YouVersion Logo
Search Icon

Robertson Moedergemeente

Buitediens 28 Februarie 2021

Buitediens 28 Februarie 2021

28 Februarie se buitediens

Locations & Times

Robertson Moedergemeente

Kerk St, Robertson, 6705, South Africa

Sunday 9:30 AM

Verwelkoming
Lofsang
Liedboek 207: 1, 4
Eer aan die Vader,
wat alles gemaak het;
eer aan die Seun,
ons Verlosser en Vriend;
eer aan die Gees
wat ons lei in die waarheid -
aan God drie-enig ons lof en ons lied.
Ere aan God!
Die Heer van alle here
woon ook in ons
deur sy Woord en sy Gees.
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.

Maak ons, o Heer,
u getroue getuies
dat ons met vreugde dit oral vertel:
Christus, oorwinnaar
oor dood en oor chaos.
Hy ken ons nood,
Hy kom red en herstel.
Ere aan God!
Die Heer van alle here
woon ook in ons
deur sy Woord en sy Gees.
Gee ons die liefde, geloof en vertroue
om u gehoorsame kinders te wees.

Liedboek 214: 1 - 3
Here, ons sal U loof,
u weldade roem.
U Naam sal ons eer,
almagtige Heer,
want U het wonders gedoen.

Here, ons sal U loof,
U het ons verlos,
uit duister bevry;
ons harte verbly -
dit het u lewe gekos.

Here, ons sal U loof,
u weldade roem.
Dis U wat voorsien,
ons wil U graag dien
en U ons Vader noem.
Aanbidding
Liedboek 265: 1, 2
Enigste Here, enkele Wese,
ons glo in U met ons hele hart.
Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons:
U is vir ewig God en Heer.

U, onbegryplik, U is onsienlik,
altyd dieselfde, oneindig groot.
U is almagtig, wys en regverdig -
U is die bron van alle goed.

Liedboek 171: 1, 2
Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer.
Eng'le in die hemel
buig hul voor Hom neer.
Here, hoor my bede,
hoor my as ek sing,
en aan U, my Vader,
al my hulde bring.

Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer.
Wie kan Hom op aarde
ooit na waarde eer?
Nogtans sal ek jubel,
sing ek weer en weer:
Heilig, heilig, heilig,
heilig is die Heer!
hey
2 vrae vandag:
- Was daar ooit ‘n tyd in jou lewe wat geloof getoets was? Wat jy moes teruggryp na die belydenis dat jy glo?
- Watter rol speel gebed in jou lewe
- Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.
- Ek glo in Jesus Christus, sy eniggebore seun, my Here.
Wat ontvang is van die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria
Wat gely het, gekruisig is, gesterf het en ter helle neergedaal het,
Wat opgestaan het uit die dood,
Wat opgevaar het na die hemel en wat sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader
Vanwaar Hy weer sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
- Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk
aan die gemeenskap van die heiliges
aan die vergewing van sondes
aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe.
hey
1. Jesus is die perfekte Hoëpriester omdat Hy reeds deur die hemele gegaan het, v14
- Hebr 7:24-25, 24Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý 'n priesterskap wat nie op 'n ander oorgedra word nie. 25Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.
- Intersessie beteken juis dit: pleit namens iemand, praat namens iemand.
Eseg 22:30, 30Ek het iemand tussen hulle gesoek wat 'n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie...
- Jesus pleit die hele tyd vir jou!
- En nie net Jesus nie, maar ook die Heilige Gees.
Rom 8:26-27, 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.

2. Jesus is die perfekte Hoëpriester, want hy verstaan ons wêreld, v15.
- Jesus het nie net deur die hemele gegaan nie, Hy ken ook ons wêreld.
Jesus was aan alles van hierdie wêreld blootgestel. En tog het Hy nooit gesondig nie.
- Jesus het dieselfde versoekings gehad wat deur dieselfde Satan as wat ek en jy het.
Offergawes
As jy verkies om jou offergawes per EFT te doen, hier is ons bankbesonderhede:
NG Kerk Robertson
ABSA takkode: 632 005
Rekeningnr: 1200 5800 08
Verwysing: Kollekte 28/02/2021

Afkondiginge
- Baie dankie aan almal wat betrokke was by ons Produktemark. Dit was 'n reuse sukses en elkeen wat bygedra het, gewerk het of ons mark kom ondersteun het, word van harte bedank.

- Wereldbiddag vir Vroue, Vrydag 5 Maart in ons kerktuin. Die vroue van die dorp trek saam en kom luister na gasspreker Lindie Strydom. Almal welkom. Vrydag 5 Maart om 10:00.
hey
Slotlied
VONKK 104: 1 - 3
Wat ‘n vriend het ons in Jesus –
Hy wat in ons plek wil staan.
Wat ‘n voorreg om gedurig
in gebed na Hom te gaan.
Hoe verbeur ons soms die vrede,
kom ons in vertwyfeling –
net omdat ons nie ons swaarkry
in gebed na Hom toe bring.

As versoeking en beproewing,
of as hartseer oor ons kom,
laat ons nooit mismoedig word nie,
maar ons kommer bring na Hom.
Nêrens is ‘n vriend getrouer –
Hy wat van ons swaarkry weet.
Jesus staan met ware deernis
altyd tot ons hulp gereed.

As die sorge van die lewe
of bekommernis ons kwel,
bly die Heer ons beste toevlug –
alles kan ons Hom vertel.
Wanneer ander ons teleurstel,
soek ons in gebed die Heer.
Jesus troos ons met sy liefde,
Hy verstaan ons hart se seer.