NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 14 Maart 2021 en Maandag tot Vrydag, 15 tot 19 Maart 2021
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 14 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid –
Fokus op jou asemhaling en haal ’n bietjie dieper as normaalweg asem, sodat jy ’n bietjie kan afskakel van die dinge wat op die oomblik deur jou gedagtes maal. Laat dit vir jou voel asof jy afblaas. Fokus op die aangename gevoel van rus wat dit jou gee.
Met elke uitasem is dit asof jy stukkie vir stukkie van die spanning in jou ontsnap. Dit kan voel of jy stukkie vir stukkie in jouself afsak, in jouself tot rus kom (+- vir 2 minute).
Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed - Martin Luther
Here, my beker is leeg en ek verlang dat U my weer sal vul. Ja, Here, kom vul my!
Ek is swak in die geloof – kom en versterk my opnuut.
My liefde is maar lou – kom, Here, en maak my weer warm ... vurig, dat my liefde sal uitstraal na hulle naby my.
My geloof is nie sterk nie en dit wankel tog so maklik – ek twyfel soms en ander kere sukkel ek om op U te vertrou.
O Here, help my. Sterk my geloof en vertroue. In U vind ek my rykdom. Ek is arm en U is ryk – en U het juis gekom om vir armes U genade uit te deel.
Ek is 'n sondaar, U is regverdig en daarom bly ek aan U sy.
Ek het niks om vir U aan te bied nie.
Ek kan alleen maar van U ontvang.
Lees die teksgedeelte, Efesiërs 2:1-10.

Kinderoomblik -
God vra sy kinders om die goeie nuus dat Jesus gesterf het vir ons sondes, opgestaan het en plek vir Sy kinders regmaak in die hemel, te vertel vir die mense wat dit nie weet nie. Dit is belangrik om vir ander te vertel omdat God wil hê dat alle mense eendag saam met Hom in die hemel moet wees. Dalk voel jy te klein of onbelangrik, of dink niemand gaan na jou luister nie. maar God gee vir ons die Heilige Gees om ons te help om die goeie nuus te vertel. so ons hoef nie bang te wees of te dink ons kan nie…gaan vertel net van God, hy sal die res doen. God kan ook vir jou gebruik, net soos jy is, om mense te help en sy werk te doen. Jy hoef nie baie geld te hê of baie belangrik te wees nie, jy moet net bereid wees om te help en God se liefde aan mense te wys.
Steek hierdie week elke dag ‘n kers aan om julle gesin te herinner dat julle God se boodskap moet oorvertel aan ander mense.
Moontlike vrae -
● Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat tref jou, daag jou uit of gee vir jou hoop?
● Hoe word jou lewe geraak?
● Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
● Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Agtergrond -
Die brief aan die Efesiërs bestaan uit twee aanduibare dele (Ef 1-3, Ef 3-6). Die eerste gedeelte fokus op die storie van die evangelie en hoe die hele skepping ‘n hoogtepunt bereik in die dood en opstanding van Christus. Die tweede gedeelte begelei die leser in hoe hierdie einste storie elke aspek van ons lewe transformeer. Efesiërs 2, ons fokusteks, handel hoofsaaklik oor die tema van Ggod se genade en hoe dit ons verlos van die ou lewe as sondaars wat verlore was.

