YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Impak Aanddiens 11 Oktober 2020

Impak Aanddiens 11 Oktober 2020

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 PM

TYD MET GOD - DEEL 3

Watter prentjie kom by jou op as jy dink aan iemand wat tyd met God spandeer?

Vanaand wil ons direk hierdie vraag konfronteer van HOE ek tyd met God spandeer. Ons gaan aanlees in Matt.6 waar ons laas week gestop het, ‘n gedeelte wat gaan oor Jesus se antwoord toe die dissipels Hom vra: “Here, leer ons bid, want U manier van bid is anders…”

“Wanneer julle bid, moenie met woorde mors soos die ongelowiges nie. Hulle dink hulle stortvloed woorde sal maak dat hulle gebede beantwoord word. Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!” MATTEUS 6:7-8

Om hierdie gedeelte beter te verstaan wil ek vir jou ‘n storie vertel wat Jesus in Luk.18:10-14 vir ‘n groep mense, heel moontlik die Fariseers wat gedink het hulle is uitgesort voor God en neerkyk op ander mense...

“Op ’n dag het twee mans daar na die tempel in Jerusalem toe gegaan om God te aanbid. Die een was ’n Fariseër en die ander een ’n belastinggaarder. (Hierdie belastinggaarders was bekend as tollenaars. Hulle het nie die godsdienstige wette gehoorsaam nie. Daarom is hulle as groot sondaars beskou.) “Die Fariseër het toe begin bid: ‘God, ek sê vir U dankie dat ek nie ’n slegte mens is nie. Kyk net: ek steel nie ander mense se goed nie. Ek lieg en bedrieg nie. Ek slaap ook nie rond nie. Ja, en ek is ook nie so ’n groot sondaar soos hierdie tollenaar wat langs my staan nie. “‘O ja, kyk net wat doen ek alles: ek vas twee keer elke week. Ek gee ook ’n tiende van elke sent wat ek verdien.’ “Die tollenaar het daar eenkant gaan staan. Hy het so skaam gekry oor al sy sondes dat hy nie eens wou opkyk nie. Hy het sy kop laat sak, met sy hand op sy bors geslaan en gesê: ‘God, ek is ’n sondaar. Help my! Wees my genadig!’” Toe sê Jesus vir die mense wat na Hom luister: “Hierdie tollenaar se gebed is dadelik verhoor. God het sy lewe in ’n oogwink splinternuut gemaak. Maar die Fariseër het met leë hande daar weggestap. Hy het gedink hy lewe goed genoeg om ’n plek in die hemel te kry. Maar dit werk nie so nie. Almal wat te veel van hulleself dink om vir God te vra om hulle te red, sal nog baie spyt wees. Maar almal wat voor God kom buig en op Hom vertrou om hulle lewe splinternuut te maak, sal verhoog word.” Luk. 18:10-14

Daar’s baie wenke, tegnieke en maniere om tyd met God spandeer, maar ek wil vir hierdie boodskap kies om dit eenvoudig en verstaanbaar vir jou te los, asook ‘n paar voorbeelde gee. Ek besef soos wat elkeen van ons unieke mense is, gaan die presiese manier van hoe elkeen tyd met God spandeer ook bietjie verskil hier en daar, tog is daar universiele beginsels wat van toepassing is op ons almal…

1. Deel jou hart eerlik en opreg met God…
'n Matt.6 en Luk.18 wat ons gelees het, dit duidelik dat vir God is eerlikheid en opregtheid belangrik - ja selfs meer belangrik as watter woorde jy gebruik wanneer jy bid. God kyk eerste na jou hart voor Hy na jou gevleulde woorde luister… Baie mense is bang om tyd met God spandeer want hulle dink God gaan hulle oordeel en uithaal vir alles wat hulle verkeerd gedoen het. Die Here soek egter nie perfekte mense nie, maar eerlike, opregte mense wat kom soos hulle is - soos Jesus se storie in Luk.18 van die tollenaar wat in sy onvolmaaktheid opreg en eerlik met God praat… Ons kan in elk geval niks vir die Here wegsteek nie, want Hy weet alles, so jy kan net sowel heeltemal eerlik met Hom wees en so “real” wees wanneer jy tyd met Hom maak. Die lekker ding hiervan is, dat jy alles met God kan deel: jou vrese, jou bekommernisse, jou hartseer, ook jou hoop, jou drome, jou begeertes en jou behoeftes…Dit bring onbeskryflike verligting, vrede en vervulling om jou hele lewe so openlik met iemand te kan deel.

Die 2de beginsel oor hoe om tyd met God te spandeer is:

2. Luister meer en Praat minder...
Ons prentjie van tyd met God en gebed is baie keer die van iemand wat met God praat. Terwyl God as ‘n liefdevolle Vader wil hê Sy geliefde kinders met Hom hulle hart kan deel, moet onsself eerlik vra: In gebed, Wie se opinie maak die meeste saak en weet die beste: Jou opinie of Die van die God van die heelal?

LUISTER as STILRAAK...
Luister kan eerstens verwys na ‘n tyd wat jy heeltemal stil raak en net fokus op God.Dis moeilik om te luister as jy nie eers stil raak nie.Jy het seker al gehoor van PSALMS 46:11 NLV wat sê: '“Wees stil en weet Ek is God! Luister en stil wees, gaan nie bloot om iets van God te hoor wat jy moet doen nie, maar ook om net eerstens te besef wie God en wie jy in Hom is. Sonder dat jy iets doen of bereik, is jy reeds ‘n geliefde kind van God en is jy waardevol vir God. Om stil te raak en te luister gaan eerstens net om God se teenwoordigheid te kan beleef en Hom geniet vir wie Hy is.

LUISTER om GOD se STEM te hoor
Luister kan tweedens iets wees wat jy spesifiek van God hoor. Jy wonder dalk: maar hoe praat God met my? Hoe weet ek wanneer Hy met my praat? Ek dink die maklikste manier hoe Hy met jou kan praat is deur die Bybel. Wanneer jy Bybel lees, wys jy ook jy wil luister met God en Hy met jou kan praat. ‘n Goeie vraag om dus te vra wanneer jy Bybel lees is: Wat probeer God vir my sê deur wat ek lees? Of anders gestel: Wat staan vir my uit wat ek gelees het? Ander manier hoe God ook met jou kan praat is: deur ander mense, deur drome & visoene, deur vrede wat jy in jou hart beleef oor ‘n besluit, deur die natuur en selfs ‘n fluisterstem of gedagte wat by jou opkom wat jy weet jy nie self kon uitdink nie. Goeie ding is om ‘n notaboekie te kry wat jy hierdie belewenisse kan neerskryf en kan terug gaan daarop, want hierdie kan lewensveranderende woorde van God vir jou wees.Mag ons leer om meer te luister en minder te praat in ons tyd met God.

3. Luister & Reageer
Toe iemand vir Jesus vra: Wat is die belangrikste gebod? Wat antwoord Jesus? My eerste reaksie was altyd LIEFDE - jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart, siel, verstand en krag en jou naaste liefhe soos jouself… Easy… Maar ek het iets gemis wat iemand my eers nou nie dag uitgewys het. Daar is iets voor liefhê wat Jesus sê. Lees gou saam my vanaf Mark.12:29:
'Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.”' MARKUS 12:29-31

Luister, kom voor liefhê. As jy nie kan leer om te luister na God nie, gaan dit moeilk wees om lief te hê.Dit stop nie by luister nie. God wil hê moet ons ook kan leef wat ons luister. Daarom sê Jesus in Matt.7:24
Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. 'MATTEUS 7:24

Mag ons tyd met God iets wees wat ons manier van leef elke dag ten goede kom verander om meer soos Jesus te wees en te leef.As jy nog nie begin het om tyd uit te koop saam met God nie, begin net - al is dit 5 minute, dalk moet jy dit verleng na 10, 15 of 30 minute.Is dit dalk tyd dat jy begin tyd belê saam met God en beleef hoe jou verhouding met Hom groei? Wees eerlik en opreg voor God, Luister meer, praat minder en reageer op Sy stem…

BESPREKINGSVRAE:
1. Watter prentjie kom by jou op as jy dink aan iemand wat tyd met God spandeer?
2. Watter aktiwiteite is vir jou belangrik wanneer jy tyd met God spandeer?
3. Hoe belangrik is dit om te luister na God in mens se stiltetyd en op watter maniere dink jy kan mens God se stem hoor?
4. Hoe dink jy moet mens se stiltetyd die manier van jou alledaagse lewe beinvloed?
5. Wat vat jy saam jou uit hierdie boodskap vorentoe op jou lewe?