YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Stabiliteit in Kwesbaarheid

Stabiliteit in Kwesbaarheid

Sondag 15 Augustus 2021 9h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com
Opening Skrif: Ps. 121:1-2
Preek notas
1. Wat die mens betref is stabiliteit 'n standvastigheid en fermheid van karakter.
i. Jy is stabiel in onstabiele situasies en omstandighede.
ii. Mattheus 7. Gelykenis van twee huisbouers ... een op sand en die ander een op rots.
iii. Rotsbouers se huise staan in die storms van die lewe of dit fisies of emosioneel is.
NB. Deur die triomf van die kruis is die Here alles vir ons, dit is ons anker plek van oorwinning. Christus is die bron, terwyl die kruis die middel is.
Die krag van God lê in die feit dat jy glo en daarom bou jy jou lewe op Jesus (die Woord - die Rots) - dit is 'n stabiele fondament.
i. Elke mens het 'n openbaring nodig dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God.
ii. Met so 'n openbaring word jy deel van Jesus die ewige rots.
iii. Jy word in die rots (Jesus) en so bou die Here Sy kerk.
2. Eers wanneer ek geskud word sal ek weet hoe stabiel ek is.

Byvoorbeeld:

1. Die dood van 'n geliefde. Is jy hier geskud?
2. My gesindheid.
3. My werk situasie.
4. My finansiële situasie.

Vraag: Wat gee stabiliteit in 'n negatiewe situasie?

i. In 'n negatiewe situasie neig ons as mens om te onttrek ten opsigte van ons getuienis in plaas daarvan dat ons getuig ten opsigte van God se goedheid en getrouheid.
Jeremia het hoop verloor, toe onthou hy iets wat sy hoop herstel het naamlik God se groot genade. Goedentierenhede - 'Hesed' in Hebreeus, ook vertaal as God se verbonds liefde of sy getroue liefde wat met deernis gekoppel is.
3. In 1 Kor 15:55-58 praat Paulus oor die dood van Christus en die triomf oor die dood.

NB. Vooruit en vooraf dank ons die Here dat Hy alreeds vir ons die oorwinning vir ons in Christus gegee het.
Ons harte moet in die Here en Sy Woord geanker word en om dit te doen, dink aan hoe die Here oor jou voel: Jeremia 21:30:
... My ingewande is in beroering oor jou.

i. En dan hoe behandel die Here ons?
God vergewe om Sy ontwil.

i. God is die pottebakker en Hy is lankmoedig en bly die klei pot van jou en my vorm.
4. Soms is ons egter kwesbaar en as gevolg van 'n situasie of gebeurtenis word ons gekwes.

NB. Jy is 'n mens en jy het ook 'n binnenste.

i. Jy is gekwes! Nou loop jy rond soos 'n gewonde dier en jy byt, bekla jou lot of gee boedel oor (selfs selfmoord). Waar staan jy?
ii. Kwesbaarheid is nie noodwendig 'n teken van swakheid nie, maar 'n bewys van hoe sterk jy geestelik of emosioneel is nadat jy gekwes is.

NB. Efesiers 6:10. Sommige mense is geestelik gewond as gevolg van die vurige pyle van die vyand ('n pyl wat brand kan permanente skade aanrig).

iii. Jy sê dan hardop: Here ek verstaan net ten dele. 1 Kor 13:12-13 Liefde (agape liefde) moet die oorheersende faktor wees ... En al verstaan jy nie jy glo (Rom 8:28) dat alles ten goede meewerk ...

Soms wil ek verstaan hoe alles ten goede meewerk, dan onthou jy, jy kyk in 'n spieël en 'n raaisel en jy ken net ten dele.
1. Is jy eerlik met jouself op alle gebiede.

i. Eerlikheid oor dit waarmee jy sukkel.

Byvoorbeeld jy moet erken dat jy 'n sondaar is voordat jy besef jy het 'n Redder en Verlosser nodig (Romeine 3:23).

ii. Jy kan net van iets verlos word as jy erken dat jy 'n probleem het.
iii. Fondamenteel is ons verhoudings wesens en juis daarom kwesbaar.
iv. Ons wil dissipelskap sterk aanbeveel, dit maak jou verantwoordelik en verantwoordbaar.
5. 'n Kykie na kwesbaarheid

6. As jy liefhet en jy behoort, is jy kwesbaar vir seerkry.
ii. Ons kry seer, word gekwes in persoonlike verhoudings, familie ... werks en geestelike verhoudings.
iii. Jy is geskei, het nie promosie gekry nie, regstellende aksie.
iv. Jy is verkleineer of verneder en dit het seer gemaak.

NB. Vraag: Ouers, word jou kind by die skool geboelie? Het iets in hulle gedrag verander?

v. Bid vir wysheid en praat met jou kind.
vi. Ons moet deel met fisiese pyn, iets is verkeerd, maar ons moenie emosionele pyn vermy nie.
7. Covid: Inent of nie inent nie.
Dra jou kruis, maar kry hulp.

vii. As jy die een is wat seer maak? Hoekom het jy nog seer?

NB. Om emosionele behoeftes te hê maak jou nie behoeftig nie, net menslik

viii. Vrees. 'n Natuurlike vrees is normaal bv. vir slange. Onnatuurlike vrees: jy het verlossing nodig.
ix. Pyn sê is iets is verkeerd.
i. Regverdiges leef deur geloof! Wat nie uit geloof is nie, is sonde (Romeine 14:23).
ii. Gelowiges word deur die Heilige Gees gelei as jy Hom toelaat (Romeine 8:14).

NB. Jy glo dat jy ingeent moet word! Reg so. Doen jy wat jy doen in geloof en word jy deur die Heilige Gees gelei - reg so - leef net in liefde met mekaar (Galasiers 5:14).

Amen
i. Na vryspraak moet die wond nog genees.

Vraag: Het jy vrygespreek? Is die wond al genees?
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819