Bible App logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Bly Sterk en Bly Gereed

Bly Sterk en Bly Gereed

Sondag 30 Mei 2021 9h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, laai gerus die Church Center app af of besoek:
https://lewendewoord.churchcenter.com
Opening Skrif: Spr. 4:23

Bly Sterk en Bly Gereed

Kyk die deins
https://www.youtube.com/watch?v=hm1CDtu6Ndc
Ons krag kom van die Here, en ons deel is om geklee te wees in God se wapenrusting.
1. "Wag" is "gevah" - om saam gebind te word met die Here - 'n saam draai; saam geweef. Dan word ons wil Sy wil - dan beloof Hy krag vir die lewenswedloop.
"Bybel in Praktyk" lees so: "Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie".
"The Passion Translation" lees so: "bold power and glorious majesty are wrapped around her"
2. Gedagte om sterk te bly

2.1 Wees gereed om jou swakhede te erken:
- Moenie probeer om 'n meester onseker draer te word nie, dit sê jy het onsekerhede wat jou lewe beheer.
- Vraag: Is dit dalk jy?
- Paulus het 'n sterk lewe gehad, nogtans was daar swakhede en onsekerhede en hy moes dit erken en herken.
2.2 'n Sterk lewe is altyd gereed vir groei:
- Groei jy in guns by God en by mense?
- Wysheid is die regte toepassing van kennis, maar daar moet 'n toepassing van die wysheid wees.
2.3 Hê sterk Prioriteite:
- Wandel deur die Heilige Gees.
- Wanneer jy prioritiseer sal jy gereelde ondersoek doen en dan sal jy nie deur noodgevalle beheer word nie.
Voorbeelde:
1. Tandaarts besoeke,
2. Motor dienste,
3. Mediese ondersoeke ens.
- Moenie die harde manier leer as jy nie die maklike manier volg nie.
2.4 Wipwaentjie/wipplank emosies:
Ons het almal aan en af dae in ons lewens, maar as gelowiges moet ons leer om ons emosies in die ewige Woord van God te anker.

- Die vrees van die Here help ons om nie deur vrees van mense beheer te word nie.
- In die Arimeers kan dit ook lees: Die openbaringslig van die Here help ons om nie deur die vrees van mense beheer te word nie.
- Is dit dalk jy, en deur wat word jy beheer?
2.5 Jy anker jou hart deur lof, gebed en aanbidding:
- Ek wil die Here altyd loof, Sy lof sal altyddeur in my mond wees, en ek sal Hom vind.
2.6 Sterk Christene raak van onnodige begasie ontslae:
- Vaartbelyning is belangrik, jy gooi dit af wat vir jou weerstand bied.
- Vraag: Watse tipe bagasie dra jy onnodiglik?
Bagasie soos: Bekommernisse, angs, stress, vrees, 'n slegte gewoonte, onverfignis.
3. Leef gereed:

3.1 Gereed vir 'n totale verandering.
3.2 Vir 'n beweging van die Gees van God.
3.3 Vir die wegraping.
3.4 Om bemoedig te word gebasseer op die woord van God.
3.5 Gereed vir 'n oop deur; 'n deurbraak; 'n promosie.
3.6 Gereed om te gee; te reageer; te werk (enige werk).
3.7 Gereed om te ontvang.
3.8 Leef gereed vir die heerlikheid van God om geopenbaar te word.
NB: Wees 'n Generasie van bestemming en glo dat jy die heerlikheid van God sal sien in jou leeftyd.
NB: Gereed vir die "Skierlike van die Here" soos op die dag van pinkster.
Jesus liefde, Nevil
Offergawe Skrif: Markus 12:44
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://lewendewoord.churchcenter.com/channels

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.churchcenter.com/people/forms/226819