NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk - Huisgeloof vir Sondag, 13 September 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 1:00 PM

Kom tot rus in God se teenwoordigheid -
Fokus op jou asemhaling en haal ’n bietjie dieper as normaalweg asem, sodat jy ’n bietjie kan afskakel van die dinge wat op die oomblik deur jou gedagtes maal. Laat dit vir jou voel asof jy afblaas. Fokus op die aangename gevoel van rus wat dit jou gee.
Met elke uitasem is dit asof jy stukkie vir stukkie van die spanning in jou ontsnap. Dit kan voel of jy stukkie vir stukkie in jouself afsak, in jouself tot rus kom (+- vir 2 minute).
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed -
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewegheid. Amen
Lees die teksgedeelte Matteus 18:21-35.

Kinderoomblik -
Weet jy wat beteken dit om te vergewe? Dit beteken dat jy nie kwaad sal bly vir iemand wat jou sleg behandel of iets verkeerd teenoor jou gedoen het nie. God verwag dit van Sy inders. Partykeer is dit baie swaar om mense te vergewe maar Jesus kan ons help om dit te doen.
Dit was net so moeilik vir Lydia om te vergewe. Een oggend, by die saalbyeenkoms, lees die hoof die gedeelte in Matteus 18 vers 21-35. Lydia sit vies en luister want sy is baie kwaad vir een van die seuns in haar klas. Divan het ‘n lelike skinderstorie oor haar versprei by die skool en nou kyk almal haar skeef aan. Alhoewel hy daarna vir haar verskoning gevra het, het Lydia besluit sy gaan hom definitief nie vergewe nie. Wat dink jy van Lydia se houding? Sou jy vir Divan kon vergewe as jy in Lydia se skoene was?
Die die storie oor vergifnis wat die hoof in die Bybel gelees het, het egter baie vir Lydia gepla, want sy is Jesus se kind en Jesus sê sy moet vergewe. Lydia was nader hand baie hartseer en sy kon later nie meer slaap nie. Die volgende dag, toe sy by die skool kom, stap sy sommer dadelik na Divan. Sy vertel hom dat hy haar baie seer gemaak het met wat hy gedoen het, maar dat sy hom vergewe. Skielik was dit asof daar ‘n groot las van Lydia se skouers afval. Sy het geglimlag en sommer dadelik vir God dankie gesê dat hy haar gehelp het om vir Divan te vergewe en dat Hy ook al haar verkeerde dinge vergewe.
Wanneer ons ander mense nie vergewe nie, maak dit ons en hulle harte seer. Almal maak foute en God vergewe ons sondes, dus moet ons ook ander mense vergewe as hulle iets verkeerds teenoor ons doen.