Praktiese aktiwiteit vir die week -
Vra jouself elke dag die volgende vra af:
- Wie het God vandag oor my pad gestuur?
- Waar het ek vandag liefde gegee?
- Waar het ek vandag gesukkel om liefde te gee?
Jesus stuur ons na al die mense om ons. Dink aan hoe jy daagliks met die mense om jou omgaan; die wat jy ken en die wat jy nie ken nie. Is daar dalk iemand na wie Jesus jou stuur? Wat moet jy gaan doen, gee of sê?
Gebed -
Here God almagtig, op U vertrou ons elke dag. Ons plaas ons hoop in U en vra dat U ons krag gee om U wil te doen ten spyte van ons omstandighede of tekortkominge. Ons vra dat U ons sal lei om bereidwillig te wees om in liefde ander te dien en te help waar daar nood is. Gee dat U liefde en krag oor die mense in ons gemeente, ons gemeenskap en ook tot aan die uithoeke van ons land sal spoel. Ons bid ook vir vervolgde Christene reg oor die wêreld want daagliks in vrees leef maar tog steeds bereid is om U te dien. Laat hulle ook U liefde en genade, en krag en vertroosting elke oomblik ervaar. Dankie dat U ons as kinders gekies het en vir ons verlossing gegee het deur Jesus Christus.
Amen
Seën -
Mag die onderstebo wysheid van God wat die maghebbers van die wêreld oorwin het, deur aan ‘n kruis te sterf, aan ons die krag gee om in Jesus se voetspore te volg.
Mag dieselfde dienende gesindheid in jou wees wat daar ook in Jesus Christus was.
Mag God jou leer om die regte woorde te gebruik sodat jy die wat moeg is, kan moed inpraat.
Amen.

Weekprogram vir 15 tot 19 Maart 2021
Maandag, 8 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Efesiërs 2:1-10 en Johannes 3:14-21. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit of wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Paulus fokus in hierdie gedeelte op liefde en genade. Hierdie liefde en genade red ons van ‘n verlore lewe sonder betekennis. Deur geloof in Christus ontvang ons hierdie vrye genade as geskenk. Hierdie geskenk kan nie verdien word nie. Paulus herinner die leser dat ons nie onsself kan red deur ons eie werke nie.
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 16 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Efesiërs 2:1-10 en Numeri 21:4-9. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?

Ons staan aan die einde van Lydenstyd in die kerkjaar. In hierdie tyd van die liturgiese jaar is ons ten diepste bewus van Christus se lyding ter wille van ons elkeen se verlossing. Daarom is dit goed dat hierdie gedeelte ons daaraan herinner dat ons die offer van Christus ontvang, nie deur ons eie dade nie, maar slegs deur die genade en liefde van Christus.

Woensdag, 17 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, Efesiërs 2:1-10 en Psalm 107:1-3, 17-22. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit, wat gee vir jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
Efesiërs 2:10 maak ons opnuut daarvan bewus dat ons elkeen geroep word om die goeie nuus van God se genade en liefde met ander te deel. Ons taak as gelowiges stop egter nie by mooi woord nie. Paulus herinner ons dat God ons geskep het om ons lewe aan Hom te wy as voorbeelde van God se koningkryk.

Donderdag, 18 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Efesiërs 2:1-10 en Johannes 3:14-21. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat sê die gedeeltes vir jou van God en die mens?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou en hoe gaan jy dit toepas in jou lewe?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
As gelowiges voel ons soms dat ons geloof gemeet word aan dinge wat ons moet doen. Betrokkenheid by die kerk, Bybelstudie, gebed en ander geloofsgewoontes word soms ‘n maatstaaf waarvolgens mense hulle eie en ander se geloof en verlossing beoordeel. Hierdie teks help ons om opnuut te fokus op God se vrye genade. Dis nie goeie werke wat gelowiges red nie, maar Christus se dood en opstanding.

Vrydag, 19 Maart
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Efesiërs 2:1-10 en Numeri 21:4-9. (Dit verskyn heel onderaan.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Waarmee is God besig in die wêreld en hoe kan jy aansluit daarby? Waarmee is God besig in jou lewe?
Dink na -
In Numeri 2 lees ons van die Israeliete se ongeduld met God en Moses, wat hulle uit Egipte gelei het na die woestyn toe. God het ‘n klomp giftige slange onder hulle ingestuur as straf, maar Hy het wel later die volk gered deur ‘n koperbeeld van ‘n slang. Numeri 21:4-9 en Johannes 3:14-21 bevestig ons afhanklikheid van God se genade vir ons verlossing.