YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Centurion

7 November 2021 - Sondagoggend  - Geestelike oorlogvoering - Bevryding - Wouter vd Merwe

7 November 2021 - Sondagoggend - Geestelike oorlogvoering - Bevryding - Wouter vd Merwe

Locations & Times

Lewende Woord Centurion

Cnr Adam Tas and Lyttleton road, Clubview, Centurion, 0014, South Africa

Sunday 9:00 AM

Kry die vorige week se preeknotas hier

https://bible.com/events/48784002
Ons het gekyk na Geestelike oorlogvoering 2 weke gelede.
• Satan is ’n werklikheid
• Wat jou wil vermoor & vernietig (Joh. 10:10)
Jesus verloor egter nooit!
• Ons veg ’n stryd: (Ef. 6:10)
1. In ons gedagtes (2 Kor. 10:3-4)
2. Deur ons werke (doen) Rom 6:13
3. So ook deur gelowiges na Jesus te lei! (Lig oorwin duister!!)
4. Bevryding
a. Om mense vry te kry van Satan se invloed is baie
belangrik in geestelike oorlogvoering.
b. Ons wil gelowiges toerus (Ef 4:12) om mense vry te maak.







Wat is bevryding?
Kol 1:13
As die Bybel praat van bevryding praat dit van hoe Jesus ons vrymaak van:
• Sonde – Rom 6:14-19 (2 Tim 4:18) (1 Thess 1:10)
• Sonde se gevolge: Siektes/pyn/armoede/vloeke/dood –
Ps 107:19 NLV (Rom 7:22-25) (1 Pet 2:24)
• Maar bo alles van Satan en sy demoniese magte

1.Die voorbeeld en opdrag van Jesus
2.Kan ’n Christen ’n demoon hê?
3.Hoe kom demoniese invloed in jou lewe? Oop deur van sonde
4.Wat moet ons doen om vry te kom van demoniese bindinge?
5.Hoe om bevryding te doen!







1. Jesus het demone uitgedryf en ons die opdrag gegee om ook vir
mense te bid vir bevryding
- Jesus (Markus 1:23-28) (Hand 10:38) (Lukas 4:18)
- Ons (Markus 16:17) (Matt 10:1) (Luk 10:19)

Pandemonium beteken demone orals
2. Kan Christene demonies besete wees?
Nee, maar wel demonies beïnvloed (onderdruk) word, want
hulle “huis” behoort aan die Heilige Gees (2Kor 12:7-8).
Nie-Christene kan besete (beset-besittings van ’n demoon wees.)
Markus 9:20






Illustrasie 1
Handpop – invloed van binne (beset)
Marionette – invloed van buite (onderdruk)
– ons as Christene word almal op een of ander manier
demonies beïnvloed al is dit deur ander of deur
omstandighede.






Illustasie 2
‘n Huis besit deur jou kan nogsteeds muskiete en vlieë hê.
- Soos die demoniese kom dit in by ’n oop deur/venster (oop sonde)
- Dit pla jou en pes jou!
- Dit besit nie jou huis nie, maar maak asof dit doen – (familiêre gees
familiar spirit) – ‘n Demoon wat nie daar mag wees nie, maak hom
tuis, maar is nie die eienaar nie.






3. Hoe kom demoniese invloed in jou lewe in?
Deur ’n oop deur van sonde – joune of ander s’n.
- Inherit – ander se sonde.
- Invasion – ander se sonde bv. Afgedwing, molestasie ens.
- Involvement – jou sonde
So lyk ’n oop deur:
Rebellie – manupulasie (Isébel)
Vrees – ongewone angs vir iets bv. slange, hoogte, donker ens.
Verslawing (Spr 25:28) selfbeheersing is ’n opdrag van God daarom mag ons nie dronk word of bedwelm word of gehipnotiseer word nie. Die Here beskerm ons as ons slaap en tydens narkose. (Ps 3:5,6)
Okkulte & ander Godsdienste (afgodery, voorvaderaanbidding, sangomas, aborsie, waarsêery, spoke ) (1 Kor 10:20; Deut 18:10-14)
Doelbewuste sonde – onkundigheid is nie onskuld nie
(Gal 5:1)
Seksuele sonde – voor en buite huwelik is sonde.
(1Kor 6:18-20)
Gewoonte sondes – waarmee jy nie wil breek nie, word later waarmee jy nie kan breek nie.
Woede – uitbarstings is sonde asook “stil-stuipe’ en manipulasie Ef 4:31
Onvergewensgesindheid (Heb 12:14-15)
Oomblik van swakheid
Sielsbande – “Soul ties” 1 Kor 6:16

