YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Impak Aanddiens 17 Oktober 2021

Impak Aanddiens 17 Oktober 2021

Impak Aanddiens 17 Oktober 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 PM

MUSIEK WAT PRAAT - Deel 1: Great are You Lord

Het jy al beleef dat musiek met jou gepraat het? Watter song was dit?
Jy luister ‘n song by die huis, in die kar of by die kerk en dis asof die woorde van daai song vir jou geskryf is en die Here daardeur met jou kom praat…. So, die een deel van hierdie reeks gaan oor dat die Here deur musiek met jou kan praat.

Die ander deel van hierdie reeks gaan oor dat jy met God deur musiek kan praat… Jy gaan dalk deur ‘n moeilike tyd en dan is daar hierdie song wat se woorde presies kom sê hoe jy voel en eintlik jou help om dit wat in jou hart is uit te bring en jou hart met God te kan deel…

Tydens hierdie reeks kom sê ook: daar is verskillende maniere waarmee God met jou kan praat en jy met God kan kommunikeer, waarvan musiek een van die groot maniere is. Het jy geweet dat meeste van die Psalms wat jy kry musiekstukke was wat geskryf het. Veral Dawid het ‘n klomp van hierdie Psalms geskryf en as jy dit lees hoor jy iemand wat deur hierdie musiekstukke sy hart uitstort voor die Here… Ook in hierdie Psalms hoor mens iemand wat inspirasie en woorde van die Here kry oor wat God vir hom wil sê… Ek dink aan iets soos die bekende Psalm 23 wat begin met die woorde: “Die Here is my Herder…. Ek kom niks kort nie…”

Tydens hierdie reeks kom sê ons ook dat nie noodwendige alle musiek is deur God geinspireer en het ‘n goeie boodskap nie. Daar is ook songs wat ‘n afbrekende verwoestende boodskap het. So, wees ook versigting waarna jy luister en watter invloed dit op jou het.

Wat ons eintlik ook tydens hierdie reeks wil doen is om een song te kies en te kyk na die boodskap van daardie song. Wat kom sê ‘n spesifieke song vir ons oor God, wat ons van Hom wil sê en Hy vir ons wil sê? So, vandag gaan ons stilstaan by ‘n bekende worship song met die naam “Great are you Lord.” As jy dit dalk nie ken nie, moenie bekommerd nie. Ek gaan nou saam jou deur die woorde van hierdie song gaan en na my preek gaan ons na die song luister en saam kan sing ook.
So, kom ons duik in!

“Great, are You Lord” is ‘n song wat reeds in 2012 geskryf is deur 3 worship leiers en liedjie skrywers: David Leonard, Jason Ingram en Leslie Jordan. Hierdie song het begin bekend word in 2013 toe die worship band “All Sons & Daughters” dit “live” opgeneem het en tans het dit oor die 22 miljoen views op youtube. Ek sit die youtube link ook vir jou in die beskrywing van hierdie video. Dit begin in die vers gedeelte met die woorde:
You give life, You are love
You bring light to the darkness
You give hope, You restore
Every heart that is broken
Great are You, Lord
Terwyl hierdie woorde nou op die skerm is, vra jouself: wat daarvan staan uit vir my? Wat van hierdie gedeelte praat nou met my?
So, kom ek sê jou wat vir my uitstaan: die eerste 5 frases van hierdie song begin met die woorde “You” met verwysing na God self: “You give life, You are love, You bring light to the darkness, You give hope, You restore every heart that is broken…” Mens sien dat die fokus van hierdie song word dadelik geskuif na wie God is en wat Hy doen. Ek dink soms raak mens so vasgevang in ons eie wêreldjie en lewe dat mens kan vergeet daar is ‘n lewende almagtige God wat in jou lewe betrokke is en dat jy sonder Hom eintlik nie eers sou bestaan nie.So, hierdie eerste vers kom sit die spotlight spreekwoordelik op die Here en gee ons ‘n geleentheid om te sê dis wie U is en wat U doen en as ons daaroor dink, dan kan ons nie anders as om te sê nie: “Great are You Lord.” Daar is niemand soos U nie…
En dan kom die koor gedeelte met die volgende woorde:
It's Your breath in our lungs
So we pour out our praise
We pour out our praise
It's Your breath in our lungs
So we pour out our praise to You only
Net daar waar jy sit, haal net so bietjie diep asem en blaas uit...Wow, wat ‘n gedagte om net weer te besef die asem wat jy het kom eintlik eerste van God af. As dit nie van Hom was nie, sou ons nie bestaan en geleef het nie. Daarom wil ek dankie sê daarvoor vir Hom deur Hom te prys! Dit laat my ook dink aan die Skrifvers in Hand.17 wat Paulus probeer die Grieke verduidelik wie hierdie God is wat Hy in verhouding mee staan. Hoor hoe stel Paulus dit:
'“Hy is die God wat die wêreld met alles daarin gemaak het. Hy is die Here van hemel en aarde, en daarom woon Hy nie in tempels wat met mensehande gebou is nie. Mensehande kan nie na sy behoeftes omsien nie, want Hy het aan niks behoefte nie. Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee. Uit een mens het Hy elke nasie van die mensdom gemaak, om oor die hele aarde te woon. Hy het die tye van hulle bestaan bepaal, en die grense van hulle blyplek. “God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan.” HANDELINGE 17:24-28a NLV

