud. What even. Jy sit dit dan weer in maar dan vat dit weer 4 maande om af te koel en nie jou mond te verskroei nie. Dit is safe to say dat louwarm kos nie baie lekker is nie. MOENIE LOUWARM WEES NIE Dit klink nogals soos ons lewe. Was jy al ooit op ‘n kamp dan gee jy jou hart vir Jesus. Jy kan nie wag om vir die res van die wêreld te vertel wat alles gebeur het nie. OF Sondag het dit gevoel of die pastor presies met jou praat. Jy kan nie glo hoe on point die diens was nie. Jy vertel vir almal hoe Jesus direk met jou gepraat het in die diens OF Jy het gebid vir iets of ‘n geleentheid toe dit sleg gegaan het en of dalk nie eers so sleg nie. Maar God stuur vir jou iets beters en dan raak jy so besig of oorweldig dat jy daarin verlore raak. Ons was eers koel gewees en toe raak ons vuurwarm oor God se goedheid. Maar met tyd koel ons af net soos was daai hoenderborsie afgekoel het. Ons moet eintlik baie versigtig wees hiervoor want die Bybel waarsku ons teen die gevraar daarvan Ons kan sien dat die Bybel ook nie daarvan hou nie “Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm. Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg.” OPENBARING 3:15-16 (NLV) https://my.bible.com/bible/117/REV.3.15-16 SPIRITUAL HIGH Ons kan sien dat God nie daarvan hou as ons louwarm is nie. Dit is hoekom ek gemeenskap love bv kerk of small group of csv want dit is daar waar jy kan leer hoe om sulke uitdagings te kan oorkom Dit is juis hier waar WORSHIP 101 inkom. Ons is moeg om net daai high te hê vir ‘n klein rukkie. Maar worship is een manier om warm te bly en nie koel te word nie. “Hy het hulle geantwoord: “Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het dit raak gestel toe hy van julle geskryf het: ‘Hierdie volk eer My met hulle lippe, maar hulle hart is ver van My af. Hulle godsdiens is blote skyn, want hulle hou menslike dogmas voor as wette van God.’' MARKUS 7:6-7 (NLV) https://my.bible.com/bible/117/MRK.7.6-7 Jesaja in Jesaja 29 ook hiervan gepraat. Maar hier is twee woorde war in die teks uitstaan LIPPE HART Die twee gaan saam. Ons almal ken die tekste wat sê wat die hart van vol is rol uit by die mond. Dit is waar. Wat ook waar is is dat as ons harte nie lekker is nie sukkel ons om te worship ons sukkel dan om God werklik te aanbid, En dit is dan gewoonlik waar en wanneer ons louwarm word. BREUK DAAI LEUEN Daai skeinheilige gevoel is wat ons verhoed om by God te gaan stilstaan. Dit is die beauty van Worship. Jy hoef nie perfek te wees om vir God te loof en om Hom te prys nie. Vandag wil ek jou vra om daai leuen in jou hart te breek wat jy glo dat jy net kan Worship as al jou sake reg is met God. Want jou saak met God jou VERHOUDING met God gaan nooit groei as jy nie nie Tyd spandeer met God nie. Een manier wat my gehelp het met dit was om my gebedslewe bietjie te verander. Ek het agter gekom dat ek altyd bid “Jesus vergewe asb al my sondes” maar ek het agter gekom dat niks verander nie , ek het nogsteeds gevoel ek kan nie lekker worship nie. So toe verander ek my gebedslewe. Ek het toe nie meer gebid dat God net my sondes vergewe nie maar dat Hy my bewus maak wat van dit wat my Louwarm maak. Met tyd het ek my sondes by die naam aangespreek en dinge in my lewe het begin verander en ek kon vir God baie meer openlik dien en worship . “Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.” PSALMS 139:23-24 (NLV) https://my.bible.com/bible/117/PSA.139.23-24 Sit vir jou worship musiek aan en laat God toe om jou hart te deursoek, om vir jou te wys wat jy moet verander wat jou weerhou van om Met volle bors te sing. En dit wat God vir jou openbaar, los dit by Jesus se voette.

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 PM

WORSHIP 101 - Week 1 - Moenie louwarm wees nie