NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk – Huisgeloof vir Sondag, 25 Oktober 2020 en Maandag tot Vrydag, 26 tot 30 Oktober 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Sondag, 25 Oktober
Kom tot rus in God se teenwoordigheid -
Doen die oefening soos hierbo.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed - Richard Foster
Gees van die lewende God,
wees die tuinier van my siel.
Hoe lank wag ek nou al op U – stil – in ‘n koue winter van my siel.
Maar nou, in die kragtige naam van Jesus Christus, waag ek om U te smeek:
Hark weg die dooie blare van die verlede
Vergruis die harde kluite van my weerbarstige gewoontes en groewe
Werk diep in my in die ryk kompos van nuwe visie en vreugde
Plant diep in my siel u lewegewende Woord
Versorg, gee water, koester my hart
Totdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom.
Amen.
Hervormingsfees -
Vandag is Hervormingsfees. Protestante kerke waarvan ons deel is, vier Hervormingsondag op die Sondag naaste aan 31 Oktober, ter herdenking van Martin Luther wat op die dag in 1517 sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg in Duitsland, vasgespyker het. Dit het gehandel oor probleme wat met die leer van die kerk van daardie tyd ondervind is. Een was byvoorbeeld dat mense geleer is dat hulle vir vergifnis van sonde moes betaal.
Met die kerkhervorming is die klem geplaas op vyf sake (Dit word met die 5 solas saamgevat). Vandag nog help die solas ons om die kern van ons identiteit as Gereformeerdes uit te druk:
Ons sê ons word NET deur Jesus gered – solus Christus. Die enigste manier waarop ons deel kry aan die redding in Christus, is deur geloof – sola fide. Die enigste manier waarop ons geloof ontvang, is deur genade – sola gratia. Hoe ons dit weet, is deur die Bybel – Sola Scriptura.
Die uitdrukking soli Deo gloria beteken “aan God alleen die eer”. Dit word dikwels as die gedagte beskou wat al die ander solas saambind en die regte fokus en gerigtheid gee. In die Chistelike lewe gaan dit daarom nie oor óns eie eer nie, maar oor God se eer en heerlikheid.
Lees die teksgedeelte, Rigters 6:7-18.

Familie-oomblik -
Kyk hierdie video oor Martin Luther. https://www.youtube.com/watch?v=lYcrY71G6KY&index=5&list=PL1boZbSgmMBdzNA9PAD_rGYacYpB-RYtR
Ons dink vandag ook na oor ons selfbeeld. ’n Selfbeeld is hoe jy dink oor jouself! Praat as gesin oor die dinge en mense wat jou soms, soos Gideon, sleg en onbelangrik laat voel oor jouself.
Maak ‘n lysie van jou unieke eienskappe saam met Mamma of Pappa. Se vir jou kind dat God jou kind spesiaal gemaak het. Se vir jou kind wat jy van jou kind waardeer.
Druk Psalm 139:13 uit “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.” Sit dit in elkeen van julle se kamer op.

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat daag jou uit en wat gee vir jou hoop.
Wat leer ons oor die mens in hierdie verhaal?
Wat leer ons oor God in hierdie verhaal?
Wat is die dinge wat jou soms, soos Gideon, laat voel jy is onbelangrik of nie goed genoeg nie.
Kyk jy deur God se oe na jouself?
Hoe sal jy anders oor jouself dink as jy deur God se oe na jouself kyk, en nie die deur die wereld se oe nie?
Agtergrond -
In die boek Rigters word ons herinner aan God se besonderse genade, liefde en geduld met en vir Sy volk.
Die boek rigters dek ‘n lang tydperk tussen die dood van Josua en die kroning van Saul as Israel se eerste koning. Rigters is deel van ‘n groter verhaal wat alreeds vroeër begin het met Moses, voortgesit is onder Josua en wat in die boeke van Samuel en Konings verder vertel word.
Rigters se verhale vertel hoe die volk keer op keer ongehoorsaam is en sondig deur veral afgode te aanbid, maar hoe die Here ten spyte hiervan uit genade keer op keer iemand, (‘n rigter) voorsien wat hulle red.
Die Israeliete was ongehoorsaam en die Here het hulle toe vir sewe jaar oorgegee aan mag van die Midianiete. Hulle het die Israeliete wreed hanteer. Toe vra die Israeliete vir die Here vir hulp en Hy stuur vir Gideon om hulle te help.
Maar Gideon het minderwaardig en onbelangrik gevoel. Sy familie was maar arm en swak. Hyself was ook onbelangrikste van sy pa se kinders. So hoe kan hy nou vir Israel verlos.
God het Gideon se potensiaal raakgesien en waartoe Gideon in staat is binne sy verhouding met God.
Gideon het ‘n goeie selfbeeld ontwikkel in sy verhouding met God. Hy het met God gepraat en God se opregte betrokkenheid by hom ervaar en geleer om God te vertrou. Hy het besef dat God hom raaksien en wil gebruik.
Prakties -
Bid dat jy deur God se oë na jouself en ander sal kyk.
Gebed -
Saam met mense wat vasgevang is in moeilike omstandighede, bid ons om bevryding.
Ons dink besonder aan: (vul in met aktuele onderwerpe)
Saam met mense in wie se basiese behoeftes na kos, klere en onderdak nie voorsien word nie, bid ons vir verligting.

