NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 4 Julie 2021 en Maandag tot Vrydag, 5 tot 9 Julie 2021
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 4 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid –
Fokus op jou asemhaling en haal ’n bietjie dieper as normaalweg asem, sodat jy ’n bietjie kan afskakel van die dinge wat op die oomblik deur jou gedagtes maal. Laat dit vir jou voel asof jy afblaas. Fokus op die aangename gevoel van rus wat dit jou gee. Met elke uitasem is dit asof jy stukkie vir stukkie van die spanning in jou ontsnap. Dit kan voel of jy stukkie vir stukkie in jouself afsak, in jouself tot rus kom (+- vir 2 minute).
Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou en kom tot rus.
Gebed -
Gees van die lewende God,
wees die tuinier van my siel.
Hoe lank wag ek nou al op U – stil – in ‘n koue winter van my siel.
Maar nou, in die kragtige naam van Jesus Christus, waag ek om U te smeek:
Hark weg die dooie blare van die verlede
Vergruis die harde kluite van my weerbarstige gewoontes en groewe
Werk diep in my in die ryk kompos van nuwe visie en vreugde
Plant diep in my siel u lewegewende Woord
Versorg, gee water, koester my hart
Totdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom.
Amen.
Lees die teksgedeelte, Markus 6:1-13.

Kinderoomblik -
Wanneer laas was julle as gesin met vakansie? Kamp julle gewoonlik of besoek julle familie? Gaan julle see toe, berge toe of dalk plaas toe? Neem julle padkos saam vir die langpad? En wat pak julle nog in? Dis lekker om vir ‘n vakansie of roadtrip te beplan sodat ‘n mens in alle omstandighede voorbereid kan wees. In Markus 6 lees ons dat Jesus sy 12 dissipels uitgestuur het op ‘n “roadtrip”, maar met ‘n ander rede as vakansie. Hulle moes die evangelie gaan deel met ander mense. Hulle kon nie brood of ‘n reissak om op te stok langs die pad of geld saam vat nie. Hulle kon ook nie twee kledingstukke aangetrek het nie. Hulle mag net ‘n wandelstok vat en sandale dra.
Hulle moes Jesus se voorbeeld volg, eenvoudig gaan en leer om Hom te vertrou. Hy rus hulle toe vir hulle taak. Daarom was hulle op ‘n ander manier wel voorbereid vir hulle taak. Hulle moes ook op ander mense se gasvryheid staatmaak.
Watter deel van Jesus se opdrag aan sy dissipels is vir jou vreemd? Waarom dink julle moes die dissipels skoene aantrek, maar nie ekstra klere saamvat nie? Hoe sou jy voel as jy hierdie opdrag van Jesus af kry? Hoe sou ‘n mens vandag hierdie opdrag kon uitvoer? Waarheen sou julle gaan en vir wie sal julle van Jesus vertel? Waarom dink julle moes die dissipels twee-twee saam gaan?
Bid: Maak ‘n lys van mense of groepe wat nodig het om Jesus se liefde te ervaar en bid vir hulle.
Doen: Hang ‘n paar skoene by julle voordeur met die woorde “Jesus stuur ons” daarby. Elke keer as julle uitgaan en die skoene sien, kan dit julle daaraan herinner om draers te wees van die evangelie in die wêreld.

