NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 28 Maart 2021 en Maandag tot Vrydag, 29 Maart tot 2 April 2021
Geestelike samesyn en geloofvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 28 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid –
Doen die oefening soos hierbo.
Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed - Annemie Bosch
Here!
Ons loof U omdat U so vreeslik wonderlik is,
omdat U luister as ons met U praat –
nie net na ons woorde nie,
maar ook na die diepste versugtinge van ons hart.
Gee ons die genade, Here,
om met daardie selfde openheid
na mekaar te luister
– sodat ons werklik sal hoor.
Skep U self ‘n stilwees in ons,
– sodat ons mekaar kan verstaan.
Te dikwels, Here, kan ander nie hoor wat ons sê nie,
omdat ons te moedeloos of te gejaagd is
om die regte woorde te probeer vind …
en dan verwag ons dat familie en vriende
en ander bevolkingsgroepe of nasies moet weet
hoe ons voel of wat ons standpunt is!
Ons formuleer nie duidelik nie,
en ons luister ook nie.
Here, ek weet ek is self hieraan skuldig.
Verander my gesindheid.
Lê U self die liefde in my hart
en die regte woorde in my mond.
Help my sodat my idees oor U, of oor ander mense,
nie in die weg staan van die werklikheid nie.
O, Heilige Gees, verander my en maak my nuut.
Skep in my ‘n hart wat kan hoor en begryp.
Ons gesinne verbrokkel, o Here,
omdat ons nie werklik kommunikeer nie.
Verhoudinge tussen die groepe in ons land kwyn
omdat ons vaskyk teen karikature
wat ons self opgebou of deur die media geabsorbeer het.
In die Naam van ons Here, Jesus Christus, bid ek:
Here, gee ons oë om mekaar werklik raak te sien,
en ore om te hoor sodat ons saam na U kan luister,
ons hande na mekaar kan uitsteek
en saam kan werk aan ‘n beter toekoms vir almal.
Here, kom ons ongeloof tot hulp!
Amen
Lees die teksgedeelte, Johannes 12:12-16.

Wat is Pase?
Die week tussen Palmsondag en Paassondag staan bekend as Groot Lydensweek. Dit is die hoogtepunt van Lydenstyd.
Tydens Groot Lydensweek dink ons na oor Jesus se laaste tyd op aarde, die bitterpad van lyding wat hy moes stap en sy dood aan die kruis.
Palmsondag lei die Groot Lydensweek in. Op hierdie dag herdenk ons Jesus se intog in Jerusalem op ‘n donkie.
Pase is die hoogtepunt van die kerkjaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Die opstanding is so sentraal in die evangelie dat dit byna onmoontlik is om ‘n Christen te wees en nie die opstanding te vier nie. Wie die opstanding werklik ernstig opneem, sal gou vind dat dit hier om veel meer gaan as oppervlakkige goedgelowigheid in die positiewe dinge in die lewe. Die opstandingsevangelie dryf eintlik die spot met ons ongeloof en ons verkleefdheid aan die dood. Paasfees wil ons in beweging bring. Die opstanding maak ons opstandig; die opwekking maak ons opgewek. Na Pase kan ons nie vrede maak met lyding en ongeregtigheid wat nog stuiptrekkings van ‘n bedeling sonder Christus is nie.
Paasfees kan nie losgemaak word van die kruisgebeure nie. Die vier dae wat begin met die Donderdagaand en eindig by Paassondag, kan gesien word as een onafhanklike liturgie. Tydens hierdie vier dae beleef die pelgrim ‘n eksodus wat deur die dood na die nuwe lewe lei. Op die Donderdagaand word die laaste avondmaal herdenk, gewoonlik met die viering van die nagmaal. Goeie Vrydag is die dag waarop ons die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Stil Saterdag is die een dag waarop daar geen rituele voorgeskryf word nie. Op hierdie dag dink ons aan Christus in die graf en daarom is dit ‘n dag van stille afwagting. Met die aanbreek van Sondag, breek die vreugde van die oorwinning deur met die aansteek van Paasligte of kerse, die bediening van die doop en die bevestiging van nuwe lidmate.
Vanaf Palmsondag tot die Donderdag voor Goeie Vrydag word ‘n dieprooi gebruik om die bloed van Jesus Christus te simboliseer. Op Goeie Vrydag en die daaropvolgende Saterdag word geen kleure of enige versierings gebruik nie.