Saam met mense in wie se emosionele behoeftes nie voorsien word nie, bid ons vir broers en susters wat sal omgee.

Saam met siekes en bid ons om genesing en innerlike vrede.
Ons dink in die besonder aan: (vul in met aktuele onderwerpe)
Saam met bedroefdes en treurendes bid ons vir 'n nuwe lied in die hart.

Saam met hulle wat na U soek en nie vind nie, ook hulle wat nie weet dat hulle U nodig het nie, bid ons dat U iemand sal stuur met die goeie nuus van die evangelie.

Ons bid:
Here, hoor
Here, vergewe.
Here, luister.
Here, gryp in.
Amen.
Seën -
God stuur julle om naby aan mense te kom. Naby aan die armes. Naby aan die wat siek is. Gaan word magteloos vir die magteloses.
Gaan word swak vir die swakkes. Gaan wees Christus vir dié wat sonder sy nabyheid leef. Die genade, barmhartigheid, liefde en gemeenskap van die Drie-enige God sal met elkeen wees.

Weekprogram vir 26 tot 30 Oktober 2020
Praktiese aktiwiteit vir die week -
Begin en sluit elke dag af hierdie week met die volgende gebed.

Maandag, 26 Oktober
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en doen die oefening soos hierbo. Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, 1 Tesselonisense 2:1-8 en Deuteronomium 34:1-12. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Paulus vind dit nodig om die kollig te laat val op die motiewe agter se verkondiging van die goeie nuus, die integriteit waarmee hy as apostel (gestuurde) die evangelie aan die mense in Tessalonika bedien het, en die oorgawe waarmee hy ook sy eie menswees met hulle gedeel het - die egtheid van sy liefde vir hulle.
Gister was Hervormingsondag. Hervormers soos Martin Luther het nie net gepleit vir die suiwering van die kerk se leer nie, maar ook vir ‘n kentering by kerkleiers. Bid vandag dat die boodskap en die boodskappers eg sal wees.
Sluit af met gebed.

Dinsdag, 27 Oktober
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en doen die oefening soos hierbo. Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, 1 Tesselonisense 2:1-8 en Matteus 22:34-46. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Wat se die gedeelte vir jou van God en die mens?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Dink na -
Daar is bepaald vrymoedigheid by Paulus in sy verhouding met die gemeente vir wie hy skryf. Hierdie vrymoedigheid lê nie bloot in die status, posisie of titel van “apostel” nie, maar wel in die egtheid van die verhouding. ‘N Kerk wat opreg omgee, bedien die evangelie openhartig.

Woensdag, 28 Oktober
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en doen die oefening soos hierbo. Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeelte, 1 Tesselonisense 2:1-8 en Deuteronomium 34:1-12. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
Die geloofgewoonte van onderwerping vra dat ons ons doelbewus toewy aan ander, om diensbaar te wees, lief te hê. Iets hiervan sien ‘n mens duidelik in 1 Tessalonisense 2:1-8. Waar en hoe, teenoor wie, kan jy doelbewus die dissipline beoefen? Doen dit dan.

Donderdag, 29 Oktober
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en doen die oefening soos hierbo. Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, 1 Tesselonisense 2:1-8 en Matteus 22:34-46. (Dit verskyn heel onderaan, na Vrydag se gedeelte.)
Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou, om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
Deernis skemer deur in paulus se woorde aan die gelowiges in Tessalonika. Om deernis met ander te hê, is om deur hulle geraak te word, om jouself broos en weerloos te maak teenoor hulle, om ook hulle las saam met hulle te dra. Is daar iemand vir wie jy vandag op die wyse kan omgee?

Vrydag, 30 Oktober
Kom tot rus in God se teenwoordigheid en doen die oefening soos hierbo. Steek ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes, 1 Tesselonisense 2:1-8 en Psalm 90:1-17. (Dit verskyn heel onderaan.)

Laat die nederige soeke na Goddelike wysheid van die gebed in Psalm 90 toe om vir jou die pas aan te gee in die strewe na groter integriteit en inniger liefde.