Agtergrond -
Markus 6:1-13 is deel van ‘n breër gedeelte in die Markus evangelie wat strek van Markus 1:16-8:26. Hierin tree Jesus met groot gesag in Galilea op. Hy doen wonders en onderrig die dissipels en die skare, hoofsaaklik deur gelykenisse. In vanoggend se gedeelte hoor ons eerstens hoe Jesus se eie tuisdorp Hom verwerp en hoe hy dan sy twaalf dissipels uitstuur.
Markus 6:1-13 staan in stalle kontras met die voorafgaande gedeelte (5:21-43). In plaas van geloof is daar ongeloof. Die vyandigheid wat Jesus hier ondervind, sluit aan by die teenstand waarvan Markus reeds vroeer in sy evangelie vertel. Vergelyk by voorbeeld Markus 3:31-35.
In die eerste eenheid van vandag se fokusgedeelte (v 1-6a) keer Jesus na die dorp waar Hy grootgeword het, terug. Aanvanklik reageer die mense in die sinagoge met verwondering oor Jesus, oor sy wysheid, gesagvolle onderrig en die wonderdade wat hy gedoen het. Hy maak ‘n groot indruk op die mense, maar die verwondering het gou plek gemaak vir verwyt en verwerping.
Toe die dorpsmense besef dat hulle vir Jesus ken, dat hulle sy familie en plek van herkoms ken, het hulle dientjie vinnig verander. Dit was ‘n struikelblok vir hulle. Die mense kon net nie deur hulle harde en onverdraagsame vooroordele breek nie.
Hulle het gewonder hoe hy met soveel wysheid kan praat en wonderdade kan doen as hy maar net ‘n skrynwerker was uit ‘n skrynwerkergesin, Maria se seun, wat daar tussen hulle groot geword het. Die wysheid wat hy getoon het en die wonderdade wat hy gedoen het, het vir hulle nie gepas by die posisie van ‘n skrynwerker, ‘n ambagsman in daardie sosiale konteks nie.
Jesus se dorspmense het ook geweet hy het nie “kweekskool” toe gegaan nie. Hy het nie opleiding gekry as rabbi of skrifgeleerde nie. Wie is Hy dan nou om vir hulle te sê. Hulle het seker gedink dat God nie ‘n magtige profeet uit ‘n eenvoudige gesin uit Nasaret sou roep nie. Jesus was eenvoudig net te gewoon, te eenvoudig vir so iets buitengewoons. Dit voldoen nie aan hulle prentjie van die Messias nie.
In die samelewing van destyds was dit ook baie belangrik dat jy jou plek ken. Nou ken Jesus nie Sy plek nie. Hy tree op asof Hy iemand uit die boonste klas is.
Op grond van hierdie dinge verwerp hulle Jesus en het aanstoot geneem. Markus 6 sinspeel reeds op die toekomstige kruisiging van Jesus, wanneer Jesus se verwerping uitgebeeld word.
In die tweede deel van vanoggend se skrifgedeelte, vers 6b-13, gaan Jesus in die dorpies in die omgewing rond en leer die mense. Jesus stuur dan die twaalf dissipels twee-twee uit. Die dissipels was waarskynlik twee-twee uitgestuur omdat dit destyds gevaarlik was om alleen te reis. Aan die anderkant was twee persone volgens die Joodse gebruik nodig om die waarheid van ‘n saak te bevestig.
Hulle sending is ‘n voortsetting van Jesus se sending in die wêreld.
Soos Jesus het die dissipels ook as gestuurdes verkondig dat die koninkryk van God naby gekom het en dat mense hulle moet bekeer en glo.
Hulle het ook soos Jesus demone uitgedryf en siekes gesond gemaak. Jesus is die Een wat hulle gesag gegee het oor die onrein geeste. Hy het hulle toegerus vir hulle taak.
As gestuurdes was hulle taak om te gaan praat oor Christus en die koninkryk van God wat op hande is, maar ook om dinge te doen, tekens opgerig wat wys dit is op hande, soos Jesus. Die koninkryk van God breek deur waar mense na die dissipels se boodskap luister – só is hulle besig om die bose te verdryf.
Die dissipels moes eenvoudig gaan en lig reis as volgelinge van Jesus om die goeie nuus te versprei. Jesus stuur die dissipels op dieselfde sosiaal onaanvaarbare weg as wat Hy bewandel het.
Die voorskrifte waarmee die dissipels gestuur word, gaan maar eintlik oor twee sake. Dit is om afhanklik van God te wees en om enige vorm van selfverryking of gemaksug te vermy.
Die dissipels moet egter nie hulle boodskap forseer op die wat nie toeganklik is vir dit nie. Hulle moet die stof van hulle voete afskud en aan beweeg met hulle gestuurde roeping. Die afskud van stof op mens se voete was ‘n simboliese daad wat sê dat mens niks meer met daardie plek te doen wil he nie. Dit kon ook dien as ‘n oordeelsaankondiging.