Kinderoomblik -
Maak palmkruisies soos op die prentjie hierbo.
https://drive.google.com/file/d/1kl7uZg3r_Vz8cEySoAHHbLlhUOegsvIG/view?usp=sharing Kyk die video saam oor palmsondag.
Moontlike vrae -
- Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat tref jou, daag jou uit of gee vir jou hoop?
- Hoe word jou lewe geraak?
- Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
- As ons Jesus wil navolg, hoe kan ons seker maak dat ons eerder ’n donkie as ’n perd kies?
- Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Agtergrond -
In Johannes 11 het Jesus vir Lasarus uit die dood opgewek. Daarna het baie Jode in Jesus begin glo. Dit het mense opgewonde gemaak.
Die Joodse godsdienstige leiers was bang vir ‘n opstand en die Romeine se optrede op grond hiervan. Die Romeine kon byvoorbeeld die tempel en die Joodse volk vernietig. Die Joodse leiers beplan toe om vir Jesus dood te maak.
In Johannes 12:9-11, wat vanoggend se gedeelte voorafgaan, hoor ons dat Jesus oor bly by Lasarus in Betanië.
‘n Groot skare het toe hiervan gehoor en hou wou nie net vir Jesus sien nie, maar ook vir Lasarus vir wie hy uit die dood opgewek het.
Die Joodse leiers het nie daarvan gehou dat so baie mense begin glo in Jesus op grond van Lasarus se opwekking uit die dood nie. Daarom besluit hulle om vir Lasarus ook dood te maak. Hulle wil die groeiende beweging stop.
Johannes 12:12-16 gaan oor Jesus se intog in Jerusalem.
Vir die Pasga-fees, die fees waar die Jode terugdink aan die bevryding en redding uit Egipte, het baie pelgrims na Jerusalem gekom. Vir groot feeste soos die pasga fees sou 200 000 mense en meer na Jerusalem kom.
Die Groot skare wat vir die Pasga-fees in Jerusalem saamgedrom het, het gehoor dat Jesus Jerusalem toe kom, hulle het hom met groot opgewondenheid gaan verwelkom. Hulle het palmtakke geswaai en aanhoudend uitgeroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van Here! En Die Koning van Israel!
Terwyl hulle so uitroep en palmtakke swaai kom Jesus op ‘n jong donkie die stad ingery.
Die skare verwelkom en prys Jesus as Koning. Tog as heeltemal ander koning as wat Jesus is.
Hulle is bly want Jesus gaan vir hulle verlossing en bevryding bring van die onderdrukking van die Romeine. Daar gaan vrede wees. Die groot profete het deur die eeue die verwagting lewend gehou dat 'n koning uit die nageslag van Dawid geregtigheid, vrede en voorspoed sou bring.
Die Skare het verwag dat die Messias met geweld en oorlog die Romeine sou vernietig en bevryding bring. Hulle het ‘n militêre Messias verwag.
Deur op ‘n donkie ing te ry in Jerusalem vervul Jesus die profesie van Sagarria 9:9. So sê Jesus hy is nie die koning soos die mense verwag het nie.
Jesus het geweet moeilikheid wag vir Hom. Hy is op pad na die kruis. Tog het Hy nie weggekruip nie. Hy het juis standpunt ingeneem deur op ‘n donkie Jerusalem binne te ry.
Mens sou dalk verwag dat Jesus (’n koning) eerder ’n mooi perd sou verkies. Met die donkie probeer Jesus ’n boodskap gee vir die mense. Hy is ’n ander soort koning. Hy daag nie op om te baklei of oorlog te maak nie. Hy kom in vrede om vrede te maak.
As Hy gekom het om oorlog te maak sou Hy op ‘n oorlogsperd gery het. Maar Jesus gaan nie God se koninkryk laat kom deur mag, geweld en oorlog nie.
Hy bring verlossing. Hy bring God se vrede en geregtigheid, Hy behaal die oorwinning deur te sterf aan die kruis en op te staan.

