YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

Wag Op Hom

Wag Op Hom

Sondag Dag Maand 9h00 - Prediker Naam

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, besoek gerus ons webblad:
https://lewendewoord.co.za/
Opening Skrif: Ps. 37:7
Preek notas
Dit is in ons aard om besig te wees, te wil doen, in aksie te wees. Ons leef in ‘n uitdagende wêreld waar baie dinge kits is en vining gebeur, tog verander die Here nie, Hy laat hom ook nie aanjaag nie. Sy tyd is Sy tyd - die perfekte tyd.

Hoekom is dit belangrik vir ons om te wag - te wag op Hom?
· Die vrug van die Gees: Geduld is in ons maar ons moet oorgee en onderwerp aan dit in ons beredenering, spraak en besluite.
· Dit is belangrik dat ons geduldig is met die Here, Sy manier, Sy tyd.
· Wanneer ons ons vergelyk met ander en hulle vooruitgang beny, raak ons afgunstig en jaloers en trek dit ons weg van geduldige vertroue.
· Hier praat die profeet met homself - vestig geloof en vertroue in die Here.
· Ons moet met n geantisipeerde verwagting wag op die Here – uitsien na vervulling ('craving')
· Die Here is goed vir die wat op hom wag-hoopvol uitsien
· Ons moet 'n soeker van Hom wees - Sy teenwoordigheid - honger daarna.

Wag = Kavah
Om te vervleg met God
Met verwagting ('craving') uit te sien

We shall not grow weary of waiting upon God if we remember how long and how graciously He once waited for us.
Waiting tries faith, exercises patience, trains submission, and endears the blessing when it comes. (Charles Spurgeon)
- Span geloofstoue met beleidenis van Skrifbeloftes
- Berus in die voltooide werk van die kruis
- Vier die kruis se oorwinning met Lofprysing en Nagmaal
- Moeitevrye behou van rus
Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.

- Ons bly in rus en beweeg na rus deur te bid in die Gees - deur die Heilige Gees.
- Ons bid dan die perfekte wil van God.
- Ons word opgebou in ons allerheiligste geloof.
- Ons verloor oor besig wees deur te vertrou in die Here en nie ons eie werke nie.
- Die regverdige sal deur die geloof lewe - 'n geloofsheld/heldin rus in die wete van wie ons Here is, wat hy gedoen het en in staat is om te doen.

Paulus het gesê -ek weet in wie ek glo en is oortuig van wie Hy is.

Sleutels om effektief te wag op die Here:
- Laat Heilige Gees vrug- Geduld heers.
- Soek na Sy intieme teenwoordigheid - vervleg met die Here (Bid, Aanbid, Prys, Wees Stil)
- Span geloofstoue met beleidenis van Skrifbeloftes.
- Gaan in rus deur die voltooide werk van die Kruis.
- Bid in die Gees - bly in geloof en rus.
Offergawe Skrif: Spr.3:9-10
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://online.lw.family/

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.co.za/gebed-versoek