YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Meyersdal

Vriende wat omgee

Vriende wat omgee

Friends

Locations & Times

Doxa Deo Meyersdal

10 Grey Villea St, Meyersdal, Alberton, 1448, South Africa

Sunday 9:16 AM

Hierdie tyd van isolering en inperking laat my eintlik dink aan een van my gunsteling flieks: “Cast Away” van Tom Hanks. Dit was omtrent 20 jaar terug?
Gaan oor ‘n man wat gestrand is op ‘n eiland, stok siel alleen.
Hy het so desperaat geraak vir geselskap, dat hy ‘n bal bevriend het. Die bal se naam was Wilson. Wilson het so “real” geraak vir hom dat toe hy uiteindelik van die eiland af ontsnap met ‘n self gemaakte vlot, val Wilsonper ongeluk in die water en hier is wat gebeur: “speel clip”.
Ek wil met jou praat oor die waarde vriendskap.

Dink gou-gou, hoeveel songs ken jy wat oor vriendskap gaan?
- Sal ons ou vriende ooit vergeet
- Friends in low places – Garth Brooks (1990)
- I get by with a little help from my friends – Beatles (1967)
En dan natuurlik die tema lied van die bekende tv reeks: “Friends” (1995)
'll be there for you; (When the rain starts to pour); I'll be there for you (Like I've been there before); I'll be there for you ('Cause you're there for me too).
Ons skop vandag ‘n nuwe reeks af oor vriendskap en familie en omgee. Ons noem dit dan ook “Friends”.
Die sleutel skrif vir die reeks is Spreuke 17:17 in die Message vertalling:
Friends love through all kinds of weather, and families stick together in all kinds of trouble. (Pro 17:17 msg)
Een van die eerste dinge wat ek en Rene opgemerk het hier in Doxa Deo Meyersdal, is die hartlikheid van ons mense. Julle is mense wat omgee en lief is vir mekaar. Toe ons Covid opgetel het, het mense dadelik uitgereik na ons toe. Op ons bid groepe sien ek hoe die ouens laat weet vir wie gebid moet word en dan sal hulle vra, hoe gaan dit nou met so en so?
Dis so mooi om te sien hoe kosbaar vriendskap vir julle is en nou is ons ook deel daarvan te kan wees.

Die tema van vriendskapis regdeur die Bybel een van die sleutel temas. Ons lees in Jesaja 41 van Abraham wat ‘n vriend van God genoem word. Ons lees oor die kosbare vriendskap tussen Dawid en Jonatan. Die mooi vriendskap tussen 4 jong manne Daniel en sy 3 vriende, ons lees van die vriendskap tussen skoonma en skoondogter in die storie van Naomi en Rut.

Die 1ste vraag wat opgeteken is in die Bybel het gegaan oor verhouding, in Genesis 4:9 waar die Here vir Kain vra, waar is jou broer Abel? En Kian antwoord met ‘n teen vraag: Is ek my broer se oppasser?
Shamar – “to guard; to protect, to attend to, to keep, to wait (for), to watch”

Dis wat ons sien in die vriendskappe waarvan ek nou net verwys het.

Dis hoekom Spr 18:24 praat van ‘n vriend wat nader is, as ‘n broer.
Daai is ‘n radikale stelling, want in die antieke Joodse konteks, was familie alles. Jou hele bestaan het rondom jou familie gedraai en so niks was belangriker as familie nie. Maar die realiteit selfs toe, was dat daar vriendskappe was wat nader was, selfs as familie.

In die Nuwe Testament sien ons hierdie gedagte ratte verwissel as die verhouding tussen alle gelowiges uitgedruk word in familie terme. Hulle begin mekaar broer en suster noem. Nie op ‘n “heilige godsdienstige” tipe manier nie, maar op ‘n “genuine”: “hierdie ou is nou soos my eie broer” manier.

En ons begin baie te doen kry met die mekaar gedagte:
Aanvaar mekaar – Rom 15:7
Bou mekaar op – Rom 14:19
Vergewe mekaar – Eff 4:32
Vermaan mekaar – Heb 3:13
Dien mekaar – Gal 5:13
Dra mekaar se laste – Gal 6:2
Gee om vir mekaar – 1 Kor 12:25
Bid vir mekaar – Jak 5:16

Hierdie is die woordeskat van ware vriendskap. Dis die goed waaroor ons lees in die stories van Dawid en Jonatan en van Naomi en Rut, dis die kameraderie wat daar was tussen Daniel en sy 3 vriende.

Dis die eienskappe wat ons ook sien in Jesus, die manier hoe hy gewerk het met sy dissipels en selfs die sogenaamde sondaars van sy tyd.

Hier is wat hy vir Sy dissipels sê:
… Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. (Joh 15:15 ant)

Vriendskap is so belangrik VIR Jesus dat hy dit wat Hy van Sy Vader hoor, koppel aan vriendskap.

Hier’s wat Jesus nog sêoor vriendskap:

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
(Joh 15:13 aov)


Ek dink dat hierdie tyd waarin ons nou is, waar ons nie in een gebou bymekaar kan kom nie. Waar ons moet distansieer en isoleer. Juis in hierdie tyd, is vriendskap so belangrik. So belangrik, soos wat dit was vir Jesus. Nie Facebook tipe vriendskap nie, hierdie boek se vriendskap.

Ek weet dat jy dit waarskynlik reeds doen, dat jy uitreik na jou vriende. Dat jy vir hulle bid en hulle bel om te sê jy bid vir hulle. Dat jy uitreik en help waar jy kan met wat jy kan. Medisyne optel, kos gaan koop, etes aflaai. Dankie dat jy dit doen.

Kan ek jou uitdaag vandag, dat jy jou vriende kring so bietjie groter maak. Dalk uitreik na jou bure, of ‘n kollega wat jy nie so goed ken nie. Iemand by die kerk wat jy op Facebook al gesien het maar ook nie eintlik so goed ken nie.

Ons kan nie toe laat daar daar mense is, wat soos Tom Hanks voel in Cast away nie...

Jy hoef nie al die antwoorde te hê nie, jy het ook nie nodig om alles regte kan maak nie:

Storie:
‘n Ma het haar dogtertjie gestuur om iets by die winkel te gaan koop. Sy het baie lank weg gebly en toe sy uiteindelik by die huis kom wou haar ma weet waarom sy solank weg was. Die dogtertjie het verduidelik dat sy op pad ‘n maatjie ontmoet het wat besig was om te huil oor haar pop wat gebreek het.
O, het die mamma gese, toe het jy gebly om haar te help die pop regmaak. Nee, se die dogterjie... ek het gebly om haar te help huil.


Ons het ‘n gesegde in Doxa Deo, ons praat oor “moving from concern to compassion”!

Ons gaan nou nagmaal gebruik, in hierdie volgende paar minute. Soos jy dit gereed kry wil jy nie die name van vriende wat siek is of in nood is vir ons op die chat sit nie. Terwyl ons saam nagmaal hou, kom ons harte gaan uit in gebed vir daai vriende van ons. Veral ook vir hulle wat jy dalk nie ken nie.

One Another Passages

Hier is nog "mekaar" skrif gedeeltes in die woord.
https://www.dropbox.com/s/b4j4kjlx6zqkcs5/OneAnotherPassages.pdf?dl=0