Praktiese aktiwiteit vir die week -
Hier is iets vir gesinne tydens Groot Lydensweek wat hierdie Sondag begin met Palmsondag.
Maak gerus tyd om saam te besin oor 4 eenvoudige beelde uit die natuur wat ons iets van die kontras tussen dood en lewe wil kom leer.
Maandag - Steek ‘n kers aan en lees Joh 12:23,24.
- Wanneer Jesus sê: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in, verwys Hy natuurlik ook na sy eie sterwe wat om die draai is op Goeie Vrydag. Wat beteken hierdie woorde vir ons gesin en vir my persoonlik in hierdie tyd?
- Is daar iets wat ons gesin in die tyd moet afsterf of afleer; sodat iets nuuts gebore kan word? Praat met mekaar hieroor.
- Gaan plant ‘n paar saadjies in die tuin (sweet peas vir die lente) of sommer ‘n paar groente plantjies. Hou dit dop. Neem elke 3 weke foto’s en kyk watter verrassing gebeur nadat die saadjies of plantjies in die grond gedruk is.
Gebed: Here, kom wys wat ek of ons gesin moet afsterf in die tyd. Ons wag op nuwe goed wat U in ons lewens wil kom doen.
Dinsdag - Steek ‘n kers aan en lees Joh 15:1,2.
- Herfs en winter is snoeityd. Vir sekere plante of bome om behoorlik blomme of vrugte te dra in die somer, moet hy gesnoei word. As ‘n wingerd bv. nie gesnoei word nie, word sy lote wild en word die vrugte al hoe kleiner.
- ‘n Snoeiproses is dikwels pynlik. Gesels met mekaar oor moeilike en pynvolle ervarings wat julle as gesin al deurgegaan het. As julle terugkyk, sou jy sê dit was vir jou ‘n snoeiproses?
- Watter vrug sien julle in mekaar raak? Sê vir mekaar.
- Gaan staan almal in die tuin om ‘n plant of boom wat gesnoei moet word. Knip ‘n tak of twee. Neem dan mekaar se hande en bid saam vir julle gesin en ons gemeenskap. Bid dat mense hierdie tyd sinvol sal gebruik en dat dit ‘n tyd van herbelyning sal wees vir almal.
Woensdag - Steek ‘n kers aan en lees Joh 15:15-17.
- Joh 15:16 sê ons is gemaak om vrugte te dra, waarvan die belangrikste is dat ons mekaar sal liefhê.
- Die Libanees-Amerikaanse skrywer Kahlil Gibran skryf die volgende oor gee: Therefore give now, that the season of giving may be yours . . . You often say, “I would give, but only to the deserving.” The trees in your orchard say not so, nor the flocks in your pasture. They give that they may live, for to withhold is to perish (sien volledige hoofstuk oor Gee byhttp://www.katsandogz.com/gibran/ongiving.php)
- Die natuur leer ons die noodsaaklikheid van gee – dit maak dat ons kan leef. Deel hoe en wat julle vir mekaar kan gee in die tyd.
Gebed: Alles wat ons het is ‘n geskenk uit U hand. Gee ons oop harte en hande vir hulle in nood. Amen
Donderdag - Steek ‘n kers aan en lees die gedig Vroegherfs van NP van Wyk Louw.
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
- Dit is betekenisvol dat Paasfees met sy dieptepunt op Goeie Vrydag in die Suidelike Halfrond in die Herfs seisoen val. Ook hier wil die natuur ons iets leer wanneer bome hulle blare afgooi totdat hulle heeltemal weerloos en kaal staan. Op die oog af lyk dit na ‘n dooie seisoen. Maar wat ons nie kan sien nie, is dat die bome hulle wortels dieper instoot en dat daar ‘n jaarring bykom in die boom se stam.
- Laat elkeen in die gesin ‘n herfsblaar neersit langs die brandende kers. Deel met mekaar wat jy afgooi en laat val in hierdie tyd.
Gebed: O Heer, laat hierdie dae heilig word; laat alles val wat pronk en sieraad was of enkel jeug, en ver was van die pyn; laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort my waan, tot al die hoogheid eindelik vas

Gebed -
Saam met mense wat vasgevang is in moeilike omstandighede, bid ons om bevryding.
Ons dink besonder aan: (vul in met aktuele onderwerpe)
Saam met mense in wie se basiese behoeftes na kos, klere en onderdak nie voorsien word nie, bid ons vir verligting.

Saam met mense in wie se emosionele behoeftes nie voorsien word nie, bid ons vir broers en susters wat sal omgee.

