NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 3 Januarie 2021 en Maandag tot Vrydag, 4 tot 8 Januarie 2021
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 3 Januarie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid –
Doen die oefening soos hierbo.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed – Frank Topping
O my God, dis is so goed om te weet ek is nie vandag alleen nie. U gee my die kameraadskap van mense en, selfs wanneer dié nie daar is nie, die versekering van U teenwoordigheid ten alle tye, op alle plekke, altyd beskikbaar, wat ook al my behoefte. O God van die môrelig, gee my vanoggend ‘n nuwe kans om van voor af te begin. Ek wil tog nie weer die ure en minute verspeel wat U my vandag gee nie. Ek wil so graag vandag vreugde bring na elke gesprek waaraan ek deelneem, elke sleurwerkie wat ek moet afhandel, elke mens wat ek sal ontmoet. God van die môrelig, help my!
Amen
Lees die teksgedeelte, Matteus 2:1-12.

Epifanie -
Die Epifaniefees word tradisioneel op 6 Januarie gevier. Die tyd daarna word die tyd na Epifanie genoem en eindig net voor Aswoensdag wat die Lydenstyd inlei. Die woord Epifanie verwys wys op God se verskyning in Jesus Christus. Ons vier in die tyd God se lig wat na die wêreld kom.
Tydens Epifanie vier ons die werk van Jesus toe Hy op aarde was, in besonder die genesings en wonderwerke. Epifanie was ‘n ou Oosterse-kerklike fees waartydens die geboorte en doop van Jesus gevier is. In werklikheid is Kersfees en Epifanie nie twee afsonderlike feeste nie, maar die feit dat Kersfees ‘n Westerse en Epifanie ‘n Oosterse oorsprong het, het twee afsonderlike tradisies rondom Kersfees en Epifanie tot gevolg gehad. In wese het Kersfees en Epifanie ten nouste met mekaar te make, en daarom word dit as aaneenlopend beskou van 25 Desember af.
In werklikheid is die menswording van Christus die kern waaroor dit in Epifanie gaan. Die eerste Sondag na Epifanie fokus op die doop van Christus en tydens die Sondae daarna word die klem gelê op wat Jesus hier op aarde geleer en gedoen het. Die tyd na 6 Januarie word dus gewy aan die bestudering van die Bergrede en daarom dink Protestantse kerke tydens Epifanie veral na oor die sosiale implikasies van Jesus se lewe en leer. Epifanie word afgesluit met Verheerlikingsondag wanneer Jesus se verheerliking op die berg herdenk word. Verheerlikingsondag lei die geboorte in van wat sou lei tot Jesus se kruisdood en opstanding.
Simbole - Die ster van Betlehem is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die ster as simbool van lig in die duisternis is ‘n simbool van hoop.
Kleure - Die kleur is oorheersend groen, maar verander na wit op die Sondae waar die doop en verheerliking van Christus gevier word.

Kinderoomblik -
Die sterrekykers het vir die Jesus-kind drie baie besonderse geskenke gebring. Weet jy wat dit was? Die geskenke wat hulle vir Jesus gebring het, wys vir ons wie Jesus, ons Verlosser is.
Goud is ‘n geskenk geskik vir ‘n koning en dit dui vir ons aan dat jesus ons Koning is. Wierook is in die tyd van die Bybel deur die priester in die tempel as offer aan God gebrand en stel lof en aanbidding voor. Jesus het as ons Verlosser aarde toe gekom en daarom moet ons Hom loof en aanbbid. Mirre was ‘n baie duur olie wat baie lekker geruik het en was gebruik as salfmiddel. Die geskenk was ‘n teken dat Jesus eendag vir almal se sondes sou sterf.
Jesus is ons Koning wat as mens op aarde kom woon het, om as ons Verlosser aan die kruis te sterf sodat ons vry kan wees van ons sondes. Wat ‘n wonderlike geskenk is dit nie!
Maar wat gee jy as geskenke terug aan Jesus elke dag? Leef en tree jy op soos ‘n kind van Jesus?

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Agtergrond -
In Matteus 1:1-4:22 word Jesus voorgestel as die Verlosser van Israel en die Wereld. Vandag se fokus gedeelte (wat handel oor die sterrekenners uit die Ooste) kan in drie gedeeltes verdeel word: (1) Die aankoms en boodskap van die sterrekenners (vers 1-2), (2) die onstelde reaksie van koning Herodes (3-8) en (3) (vers 9-12) die voltooing van die sterrekenners se reis deur Jesus, die ware Koning en Verlosser te eer en te aanbid. In vers 13-23 hoor ons hoe Josef hulle na Egipte vlug.
Kyk gerus na die kontraste in hierdie gedeelte: Van die kontraste wat uitgelig kan word, is die sterrekenners wat Christus erken, maar Herodes wat Hom verwerp. Die sterrekenners soek die Koningskind om Hom te aanbid en eer. Herodes soek Hom ook, maar vir duisterre redes.
Herodes is ontsteld, die sterrekenners is bly. Die Joodse godsdienstige leiers snap nie die betekenis van die koms van die Messias nie, maar die sterrekenners (wat heidene, nie-Jode was, wel).
Die sterrekenners in die gedeelte simboliseer die Heidene, die nie-Jode, wat anders as die Jode, oop is vir Jesus, die ware Koning.
In hierdie gedeelte sien ons al ‘n motief wat regdeur Matteus se Evangelie voorkom. Dit is dat die teenwoordigheid van Jesus, die ware Koning en Heer, ‘n keuse verg by mense: aanvaarding of verwerping.
Praktiese aktiwiteit vir die week -
Dink na hoe jy/julle as familie die jaar julleself gaan gee as lewende offers in God se hand?