Praktiese aktiwiteite vir die week -
Wys die lewensveranderende liefde van Jesus vir ander mense.
Oefening: Getuienis is hoe ons vir mense van God vertel. Ons doen dit eers deur ons dade en dan ook deur woorde. Gaan vertel vir iemand wat jy ken 'n verhaal uit jou lewe wat wys wat God vir jou beteken. Dink aan 'n gebed wat die Here verhoor het of hoe Hy jou deur 'n moeilike tyd gedra het.
Gebed -
O Here, dink aan u beloftes en vervul dit in ons lewens:
waar ons swak is, gee krag
waar ons verward is, gee leiding
waar ons ontsteld is, gee troos
waar ons dood was, bring lewe
Weg van U af, o Here, is ons niks.
In en met U, kan ons alle dinge doen.
Amen.
Seën -
Mag die Here Jesus Christus by jou wees om jou te beskerm;
binne-in jou wees om jou te verfris;
rondom jou wees om jou te bewaar;
voor jou wees om jou te lei;
agter jou wees om jou te regverdig;
bo jou wees om jou te seën.
Hy wat saam met die Vader en die Heilige Gees
leef en regeer – God vir ewig en altyd.

Weekprogram vir 5 tot 9 Julie 2021
Maandag, 5 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Markus 6:1-13 en 2 Samuel 5:1-5. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit of wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Die Markusevangelie volg Jesus se bediening en ewe vanaf sy tuisgebied in Galilea tot in Jerusalem waar Hy gekruisig word en uit die dood opstaan. ‘n Sentrale vraag wat Markus stel, is: Wie is Jesus? Regdeur Markus se Evangelie sien ons telkens dat Jesus mense konfronteer en die goeie nuus van God se koningkryk met hulle deel. Alhoewel talle tot geloof kom en Jesus as hulle Verlosser aanneem, is daar ook diegene wat skepties is en ander wat Jesus as die Messias heeltemal verwerp. Hierdie gedeelte in Markus maak ons bewus daarvan dat baie mense gesukkel het om Jesus aan te neem as die verwagte Joodse Messias. Die werklikheid oor Jesus se identiteit en sy bediening wat vir sommige net te ver verwyder van die Joodse verwagting. Mense staar hulle blind teen Jesus se nederige herkoms en dit verhinder hulle om hulle aan Hom oor te gee.
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 6 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Markus 6:1-13 en 2 Korintiërs 12:2-10. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
In Koningkrykstyd is die kerk veral bewus van die Here se teenwoordigheid en werking in gelowiges se lewe. Dis in God alleen waarin gelowiges se krag en lewe lê. Dis God Drie-enig wat gelowiges uitstuur en bemagtig om die goeie nuus van die evangelie met die wêreld te deel. Hierdie teks herinner ons nie net aan ons opdrag nie, maar ook dat ons alleenlik op God moet vertrou.

Woensdag, 7 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, Markus 6:1-13 en Psalm 48. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit, wat gee vir jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Jesus stuur volgens hierdie teks sy dissipels twee-twee vooruit om sy boodskap met mense te deel en wonders te doen. Jesus probeer sy dissipels twee belangrike lesse leer: 1) die reis wat voorlê waneer Hy nie meer met hulle gaan wees nie, gaan moeilik wees, maar hulle sal nooit alleen wees nie; 2) hulle moet op God allee vertrou, nie op hulleself of materiële dinge nie.

Donderdag, 8 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Markus 6:1-13 en 2 Samuel 5:1-5. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Dis soms vir ons as gelowiges moeilik om alles op die spel te plaas vir ons geloof. ‘n Mens kan maklik verlore raak in die nastreef van materiële besittings of geld. Jesus vra egter dat ons alles sal neerlê ter wille van die omgekeerde koningkryk wat Hy verkondig. Dis moeilik om die mag wat materiële dinge oor ons het te laat gaan, maar dis wel ‘n belangrike deel van dissipelskap.

Vrydag, 9 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Markus 6:1-13 en 2 Korintiërs 12:2-10. (Dit verskyn heel onderaan.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Hierdie week se leesroostertekste beklemtoon almal dat ons ons krag in God vind. Ons behoort nie te roem in ons eie vermoëns nie, maar behoort eerder te erken dat dit God alleen is wat ons elkeen ondersteun en versterk. Uitdagings is deel van die lewe en kan nie voorkom word nie, maar dis die drie-enige God wat ons daardeur lei, versterk en ondersteun.