YouVersion Logo
Search Icon

Robertson Moedergemeente

Buitediens 21 Februarie 2021

Buitediens 21 Februarie 2021

21 Februarie se buitediens

Locations & Times

Robertson Moedergemeente

Kerk St, Robertson, 6705, South Africa

Sunday 9:30 AM

Verwelkoming
Lofsang
Liedboek 212: 1, 3
Loof die Heer, Hy is goed,
loof sy heilige Naam;
laat alles in die groot heelal
die Here loof.
Ek wil die Here loof,
loof met my hele hart.
Hy gee hul wat roep,
weer nuwe krag.

Loof, o hemel, die Heer,
al die engele saam -
laat alles in die groot heelal
die Here loof.
Ek wil die Here loof,
loof met my hele hart.
Hy gee hul wat roep,
weer nuwe krag.

Liedboek 205: 1, 3
Bring lof aan die Vader,
verheerlik die Seun,
vir liefde, genade, verlossing en steun,
dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan
maar ewig voor Hom
as verloste kan staan.
Loof die Heer, loof die Heer!
Sing, gelowiges, saam!
Loof die Heer, loof die Heer!
prys sy heilige Naam!
Hy kom uit genade ons sondes versoen
dat ons Hom vrymoedig
ons Vader kan noem.

Ons lof, ons aanbidding, o Vader,
ons lied
is nietige klanke, deur kinders gebied.
Tog sien U ons nood
en verhoor ons gebed -
oneindig die liefde wat U vir ons het.
Loof die Heer, loof die Heer!
sing, gelowiges, saam!
Loof die Heer, loof die Heer!
prys sy heilige Naam!
Hy kom uit genade ons sondes versoen
dat ons Hom vrymoedig
ons Vader kan noem.
Aanbidding
Liedboek 280: 1, 3
Here, Redder, groot en magtig,
U oorskou ons lewenspad.
In u liefde en genade
het U ook ons hand kom vat.
Heer, u leiding bring bevryding -
U het ook my hand kom vat.
U het ook my hand kom vat.

Lei my, Heer, na dié bestemming
in u Woord my opgedra.
Laat my leef en werk met vreugde
want dit sal volharding vra.
Heer, u lyding bring bevryding -
al ons skuld het U gedra,
al ons skuld het U gedra.

Liedboek 253: 1
U het die brood gebreek
eens by die meer -
breek nou die lewensbrood
vir my ook, Heer.
Wil steeds u waarheid meer
aan my ontvou
tot ek ook in u Woord
my Heer aanskou.
hey
Inleiding
- Hoe praat ons oor Jesus?
- Paul David Tripp:Familiarity with God will cause you to lose your awe.
hey

Paul David Tripp

5 manifestasies van Jesus as ons Perfekte Redder.

1. Jesus is Perfekte Redder, want Hy is ons plaasvervanger.
Ef 2:13, Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus.
Hebr 2:9 Hy is vir ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele.
a.Die rede vir die vernedering was “sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe”, v9.
b. Die doel van sy vernedering was om “vir almal te sterwe”.
c. Die motivering vir die vernedering is juis die “genade van God”.
d. Die resultaat van sy vernedering – “Hy was gekroon met eer en heerlikheid”.

2. Jesus is Perfekte Redder, want Hy is Voorloper,
- Vers 10 God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring.

3. Jesus is Perfekte Redder, want Hy is heiligmaker.
- Vers 11Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie.
Hebr 10:10, Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.
Hebr 10:14, Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.

4. Jesus is Perfekte Redder, want Hy vernietig die Satan.
-Vers 14-15 Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig 15en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.

5. Jesus is Perfekte Redder, want Hy is ons hulp.
-Vers 16-18 Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham. 17Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. 18Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Slot
Offergawes
As jy verkies om jou offergawes per EFT te doen, hier is ons bankbesonderhede:
NG Kerk Robertson
ABSA takkode: 632 005
Rekeningnr: 1200 5800 08
Verwysing: Kollekte 21/02/2021

Afkondiginge
Produktemark 26/27 Februarie

ALMANAKKE kan afgehaal word by die kerkkantoor, indien u dit nog nie ontvang het nie.

PRODUKTEMARK: Hulp word benodig met verpakking van produkte Donderdag 25 Febr.
Ons soek asb BROODBAKKERS wat kan help brood bak vir P/mark. Ons lidmaat/e raak ouer en kan nie al die brode voorsien vir die aanvraag nie.
BAKSTERS vir koeke en terte kan met Elana Bruwer skakel. POEDINGS - skakel asb met Rita Bruwer.
Hulp by BETAALPUNTE, kontak Liz de Vries.
Enige produkte, skenkings en/of bestandele kan by die kerkkantoor afgegee word of tref reëlings met die onderskeie sameroepers.
hey

Produktemark 26/27 Februarie

hey

Huweliksretraite

Nagmaal
Liedboek 265: 1, 2
Enigste Here, enkele Wese,
ons glo in U met ons hele hart.
Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons:
U is vir ewig God en Heer.

U, onbegryplik, U is onsienlik,
altyd dieselfde, oneindig groot.
U is almagtig, wys en regverdig -
U is die bron van alle goed.
Slotlied
Liedboek 514: 1, 2
Ek weet vir seker: Jesus is Heer -
Hy het my sonde uit liefde vergeef.
Ek was verlore, maar is gevind;
nou het ek vrede - ek is Gods kind.
Hy is my leidsman - Hy laat my leef.
Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer.
Uit sy genade, liefde en trou,
weet ons hoe God sy kinders behou.

Lig is sy las en sag is sy juk.
Hy gee vermoeides die ware geluk.
Selfs as ek struikel, en dit berou -
Hy sal vergewe, Hy bly getrou.
Hy is my leidsman - Hy laat my leef.
Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer.
Uit sy genade, liefde en trou,
weet ons hoe God sy kinders behou.