Moontlike vrae -
- Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
- Wat daag jou uit en wat gee vir jou hoop?
- Gesels as gesin saam oor die gedeelte. Of bel iemand en praat met hom/haar hieroor.
- Bespreek die kompleksiteit van daarvan om te vergewe. Waarom is dit so moeilik en soms ook so maklik? Deel julle ervarings om ander te vergewe met mekaar en wat die afloop daarvan was.
- Om vanuit die diepe oortuiging van God se genadige ontferming en eindelose barmhartigheid te vergewe, is die sleutel en geheim van ‘n ware vergewensgesindheid wat pas by Jesus-volgelinge. Besin oor wat die rede(s) mag wees waarom ons hierdie waarheid dan so maklik buite rekening laat in ons alledaagse lewe.
- Dink na oor die ondenkbare manière waarop ons ander mense seermaak en te na kom in interpersoonlike verhoudings en sisteme waarvan ons deel is. Hoe kan Jesus-volgelinge meer bewus en meer sensitief wees vir die pyn wat ons vir ander veroorsaak en minder gevoelig vir dit wat ander ons aandoen?
Agtergrond -
Matteus 18 is deel van Matteus 13:54-19:2 waar Jesus op die onderrig van sy dissipels fokus. Jesus het aan die einde van Matteus 17 die tweede keer sy dood en opstanding verkondig.
Nou kom ons in hoofstuk 18 by Jesus se vierde groot toespraak wat gaan oor verhoudings binne die geloofsgemeenskap. Party noem dit die kerkrede.
‘n Paar dinge word uitgelig. Die belangrikheid van nederigheid in verhoudings, dat struikelblokke tussen gelowiges vermy moet word, dat daar na afgedwaaldes uigereik moet word, dat die wat afdwaal reggehelp moet word.
Jesus reageer dan in vanoggend se fokusgedeelte op Petrus se vraag in vers 21 oor hoeveel keer ‘n broer vergewe moet word wat teen mens sondig. Petrus stel 7 keer voor. In Joodse terme was dit baie. Vir hulle was die grens gestel op drie keer.
Jesus ruk egter die mat onder Petrus uit deur te se 70 x 7. Jesus stel egter nie ‘n nuwe, groter grens op vergifnis met die getal 490 nie. Hy nooi ons nie uit om bietjie wiskunde te oefen nie. Hy se eerder dat ons vergifnis onbeperk moet wees, onophoudelik. Ons moet voortdurend vergewe.
Jesus verduidelik dit aan die hand van ‘n verhaal. Hiermee illustreer Jesus vir gelowiges dat God uit genade en liefde ons elkeen ontelbare groot skuld afgeskryf het.
Ons kry hierdie vergifnis as ‘n onverdiende geskenk. Dit moet ons verander en inspireer. Ons kan nie genadeloos optree as christene nie. Dan vergeet ons van God se genade.
Ons wat God se genade en vergifnis gesmaak het moet ander dit ook laat smaak.
Prakties -
1. Neem tyd om net by Jesus in sy teenwoordigheid met jou wonde en pyn te wees. Maak ’n inventaris van plekke en verhoudings waar Jesus se heling benodig word. Gee dit doelbewus aan die Here oor.
2. Vertrou iemand met jou seer en pyn en die persoon om saam met jou te bid.
Die Geloofsbelydenis van Nicéa:
Hoewel hierdie geloofsbelydenis die naam dra van die plek Nicéa [Klein-Asië] waar in die jaar 325 die eerste ekumeniese konsilie gehou is, is dit nie letterlik die belydenis wat op die konsilie opgestel is nie. Dit het ná 362 ontstaan en is uitgebrei op die tweede ekumeniese konsilie te Konstantinopel [381], terwyl nog later “en die Seun” [by die uitgaan van die Heilige Gees] daaraan toegevoeg is. Dit word daarom ook die “Niceno- Constantinopolitanum” genoem.
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge; en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye; (God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader; deur wie alle dinge ontstaan het; wat ter wille van ons, die mens, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is; en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte; wat opgevaar het na die hemel, en wat sit aan die regterhand van die Vader; wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het, wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie; en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word, wat gespreek het deur die heilige profete. Ons glo aan een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes; ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die lewe van die toekomstige eeu.
Amen.

Gebed - (St Franciscus van Assisi)
God - maak van my `n instrument van U Vrede
Waar daar haat is, laat my Liefde saai
Waar daar seermaak is - Vergifnis
Waar daar vertwyfeling is - Geloof
Waar daar wanhoop is - Hoop
Waar daar donkerte is - Lig
En waar daar hartseer is - Vreugde
O Heilige God - gee dat ek nie soveel streef
Na vertroosting as om te Vertroos nie
Om verstaan te word as om self te probeer verstaan
Om vir liefde te vra as om Liefde te gee
Want dit is deur te gee wat ons ontvang
Dit is deur te vergewe wat ons vergewe word
En dit is in ons sterfte wat ons gebore word tot U ewige Lewe
Amen
Seën -
Mag die onderstebo wysheid van God wat die maghebbers van die wêreld oorwin het, deur aan ‘n kruis te sterf, aan ons die krag gee om in Jesus se voetspore te volg.
Mag dieselfde dienende gesindheid in jou wees wat daar ook in Jesus Christus was.
Mag God jou leer om die regte woorde te gebruik sodat jy die wat moeg is, kan moed inpraat.