YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Goddelike Volharding

Goddelike Volharding

Sondag 26 September 2021 9h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com

Goddelike Volharding

Kyk die diens aanlyn
https://youtu.be/deVvv2VuMrM
Opening Skrif: Ps. 69:31
Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit neem.

JY HET GODDELIKE VERWAGTING NODIG OM GODDELIKE VOLHARDING TE KAN HÊ.
1) Volharding is om vasbeslote aan te hou en vas te hou
· ‘n Held is iemand wat bly volhard
· ‘n oomblik, ‘n minuut, ‘n uur, ‘n maand, ‘n jaar, en vir jare
· Volharding is wanneer jy in moeilike omstandighede nie tou opgooi nie… en dan is dit seker een van die moeilikste dissiplines in hierdie lewe
2) Daar is altyd uitdaagings:
a. Waarom wil ek volhard?
b. Is daar ‘n doel wat ek graag wil bereik?
c. Sal my volharding die moeite werd wees?
d. Vir hoe lank dink ek kan ek volhard?
BYVOORBEELD:
o In moeilike werks omstandighede?
o In ‘n moeilike huwelik?
o In moeilike finansieële omstandighede?
Daar sal letsels wees, dit is nie swakheid nie, maar tekens van volharding.
Almal beleef ‘n platslaan in sekere situasies!
· Om egter op te staan is ‘n besluit;
· Volharding is gekonsentreerde geduld en lankmoedigheid.
Probleme sal altyd uitdaagings bied.
Jy kan egter nooit toelaat dat dit jou geloof beinvloed nie.
In ‘n probleem en uitdaaging is dit maklik om op die pyn te fokus in plaas van die uiteindelike doel.
3) Om te volhard moet jy sekere laste afgooi sê Fil 3:14. Hê ‘n morele en ‘n geestelike teiken.
Paulus het Stephanus se klere vasgehou tot die skare hom gestenig het en hy moes “vryspraak” aanvaar en dan voort gaan tot ‘n voller lewe van geloof en gehoorsaamheid.

Jy kan nie volhard met gister se laste op jou skouers nie..
We must be patient and filled with expectation.'

Geduld het te doen met volharding en volharding het te doen met verwagting!

Verseker verwag ons Jesus se tweede koms

4) Dink aan die volgende begrippe:
· Geduld;
· Deursettings vermoeë;
· Uithou vermoeë
Dit praat van God se geduld.
· 120 Jaar van God se Geduld vir Noag se geslag want die boosheid van die mens op die aarde was groot;
· In daardie tyd was Noag se lewe ‘n preek.
As gevolg van God se genade in jou lewe, is jou lewe ‘n preek stoel of van geregtigheid of van ongeregtigheid JY KIES!

· Die bou van die ark vir 120 jaar was ‘n sigbare fisiese bron van ontsnapping ten opsigte van die oordeel;
· Vandag is Jesus ons ark van ontsnapping.

Soos is Noag se dae moet my lewe ‘n preekstoel wees van geregtigheid en genade, nie van foutloosheid nie.

120 Jaar was ‘n beperking op die aarde se boosheid en in daardie tyd was God geduldig. Hy het Volhard in Geduld maar na 120 jaar sê God GENOEG.
5) Nou die 120 jaar? As jy glo dit is hoe oud jy gaan word? Reg so? Wees geduldig.

a) Geduld is dus om soms niks te doen – God het vir ‘n 120 jaar niks gedoen nie
b) Deursettings vermoeë is om iets wat jy doe naan te hou doen
c) Uithou vermoeë in die Grieks is om “onder te bly” Jy probeer nie ontvlug nie. Jy volhard ten midde van op geestelike, emotionele en fisiese gebied.

As Jak 5:7 sê ‘wees geduldig tot op die wederkans van die Here dan sê hy jy moet al 3 begrippe begrip:
· Geduld;
· Deursettings vermoeë;
· Uithou vermoeë, in voorbereding vir die tweede koms van die Here.


Hierdie begrippe is moeiliker vir mans as vir vrouens.

Die kern van ware Goddelike volharding is:
1) Om nie gou tou op te gooi nie
2) Om nie handdoek in te gooi nie
3) Om nie te gou moed te verloor nie
WAARIN OF WAARMEE MOET JY VOLHARD?

STERKTE IN JESUS KAN JY ALTYD TRIOMFEER!
Jesus liefde, Nevil

NB: Wat gaan jou antwoord wees en gaan jy eerlik wees?
Offergawe Skrif: Spr. 3:6-10
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819