Ek hoop jy begin die boodskap agter hierdie song kry en dat dit ook jou kom inspireer om saam met hierdie song te sing en te verklaar oor God.
Dan die laaste deel van die song kom sê:All the earth will shout Your praiseOur hearts will cry, these bones will singGreat are You, Lord
Die Here die hele aarde en alles daarin gemaak om Hom te kan verheerlik en aanbid. Mag ek en jy ook ook erkenning kan gee vir die God van die heelal en saam met die skepping kom prys vir wie Hy is en wat Hy doen. Dan, gaan die woorde aan “these bones will sing…”. Dit klink na ‘n snaakse beskrywing maar dit verwys terug na ‘n gedeelte in die Bybel waar die profeet met die naam Esegiël ‘n tipe visoen kry waar die Here vir hom ‘n hoop geraamte bene van mense wys. Die Here vra toe vir Esegiel: Kan hierdie bene weer lewendig word? Esegiel antwoord dan: Here, U alleen het die antwoord hierop. Dan sê die Here vir hom: Praat met hierdie dooie bene en sê dat hulle moet luister as die Here praat. Sê vir hierdie bene Ek, die Here, gaan weer asem in julle blaas en julle sal weer lewendig word. Ek sal weer vleis, spiere en vel om julle sit en julle sal weet dat ek die Here is. Esegiel praat toe met die bene soos die Here vir hom gesê het en wat gebeur in sy visoen? Lees gou my in Eseg.37:
'Ek het toe met die bene gepraat, net soos die Here vir my gesê het. Die volgende oomblik, terwyl ek nog praat, was daar ’n groot geraas. Oor die hele vallei het die bene begin raas soos dit teen mekaar gekap en geskuur het. Die bene het elkeen beweeg na die ander bene van dieselfde liggaam. En liggame se bene het só by mekaar uitgekom. Terwyl ek nog kyk, het vleis en spiere gevorm wat om die bene gaan sit het. Toe het vel bo-oor elke liggaam gevorm. Maar al die liggame het leweloos op die grond bly lê. Toe sê die Here vir my: “Praat met die wind. Sê: So sê die Here, die God van Esegiël: Kom, wind, kom uit die vier rigtings van die aarde! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewendig kan word!” Ek het gedoen soos die Here my beveel het. Die volgende oomblik het die wind oor die liggame gewaai, en die liggame het begin asemhaal. Hulle het almal lewendig geword. Die skare liggame wat lewendig geword het, het op hulle voete gaan staan.' Esegiël 37:7-10 DB

Hierdie visoen wat Esegiel gekry het was eerstens ‘n profesie vir die volk Israel, dat die Here hulle wil herstel en hoop kom gee vir hulle toekoms, dat Hy nuwe lewe wil inblaas in hulle toekoms in.Maar ek dink daar is waarheid vir jou en my ook: Dalk beleef jy doodsbeendere in jou lewe… dalk voel jy geestelik dood, ver van God af, dalk voel jy dood in jou gemoed, jy voel miskien vasgevang in depressie… Dalk in jou gesondheid, finansies of mense verhoudinge beleef jy tans hopeloosheid. Dan wil die woorde van hierdie song tesame met hierdie gedeelte in Eseg.37 jou kom nooi om te besef hoe groot en goed God is… Hy is in staan om nuwe lewe oor die doodsbeendere van jou lewe te blaas en nuwe hoop en lewe te kan kom bring. Sodat jy ook kan sing: “Great are you Lord!”
So, op die einde van die dag is ‘n song soos hierdie geskryf om jou by ‘n plek te bring waar jy God wil en sal kan aanbid, want dis waarvoor ons geskep is - om God te kan aanbid.
Ek wil afsluit met die woord van bekende prediker en skrywer, Louie Giglio, wat die volgende kom sê oor aanbidding:
“Worship is our response, both personal and corporate, to God for who He is, and what He has done; expressed in and by the things we say and the way we live. Worship is when we give God His breath back” ~ Louie Giglio
Jy sien, jou lewe is God se geskenk aan jou… Hoe jy hierdie lewe vir Hom leef is jou geskenk terug aan Hom. Mag jou en my lewe getuig van mense wat erken wie God is en wat Hy doen. Mag ons ons lewens en asem voluit kan uitleef vir ‘n lewende liefdevolle God. .
Besprekings vrae:
1. Het jy al beleef dat musiek met jou gepraat het? Watter song was dit?
2. Wat van die song "Great, are You Lord" staan vir jou uit?
3. Wat van vandag se boodskap vat jy saam met jou vorentoe?