YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Sterf Om Te Leef

Sterf Om Te Leef

Sondag 21 Maart 2021 9h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, besoek gerus ons webblad:
https://lewendewoord.co.za/
Opening Skrif: Joh. 12:24

Sterf Om Te Leef

Kyk die diens op YouTube:
https://youtu.be/IjQtwKVFNHI
Preek notas
1. Martin Luther: "Elke mens moet twee goed doen alleen doen, jy moet alleen glo en alleen dood gaan".
Om opgewek te word uit die dood is 'n Bybelse realiteit - nege mense is in die Bybel opgewek - ons tel nie almal wat saam met Jesus opgewek is nie.
2. Daar is egter 'n vleeslike sterf vir self en my wil wat nodig is.
'n Doop in die liggaam van Christus - ek word in sy dood in gedoop - simbolies van die graf.
Toe Jesus sterf toe sterf ek sê Paulus - Jesus het dit vir my in my plek gedoen.
Daar is vyf dope:
1. Johannes die Doper se bekerings doop.
2. Doop in die liggaam van Christus.
3. Bekerings doop (onderdompeling).
4. Die doping van die Heilige Gees.
5. Lydings doop.
Doop is 'n onderdompeling - 'n begrafnis.
Ons sterf nie net saam met Christus nie, ons word saam met Hom begrawe.
Al ons sondes en ongeregtighede word ook saam begrawe.
3. Jesus het nie aarde toe gekom sodat ons 'grand' huise, karre, jewele ens. kan hê nie. Jesus het gekom om ons met God te versoen deur vir ons sonde te word en deur in ons plek vir ons te sterf.
Rykdom is nie 'n vloek nie, dit behoort 'n seën te wees waarmee ons ander seën.

In Lukas 18 was rykdom hierdie jong man se god.
4. Kom saam Getsemané toe, want daar word ons wil met God die Vader se wil gekonfronteer.
Ek kan nie regtig Sy opstandings krag beleef as ek nie aan Sy dood gelykvormig word nie. Ons moet sterf vir ons eie wil.
Ons kan nie op Sy opstandings krag fokus sonder 'n dood nie.
Getsemané - 'n plek waar my wil met Sy wil verruil moet word, waar ek my planne en doelstellings vir Sy planne en doelstellings opgee.
'n Plek waar ek sê: U wil en nie my wil nie geskied.
5. Ons preek nie sonde nie, maar ons minag ook nie die werke van die vlees nie.
1. Die eerste vier is gekoppel aan perversiteit: owerspel, hoerery, onreinheid en losbandigheid.
2. Die volgende twee is vals godsdienste: afgodery en towery.
3. Die volgende nege: vyandskap, haat, naywer (afguns en jaloesie), woede, rusies, verdeeltheid, skeuring, afguns en moord.
4. Die laaste twee: dronkenskap en brassery
Jammer sê is nie genoeg nie, ware berou is nodig, soos met Koning Dawid, dan behou jy jou koningskap. Moenie jou sonde (ongehoorsaamheid) regverdig soos Koning Saul nie, dan verloor jy jou koningskap.
Soms moet daar 'n ware noodkreet wees:

1. Here ek is siek vir die ou eiegeregtige, selfregverdigende ek - die ou vlees wat altyd die oorhand kry; my vrot gesindheid; my kort lont; my domineering; my geskree.
2. Here verlos my van myself; reinig my vuil mond; my selfsug; my hardkoppigheid; alle paaie wat na my lei; my opinie wat altyd moet tel.
3. Here in my werk en in my finansies soek ek eers my koninkryk.

Ons kan nie die volgende vlak van heerlikheid beleef voordat ons 'n gekruisigde lewe lei nie.
6. Sekere vure kan ons nie misloop nie. Soms moet ons deur die geveg gaan, deur die toets, deur die siele wroeging.
Daar is dinge wat die Here in jou 'my' wil dood hê, dinge wat moet verander, bagasie waarmee gedeel moet word.
Ek moet minder word dat Jesus meer kan word.
'n Noodkreet! Here help my om nie in iets vasgevang te raak nie, soveel so dat ek nie kan beweeg nie.
As my titel, my huis, my posisie, my kar of wat ookal iets word wat ek gaan aanbid, dan wil ek dit nie hê nie.
7. Daar is 'n tyd om die Here te loof en te prys.
Ja! Die Here bewoon ons lofsange en Hy wil ons verlos; Hy verlos Paulus en Silas uit die tronk in Filippi.
Om te sing en dans voor die Here is reg, maar soms moet ek eers sterf vir ek.
Ons wil die wêreld verander sonder om self te verander.

Ons soek makliker die Kroon as die Kruis, maar die kruis kom voor die kroon.
Jesus liefde,
Nevil
Offergawe Skrif: Gen. 8:22
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://online.lw.family/

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.co.za/gebed-versoek