Die Heilige Gees wys ons op die regte tyd wat is ons oop deur!
Joh 16:8




4. Wat moet ek doen om vry te kom van demoniese bindinge?
Joel 2:32

• Nederigheid is jou verantwoordelikheid, vra hulp. 1 Petr 5:5-8
Satan haat ’n nederige belydenis.
• Wees eerlik oor sonde, noem dit wat dit is, moet dit nie in jou
kop regverdig of sag maak nie.
• Bely Jesus, bely jou geloof in Jesus. Wedergeboorte is belangrik
anders kom daar 7 sterker demone terug. (Matt 12:43-45)
• Bely jou sonde van ander bv. Soos voorgeslagte, oupa se
dobbel, ma of pa se sonde.
• In ware berou breek met sonde (Spr 28:13)
Roep uit jou hart om vry te kom (Ps 34:18-20)
• Restitusie is om reg te maak watter sonde jou beïnvloed
(bevoordeel) het.
Verbrand okkultiese items, gaan sê jammer, vergewe, gooi
weg(alkohol, pornografie, beelde ens)
Vermy verdere versoekings.
• Vergifnis! Ef 4:32
• Ken die skrif en maak dit deel van jou geveg
– Dan moet jy dit bestudeer en daarop mediteer.
o Joël 2:32 (Aanroep maak jou vry)
o Joh 15:7 (In Christus bring vrug)
o Lukas 10:19 (Outoriteit)
o 1 Johannes 3:8 (Jesus vernietig duiwel)
o Kol 1:13 (Jesus bevry ons)
Dit is die beloftes wat jy jou eie moet maak. Leer dit uit jou kop uit.

*Onthou: Om vry te kom is die doel!! (Luk 10:20)
Nie om satan te veg nie






5. Hoe om bevryding te doen?
*Onthou, alle gelowiges mag en moet bevryding kan doen, doping in die Heilige Gees help geweldig baie (Luk 3:16)

5.1. Onderwerp jou aan die Here (Jak 4:7)
5.2 Vra sy beskerming vir almal betrokke teen demoniese
aanslagte op grond van die bloed van Jesus en Sy verlossings
werk.
5.3 Vra eerstens of die persoon Jesus ken. (wedergebore)
5.4 Besef wie jy in Christus is en neem outoriteit oor satan en
demone. (Luk 10:19; Matt 28:18)
5.5 Moenie manifestasies toelaat of aanmoedig nie.
Bind – Matt 18:18
5.6 Kompassie: jou liefde vir God en die persoon moet in jou
hart wees. 1 Kor 13:7
5.7 Onderskei (Johannes 2:25; 1 Kor 12:10)
Vra die Heilige gees om jou te wys wat gaan in iemand se
gees aan.
5.8 Belydenis van sonde is dan belangrik. Spr 28:13

Praktiese punte by bevryding:
1.Jy doen nie bevryding alleen nie. Alhoewel net een die leiding neem. Is dit belangrik om in eenheid te wees met jou hulp.
(Ps 133)
2.In ’n privaat plek – om die persoon te beskerm, demone wil aandag trek.
3.Bid oop oë en wees wakker in jou gees! (Matt 26:41)


5.9 Jaag uit!
Bid ’n gebed van geloof, (somtyds kan die persoon hardop
agter jou aan bid, nie altyd nodig nie.)

“In die Naam van Jesus beveel ek jou, onrein gees of gees van ______ om hierdie persoon te verlaat! Jy is onregmatig hier. Aangesien hy/sy hulle sonde bely het en Christus daarvoor gesterf het!”

•Jy hoef nie te skree nie – outoriteit is nie in hoe nie, dis in Wie (Jou identiteit in Christus) (Matt 8:9)
•Bind manifestasies (Matt 16:19) (Werk met die persoon as hy by sy sinne is, help nie jy praat met ’n dronk man nie)
•Kyk in hul oë en verduidelik jy addresseer die bose gees en nie die persoon nie (Luk 11:34/Matt. 6:22)
•Hul angstigheid bv. Sweet, oë wat wil toe, slaperigheid, ’n hart wat vinniger klop ens. Is alles manifestasies van demone wat nie wil uit nie.
•Neem net outoriteit – beveel hulle om nie te manifisteer nie en jaag hulle uit in die Naam van Jesus! Rom 8:37
•Moenie hierdie probeer as jy nie in verhouding met Jesus staan nie – wedergeboorte kwalifiseer jou vir bevryding – nie tegnieke nie. Doping in die Heilige gees maak dit makliker.

Geestelike oorlogvoering gaan oor karkater meer as oor rituele
en tegnieke. (Hand 19:13-17)

•Voor jy afsluit en die persoon seën (met vrede) onderskei deur middel van die Helige Gees of daar nog demone is, wag en luister na die Here!
Is daar vrede? Hoe voel hy/sy? Jes 55:12
(Passop vir emosie – onderskei)
Na jou seën – “celebrate” hul vryheid. Luk 15:10
Onthou om te bid vir hulle, vir die doping in die Heilige
Gees. Hand 1:5
•Jy kan bevryding doen op jouself!

Vrymaking is ons ROEPING! (Lukas: 4:18-19)







Toepassingsvraag Kruis-Kidz
Gesels as gesin saam oor elkeen se gawes en talente en hoe elkeen sy gawes en talente kan gebruik om God se Koninkryk te bou?
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
hey
Hoe kan jy saai?
hey

Click hier om nou te saai


https://www.lwc.org.za/saai