Somerstrand Gemeente

“Soen my, soen my weer en weer!
Hooglied
Locations & Times
Somerstrand Gemeente
77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa
Sunday 6:00 PM
Somerstrand 27 October 18:30
“Soen my, soen my weer en weer!
Só begin die Hooglied van Salomo, sy mooiste lied.
Jy het waarskynlik nie gedink die Bybel sal daaroor skrywe nie!
Wel, dit is maar die eerste vers daardie ...
As jy wil weet hoe die liefde werk, dan moet jy hierdie boek lees!
Hier is 'n inleiding:
Hooglied wys hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk. ‘n Mens kan ‘n progressie van gedagtes in die loop van die gedigte waarneem, waar die gedigte algaande meer en meer van die droom oor en verlange na die liefde beweeg na die vervulling en werklikheid daarvan. Hooglied werk dus beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde. Dit sluit ook die teleurstellings en misverstande van die liefde in.
Een manier om ‘n logiese geheel tussen die verskillende gedigte te vind, is om Hooglied teen die agtergrond van ‘n drie-karakter liefdesverhaal te lees, waarin ‘n Sulammitiese vrou deur Salomo die hof gemaak word, en sy – teen die insluiting in die harem saam met honderde ander vroue – kies vir persoonlike liefde, liefde vir die man wat haar op sy beurt ook liefhet.
Die digter kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd. En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.

Laai die pdf af om dié week deur te werk
https://www.ngkerksomerstrand.co.za/dokumente/Hooglied.pdf