Gebed -
Saam met mense wat vasgevang is in moeilike omstandighede, bid ons om bevryding.
Ons dink besonder aan: (vul in met aktuele onderwerpe)
Saam met mense in wie se basiese behoeftes na kos, klere en onderdak nie voorsien word nie, bid ons vir verligting.

Saam met mense in wie se emosionele behoeftes nie voorsien word nie, bid ons vir broers en susters wat sal omgee.

Saam met siekes en bid ons om genesing en innerlike vrede.
Ons dink in die besonder aan: (vul in met aktuele onderwerpe)
Saam met bedroefdes en treurendes bid ons vir 'n nuwe lied in die hart.

Saam met hulle wat na U soek en nie vind nie, ook hulle wat nie weet dat hulle U nodig het nie, bid ons dat U iemand sal stuur met die goeie nuus van die evangelie.

Ons bid:
Here, hoor
Here, vergewe.
Here, luister.
Here, gryp in.
Amen.
Seën -
Mag die liefde van die Here Jesus ons na Hom toe trek;
Mag die krag van die Here Jesus ons sterk maak in sy diens;
Mag die vreugde van die Here Jesus ons vervul.
Mag die seën van die almagtige God, die Vader, Seun en Heilige Gees, tussen ons wees en vir altyd bly.

Weekprogram vir 4 tot 8 Januarie 2021
Maandag, 4 Januarie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Jesaja 60:1-6 en Matteus 2:1-12. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Hoofstuk 60-62 vorm ‘n eenheid binne Jesaja 56-66. Dit vorm die hart daarvan en fokus op die aankondiging van God se heil. Jesaja 60 bestaan uit drie dele: jahwe verskyn in Sion (v 1-9); wending in Sion se lot (v 10-16); Sion as nuwe skepping (v 17-20). Vers 1-9 kan in vier segmente verdeel word: opkoms van God se lig oor die stad (v 1-3); versameling van Israel (v 4-5a); die volkere wat aanstroom (v 5b-7; erkenning van Jahwe se Naam (v 8-9). Jesaja 56-66 speel waarskynlik af in die tydperk na die ballingskap, met die volk terug in Jerusalem.
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 5 Januarie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Jesaja 60:1-6 en Efesiërs 3:1-12. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Wat se die gedeelte vir jou van God en die mens?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Jahwe reik uit na Jerusalem (Sion) midde-in “donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies” (v2). Hier breek die lig deur. Die volke en konings vind hulle weg na Jerusalem se lig (v3). Jerusalem word ‘n ligbron deur God se verskyning. Die beeldspraak van duisternis en lig dien as visioen van geregtigheid in Jerusalem, en as belofte dat die visioen waar sal word.

Woensdag, 6 Januarie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, Jesaja 60:1-6 en Psalm 72:1-7, 10-14. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
Epifanie vier die Here se verskyning in ons wêreld en die lig van God se heerlike teenwoordigheid. Jesaja 60 beskryf die herskepping van Jerusalem. Die Here se heerlikheid sal oor sy verbondsvolk skyn om Jerusalem te transformeer. Hoe help die Ou-Testamentiese profesie oor God se verskyning in Jerusalem destyds ons om vandag in die lig van Epoifanie in God se heerlikheid te leef?

Donderdag, 7 Januarie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Jesaja 60:1-6 en matteus 2:1-12. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)

Jesaja 56-66 fokus op die Here se genade. God verwag sy mense moet geregtigheid uitleef. God eis dat alle mense Hom van harte moet dien en volg. In die lig van God se epifanie ontvang die gestuurde kerk haar roeping om in ‘n gebroke wêreld te herstel en in God se skepping te leef volgens Sy wil.
Gelowiges se getuienis tot eer van die Here is ‘n geloofsgewoonte waardeur ons oefen om lig vir die nasies te wees. ‘N Deurlopende teologiese tema in Jesaja 56-66 is dat hoop en redding bestaan vir almal wat positief reageer op God se aanbod van vergifnis. Jesaja 60 impliseer dat die hele wêreld in beweging kom. Hoe neem ons daaraan deel?

Vrydag, 8 Januarie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, Jesaja 60:1-6 en Efesiërs 3:1-12. (Dit verskyn heel onderaan.)

Paulus skryf vir die Efesiërs, wat nie Jode was nie, dat God nou op ‘n nuwe manier die geheimenis van Christus aan die mensdom bekend gemaak het. God het Paulus geroep om hierdie geheimenis te verkondig. Nou kan ons almal saam in ons verbondenheid met Christus en deur ons geloof in Hom met vrymoedigheid en vertroue na God gaan. En ander innooi?