Saam met siekes en bid ons om genesing en innerlike vrede.
Ons dink in die besonder aan: (vul in met aktuele onderwerpe)
Saam met bedroefdes en treurendes bid ons vir 'n nuwe lied in die hart.

Saam met hulle wat na U soek en nie vind nie, ook hulle wat nie weet dat hulle U nodig het nie, bid ons dat U iemand sal stuur met die goeie nuus van die evangelie.

Ons bid:
Here, hoor
Here, vergewe.
Here, luister.
Here, gryp in.
Amen.
Seën - Franciskus van Assisi
Here, maak my 'n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde saai;
waar daar onreg is, vergifnis;
waar daar twyfel is, geloof;
waar daar wanhoop is, hoop;
waar daar duisternis is, lig;
waar daar droefheid is, vreugde.
O, Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek
om getroos te word nie as om te troos;
om verstaan te word nie as om te verstaan;
om bemin te word nie as om lief te hê.
Want dit is deur te gee dat ons ontvang;
dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word.

Weekprogram vir 29 Maart tot 2 April 2021
Maandag, 29 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Filippense 2:5-11 en Markus 14:1- 15:47. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit of wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Ons is in die groot Lydensweek na Palm-/Passiesondag. SJoubert (in Ontsluit die Bybel) fokus so op hierdie gebeure: Die lydende Redder en Heer; op die nuwe roete agter Christus aan. In die eerste gedeelte van Filippense 2:5-11 getuig Paulus oor Christus en sy voorbeeld van selfopoffering. In die tweede deel praat Paulus oor sy besluit om Christus te dien, en roep die Filippense op om hom daarin te volg. Paulus rig ‘n appèl tot die gelowiges in Filippi (en ons) om te reageer op dit wat Christus gedoen het. Hulle moet God gehoorsaam dien in navolging van Christus. Soos Paulus self dit gedoen het.
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 30 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Filippense 2:5-11 en Jesaja 50:4-9a. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?

Die groot Lydensweek plaas Filippense 2:1-11 in perspektief met Jesus se voorbeeld vir ons geloofsreis. In hierdie teologiese swaartepunt van die brief sluit Paulus by ‘n bekende Christus-lied vanuit die geloofstradisie aan en getuig oor Jesus. In poëtiese taal besing Paulus die ganse optrede en persoon van Christus. Hy rig die verdeelde gemeente op “the mind of Christ” (v5). Dit moet hulle gesindheid wees.

Woensdag, 31 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, Filippense 2:5-11 en Psalm 31:9-16. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit, wat gee vir jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Die Groot Lydensweek herinner ons in die woorde van Filippense 2:1-11 hoe Christus Hom ontledig het. Christus het die kontoere en inhoude vir die nuwe lewe gelê deur sy Persoon en optrede. Hy roep gelowiges op om “the mind of Christ” te internaliseer en na te leef. Dit beteken nie slaafse nabootsing van Jesus nie, maar volledige navolging. Is daar iets wat in jou lewe of in jou gesin wat jy/julle in die tyd moet afsterf of afleer; sodat iets nuuts gebore kan word? Praat met mekaar hieroor.

Donderdag, 1 April
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Filippense 2:5-11 en Markus 14:1 -15:47. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou en hoe gaan jy dit toepas in jou lewe?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Die aand voor Jesus se kruisiging - die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, die dag waarop die Jode altyd paaslammers geslag het - het Jesus die brood en wyn geneem en die nagmaal ingestel. Ons dink liturgies terug aan daardie eerste nagmaal. Die dieptepunt van Jesus se menswording is dat Hy as God self hierdie roeping omhels het.

Vrydag, 2 April
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Filippense 2:5-11 en Jeseja 50:4-9a. (Dit verskyn heel onderaan.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Die trajek van Jesus se selfvernedering het die kruis en graf ingesluit. Kenmerkend van Jesus se skandelike kruisdood is sy gehoorsaamheid aan God, en sy vereenselwiging met die lot van slawe en sondaars. Kruisiging was wreed, sonder eer en veragtelik. Filippense 2:9-11 vertel vav die dramatiese omkering van die rolle. God neem Christus se offer by die kruis aan. Nogal iets vir nadenke op Still Saterdag, né?