YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Wilgeheuwel

Lieflike Woede

Lieflike Woede

40 Dae van liefde

Locations & Times

Doxa Deo Meyersdal

Nic Diederichs Rd & Taylor Rd, Honeydew Ridge, Roodepoort, 2170, South Africa

Sunday 8:30 AM

Spreuke is ’n boek oor wysheid en het baie te sê oor wysheid wanneer dit kom by woede:

Keep away from angry, short-tempered people, or you will learn to be like them and endanger your soul. (Pro 22:24-25 NLT)

Woede kan baie Gevaarlik wees
Verwoestende mag, soos ’n bom wat ontplof.
i) Vernietig jou gesondheid.
‘n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet ‘n mens op.
(Spr 14:30 ANT)

Navorsing het bewys dat woede baie meer gevaarlik is veral wanneer dit kom by hartaanvalle as byvoorbeeld vrees of angs of depressie of selfs fisiese ooreising.

ii) Vernietig gesonde verhoudings
‘n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
(Spr 15:18 AOV)

Baie verhoudings het seergekry en baie oorloë is begin a.g.v. onbeheersde woede wat opgevlam het. Dinge wat gesê en gedoen is wat enige poging op versoening verwoes het.

iii) Vernietig jou vermoë om goeie besluite te neem
Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat ’n agterbakse mens.
(Spr 14:17 NLV)

Woede besmet jou perspektief op dinge en maak dat jy dan stupid besluite neem. Hoeveel keer het jy nie onmiddellik iets berou wat jy gesê of gedoen het in ’n oomblik van woede nie?

iv) Woede is soos ’n verslawing

’n Humeurige mens betaal self die prys daarvoor. As jy hom eers een keer oorsien, moet jy dit elke keer herhaal. (Spr 19:19 NLV)

Humeurige mense wil kwaad wees, hoekom? Dis nie ’n lekker emosie nie, so hoekom? Want woede is verslawend.

Mense wat kwaad is, sal die meeste van die tyd dit ontken of ontken dat dit ’n probleem is en waarskynlik die wortel van die probleem is waarmee hulle sukkel. En so om daai waarheid weg te steek hou hulle aan om kwaad te wees of soek nuwe mense om voor kwaad te wees want as ek ander kan blameer dat vat die die blaam weg van my af. Dis net makliker om te skuil agter woede as om die regte issues aan te spreek.

want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.
(Spr 3:12)

Woede is ‘n uitdrukking van Liefde

Woede is nie net sleg nie.
Genadig en barmhartig is die Here, stadig om kwaad te word, en ryk in liefde.
(PS 145:8 NLV)
As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie.
(Ef 4:26 ANV)

Ons weet dat Jesus ook kwaad geword het. (Joh 2; Mark 3; Joh 11)

Woede is ’n emosie wat die Here vir ons gegee het en in sy oorspronklike vorm was woede ’n uitdrukking van liefde.

Woede is liefde in aksie, dis ’n verwoestende mag wat gerig is teen die bedreiging wat gevaar inhou vir dit wat jy lief het. As iemand of iets waarvoor jy lief is in gevaar is, is woede die emosie wat daardie gevaar wil elimineer. Woede kry jou slaggereed. Soos as iemand jou kind wil seermaak sal woede jou motiveer om in te tree as is die persoon sterker as jy of al is dit ‘n gevaarlike situasie.

So as jy kyk na wat jou die meeste woedend maak, sal jy ook sien wat dit is waarvoor jy die meeste omgee en lief is. Partymaal is dit n ontnugterende ontdekking.

Die rede hoekom ons lees in die Bybel dat God kwaad word, is omdat Hy ons lief het. Sy woede is nie op ons gerig nie, maar op die dinge wat skade bring en ons wil vernietig.

Wat het fout gegaan?
As woede ’n goeie ding is, waarom sien ons die verwoestende effek van woede orals?

Moenie teen jou naaste getuig as hy jou nie rede gegee het nie; moenie mense mislei met wat jy sê nie. Moenie sê: "Soos hy aan my gedoen het, sal ek aan hom doen, ek sal hom terugbetaal vir wat hy gedoen het" nie.
(Spr 24:28-29 ANV)


Vers 29: Verwys na iemand wat woedend is
Vers 28: sê dis vir geen rede nie

So hoe gebeur dit, hoe kan jy kwaad word sonder rede of jou woede stroop nie met die omstandighede nie?

