YouVersion Logo
Search Icon

AGS Arendshoogte AFM

Die storie van 'n goeie Vrydag

Die storie van 'n goeie Vrydag

Locations & Times

Doxa Deo Meyersdal

Nic Diederichs Rd & Taylor Rd, Honeydew Ridge, Roodepoort, 2170, South Africa

Friday 8:30 AM

As ek vir jou vra, haal uit jou selfoon. Gaan na ’n random foto toe en vertel vir ons die storie van daardie foto. Gaan party stories snaaks wees, party gaan interessant wees, party dalk vervelig maar daar gaan ook stories wees wat jou diep geraak het.

Ek het so foto op my foon wat sy eie storie het maar wat my regtig diep in my hart geraak het. Die foto het ek geneem in New York, by ground zero in die 9/11 museum. Dis ’n foto van ’n voertuig wat in normale omstandighede hoop bring. Maar in die foto is die voertuig flenters.

Almal het al foto’s en beeld materiaal gesien van wat daar gebeur het, maar ek kan nie vir jou beskryf hoe dit vir my gevoel het om daar rond te loop en iets soos dit te sien en jy besef die verskrikking van wat op daardie dag afgespeel het nie. Maar kan jy jouself indink wat die storie moet wees van die manne aan wie hierdie brandweerwa behoort het?

Ek het nog ’n foto op my foon. Dis nie ’n prentjie nie, dis ’n foto van woorde uit die storie van Luk. 23
Vers 54:Net daardie paar woorde: Dit was Vrydag, vertel ’n aangrypende storie.

Die storie soos ons hom vandag vir mekaar sal oorvertel sal begin met die woorde:
En dit was ’n Goeie Vrydag. Want dis wat ons dit noem, Goeie Vrydag.

Die tragedie wat New York getref het, het op ’n Dinsdag gebeur.
Nêrens in die museum het ek ‘n bordjie gesien wat praat van die GOEIE Dinsdag nie. As jy met die New Yorkers gesels oor daardie dag, dan verwys hulle nie na die Goeie Dinsdag van Sept. die 11de nie.

En tog noem ons vandag, Goeie Vrydag. Die dag toe ons eie bron van Hoop, Jesus, gekruisig is.

Op die spesifieke Vrydag. Het dit nie gelyk soos ’n Goeie Vrydag nie. Miskien vir hulle wat Jesus verafsku het, wat hom wou dood hê. Kajafas, die Fariseërs, die Romeinse soldate wat die Joode gehaat het. En natuurlik satan, vir hom was dit inderdaad ’n Goeie Vrydag.

Maar wat van Maria, Jesus se ma. Kan jy dink hoe moeilik dit vir haar moes wees?
Maria Magdalena, die een wat liefde en vryheid en vergifnis in Jesus ontdek het.
Jesus se vriende en dissipels: Hy’t hulle lewens kom omkeer, hulle so baie dinge geleer, hulle oë oopgemaak om die Koninkryk te sien soos Vader wou he hulle moes dit sien.
Vir drie jaar lank, het Jesus hulle op ’n Journey gevat van liefde en geloof en hoop.

Maar nou is dit Vrydag en Hy hang aan ‘n Kruis en die prentjie hiervoor hulle vertel ’n storie wat nie liefde of hoop bring nie, dit vertel ’n storie wat nie geloof in hulle harte vestig nie.

So hoe kon dit vir hulle ‘n Goeie Vrydag wees? Die feit van die saak is, dit was nie. Hulle was bang, het weggekruip uit vrees vir hulle eie lewens. Bang dat hulle dalk ook soos Jesus sou op eindig.

Vandag kyk ons na presies dieselfde dag in die geskiedenis en sê:
Prys die Here, dis goeie Vrydag.

Hier’s die verskil:

Ons kyk terug in die verlede in; en ons sien die hartseer en bitterheid rondom die kruisiging. Ons besef die omvang van wat Hy en almal wat lief was vir Hom, moes deurmaak op daardie Vrydag.

Maar hier is wat ons weet vandag. Ons weet die storie eindig nie op ’n Vrydag nie. Die storie het ook ’n Sondag moment.

Want Sondag is op pad!

Anthony Campolo, vertel ’n storie in sy boek: "It's Friday, but Sunday's Comin” van hoe hy deel was van ’n gemeente waar hulle die gebruik gehad om 1 keer ‘n jaar ