Doxa Deo Langeberg

Konings. Ons ondersoek wysheid...
Almal wil wys wees. Weet jy dat dit wat jy eerste sit in jou lewe, jou wysheid bepaal? In die reeks gaan ons kyk na wat ons prioriteite moet wees en hoe wysheid uit dit vloei!
Locations & Times
Doxa Deo Langeberg
Steenbok Rd, Langeberg Ridge, Cape Town, 7550, South Africa
Saturday 9:00 AM
Sunday 9:00 AM

Konings
Wie is jou koning? Dit is maklik om te bepaal. Dink gou oor die volgende: Wat doen jy eerste met jou tyd? Waarvoor gee jy jou meeste tyd? Wat doen jy eerste met jou finansies? Waarvoor gaan die meeste van jou finansies?
Kom ek vra die vraag so: Wil jy wys wees? Ek dink ons almal kan doen met meer wysheid! Het jy al ooit iets gekoop wat jy nie moes nie? Skuld gemaak waar jy nie moes nie? Tyd spandeer op iets of iemand wat jy nie moes nie? Of selfs jou tyd toegewy aan iets of iemand wat nie belangrik is nie net om nie tyd te he vir wat regtig belangrik is nie?
Ons almal kort wysheid en ons kry ons wysheid van dit wat in ons lewens regeer! Van dit wat die koning is in ons lewens! Almal wil wys wees. Wie koning is in jou lewe bepaal hoe wys jy is…
So wanneer jou emosies in beheer is, dan maak ons… onwyse besluite! Soos tyd met verkeerde mense of geld op verkeerde goed!
Wanneer buite realiteite in beheer is, dan maak ons…. onwyse besluite!
Wanneer God se Woord in beheer is, dan maak ons… Wyse besluite.
Waarheen die Woord my lei maak nie altyd nie sin nie. Dit mag teenoorgesteld wees van wêreldse wysheid, waarheid ens. Maar laat die Woord jou lei en die vrug sal jou getuienis wees in jou lewe!
Dit IS wysheid om God se Woord in ons lewens toe te pas! Baie van ons het beleef dat die Woord so diep sny dat ons nie wysheid beleef nie maar meer pyn. Die Woord sny om te genees en nie om seer te maak nie.
Een so storie van Wysheid deur die woord vind ons in 1 Kon 17:8-16... Neem jou Bybel of gebruik sommer een wat voor jou op grond le, kom ons lees saam...
1 Kon 17:8-16 NLV
8 Toe sê die Here vir Elia: “Gaan bly in die dorp Sarfat naby die stad Sidon. Daar woon ’n weduwee. Ek het aan haar opdrag gegee om vir jou te sorg.”
9 Elia het na Sarfat toe gegaan. By die poort van die dorp aangekom, sien hy ’n weduwee wat hout bymekaarmaak. Hy vra haar:
10 “Bring tog asseblief vir my ’n bietjie water om te drink!”
11 Terwyl sy wegloop om dit te gaan haal, roep hy agter haar aan: “Bring tog ook vir my ’n stukkie brood!”
12 Maar sy antwoord hom: “Ek verseker jou voor die Here jou God dat ek nie ’n stukkie brood in my huis het nie. Ek het net ’n hand vol meel oor in die kruik en ’n klein bietjie kookolie in die erdekan. Ek was juis besig om hout bymekaar te maak om hierdie laaste maaltyd vir my en my seun gaar te maak. Daarna moet ons maar sterf.”
13 Elia sê vir haar: “Moenie bekommerd wees nie! Gaan aan en doen soos jy sê, maar bak eers vir my ’n roosterkoek en bring dit vir my. Daarna kan jy vir jou en jou seun sorg.
14 So sê die Here die God van Israel: ‘Die meel in die kruik sal nie opraak nie en die olie in die erdekan sal nie minder word nie totdat die Here weer oor die land laat reën het.’”
15 Sy het gedoen soos Elia gesê het. Voortaan het hulle al drie elke dag genoeg gehad om te eet.
16 Die kruik was altyd vol meel en die olie in die erdekan het nie opgeraak nie. Dit was net soos die Here deur Elia beloof het.
Wat leer ons uit die storie? Watter wysheid kan ons wegneem vanuit dit?
Mat 6:33
33 “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.
Wanneer ons God eerste sit, maak ons.... wyse besluite!
Ek wil jou nooi om saam met met op die reis na die soeke en ontdekking van wysheid te gaan. Die eerste tree na wysheid is ‘n God eerste lewe! God eerste in my tyd! (Hoe lyk dit?) God eerste in my finansies! (Hoe lyk dit?)
Jou vraag is miskien hoe? Begin met twee gewoonte is:
1 Tyd: Vir die volgende tyd begin jou dag om ‘n stuk uit die Woord te lees en ‘n gebed! Waar jy gewoonlik tyd spandeer om op Facebook of nuus op te vang, gebruik die tyd om te bid en met ons vader te gesels. Die geheim hier is om die gewoonte te vestig, maw druk deur, volhard en jy sal die vrug in jou verhouding met ons Vader sien en ook jou keuses wat jy maak
2. Finansies: Begin om iets te gee. Veral as jy voel jy kan nie bekostig om te gee nie! As jy nog nie jou eerste vrugte gee nie, begin met ‘n bedrag. Dit werk so, jou eerste vrugte gaan altyd na die gemeente/liggaam waar die Here jou geplant het.
3. Verklaring: Maak die volgende verklaring oor jou lewe saam met my nou
1. Soos ek in God wandel, word my liefde meer volmaak. Ek kan God met vrymoedigheid aanskou op die oordeelsdag omdat ek soos Jesus in hierdie wêreld lewe. (I Joh 4:17)
2. Ek ontvang ‘n oorvloed van genade en die gawe van geregtigheid. Ek heers in hierdie lewe deur Jesus Christus.( Rom 5:17)
3. Ek dink nie net aan myself en aan my eie belange nie, maar ook aan die mense rondom my.( Fil 2:4)
4. Ek is vriendelik en vol ontferming teenoor ander. Ek vergewe ander soos God my in Christus vergewe het.( Ef 4:32)
5. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.( Fil 4:13)
6. Ek laat die vrede van Christus in my hart heers. As deel van een liggaam is ek geroep tot vrede, en ek is dankbaar. (Kol 3:15)
7. Ek lewe op ‘n manier wat waardig is voor die Here, en Hom in alle opsigte behaag. Ek dra vrug in elke goeie werk en groei in die kennis van God. (Kol 1:10)
8. Ek word versterk met alle krag volgens God se mag. Ek het baie uithouvermoë en geduld. (Kol 1:11)
9. God het my nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie. God gee vir my krag, liefde en selfbeheersing. (2 Tim 1:7)