YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Is Jou Glas Half Vol Of Half Leeg

Is Jou Glas Half Vol Of Half Leeg

Sondag 8 Augustus 2021 9h00 - Ernie de Meyer

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com
Opening Skrif: Ps 62:6 - 7
Elkeen van ons het ʼn binne wêreld belewenis en buite wêreld belewenis. Dit wat aan die buite kant beleef word het ʼn invloed op ons binne wêreld.
Paulus beskryf sy wêreldse ervaring as volg - Hy het geleer om vergenoegd te wees!
In jou eie binnewêreld gaan jy moet rekenskap gee aan jouself rondom hierdie vrae...

- Ons word gekonfronteer in hierdie tyd om te kies na wie gaan ons ons ore uitleen?
- Wat gaan jou gedagtes beïnvloed?
- Waarmee gaan jy jouself besig hou?
- Hoe gaan jy jou lig laat skyn in 'n donker wêreld?
Moses en die tien gebooie: God se intensie was om verhouding te vestig! Wat veronderstel was om n positiewe belewenis te gewees het was ʼn negatiewe ervaring vir die volk!
In die konteks van jou verhouding met die Here, wil die Here ons vandag kom uitnooi dat as ons half leeg is, Hy ons kom volmaak en as ons half vol is Hy ons kan gebruik om ander te gaan bereik!
1. Jou gedagtes: Een van die grootse uitdagings van ons tyd is die wat ons gaan toelaat om ons gedagtes te vorm!
- Word jy beïnvloed deur die wêreldse dinge of beïnvloed jy die wêreld deur die Here se dinge?
- Hierdie wêreld en sy dinge gaan nog meer boos raak soos wat ons nader aan die einde beweeg!
1.1. 'n half leeg mens se gedagtes:

- Word oorweldig deur dit wat in die wêreld gebeur
- Word deur elke wind van lering heen en weer gedryf en vind geen standvastigheid nie
- word oorweldig deur die bekommernisse en laste van sy eie omstandighede en laat nie toe dat geloof gevestig word nie.

1.2. 'n half vol mens se gedagtes:

- Hierdie wêreld is ons tydelike woning, en besef dat ons gedagtes moet op ons ewige woning fokus
- Is standvastig geplant op die beloftes van die Here, al is hulle omstandighede moeilik!
- Leef in geloof en oortuiging dat die Here sal deurkom in elke situasie!
2. Jou woorde: Dit wat jy spreek ontsluit die Here se potensiaal oor jou lewe.
2.1 'n half leeg mens se woorde:

- Breek af
- manipuleer
- Is negatief

2.2. 'n half vol mens se woorde:

- Bou op
- Is woorde van bemoediging al is daar vermaning ook nodig
- 'Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. (1 Kor 14:3)
3. Jou dade: Dit wat jy doen bepaal wat jy glo. Jy kan nie een ding glo en 'n ander ding doen nie.
3.1. 'n half vol mens se doen:

- dinge in die geheim - donker
- om deur mense gesien te word - fariseërs wat op die hoeke van strate te gaan staan om deur die mense gesien te word!
- Vir selfsugtige motiewe - die ryk jongman

3.2. 'n halfvol mens

- leef in die lig - weet dat hulle lig vir die wêreld moet wees
- doen dinge om deur die Here gesien te word - 'Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. MATTHÉÜS 6:3-4https://my.bible.com/bible/5/MAT.6.3-4
- om ander mense eerste te stel...
Offergawe Skrif: Lukas 6:38
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819