Dit gebeur wanneer jou woede nie in die regte orde is nie, orde van belangrikheid. Jou woede se orde raak deur mekaar wanneer jou liefde se orde deurmekaar is.
Kom ek verduidelik. Daar is baie goeie dinge in jou lewe, jou huweliksmaat, jou kinders, jou werk, dalk ’n stokperdjie. Die orde van Liefde raak deurmekaar wanneer jy goeie dinge die absolutes van jou lewe maak. Wanneer jy verwag dat jy liefde en sekuriteit en vreugde en vervulling moet kry by mense of dinge wat jy eintlik net by God kan kry.

So wanneer jy goeie dinge meer lief het as God, dan raak jou emosies deurmekaar.
Byvoorbeeld: as jy opbreek met iemand wat jy lief het, gaan jy ’n groot stuk hartseer beleef. Mar as jy jou eie lewe wil neem as gevolg daarvan is dit omdat jy ’n absolute gemaak van ’n goeie ding. Dis wanneer jou emosies oorboord gaan, veral woede.

Ons sien woede wat in verwarde orde wanneer:
i. Die rede in ’n verwarde orde is: soos wanneer jy meer kwaad raak vir iemand wat sarkasties is teenoor jou as wat jy woede beleef omdat mense van hongerte sterf.
Dit gebeur net omdat jou liefde se orde in verwarring is.

ii. Wanner die hoeveelheid disproporsioneel is: Die hoeveelheid woede maak nie sin nie. Iemand kyk net vir jou meisie dan pluk jy ’n geweer uit. Die aksie is disproporsioneel tot die bedreiging.

iii. Wanneer die doel onduidelik geraak het. Dis wanneer woede die persoon vernietig i.p.v. die probleem.
Wanneer ‘n chirurg ’n foutiewe orgaan verwyder, is sy doel nie om jou te vernietig nie, maar om jou te red. So woede wat ’n liefdes aksie is, moet dieselfde presisie hê wat die probleem verwyder en nie die persoon nie. As ’n tiener dom dinge aanvang moet jou woede so gefokus wees, so onder beheer wees, dat dit die dwaasheid verwyder sonder dat jy die kind breek in die proses.

Jesus se woede teen oor oor sonde was so presies, dat toe hy aan die kruis hang het hy die sonde ’n dodelike hou toegedien terwyl hy ook bid: Vader vergewe hierdie mense wat hulle weet nie wat hulle doen nie. Sy doel was nie om die mense te vernietig nie, maar die krag wat die sonde oor die mense gehad het te vernietig

Hoe verander jy dit?
i. Erken dit: tot jy dit nie erken nie, sal woede jou altyd beheer.
ii. Analiseer dit:
Wat is daai belangrike ding wat jy so verdedig? Ego, trots, selfbeeld? Veg ek regtig vir die regte goed?
Dikwels is dit wat ons kwaad maak nie dit wat met ons gebeur nie, maar dit wat ons onsself vertel oor wat gebeur het met ons.

iii. Verander dit:
Kanaliseer die energie van jou woede om die doelwitte van liefde te bereik. Gebruik dit om dit wat regtig belangrik is te beskerm.

Fireproof is die storie van ’n man en ’n vrou wat die heeltyd baklei tot so ’n mate dat die vrou besluit om te skei. Die man besluit hy gaan veg vir sy huwelik so hy kanaliseer die energie van sy woede in dinge wat hy doen om sy vrou se liefde terug te wen. Maar dan bereik hy die punt waar hy wil moed opgee omdat dit net te moeilik raak:

Video clip: Fireproof cross scene

Jesus kanaliseer sy woede dat dit die motivering raak wat hom kruis toe vat en Hy die “ultimate” liefde vir ons wys al word hy oor en oor en oor verwerp.

Dalk sukkel jou met woede in jou huwelik; met jou kinders, by die werk…

Jy het so ’n klip by die deur ontvang. Die klip verteenwoordig jou woede. Jy kan kies wat jy daarmee gaan maak. Jy kan dit as ’n wapen gebruik wat verwoesting saai. Of jy kan dit as ’n “tool” gebruik waarmee jy opbou en beskerm dit wat regtig belangrik is en waar die Here vir jou wys hier is liefde in bedreiging.

My uitdaging vir jou hierdie week is, vat hierdie klip saam met jou orals waar jy gaan. Wanneer jy daarna kyk en die woorde daarop lees: lieflike woede, laat die Here toe om jou te help dat jy met wysheid sal kies wat om met jou woede te maak wanneer jy kwaad word.

Kan jy dink hoe verhoudings versterk kan word, hoe huwelike kan verander, hoe dit die gemeenskap kan transformeer wanneer die krag en energie van woede gebruik word om op te bou i.p.v. af te breek.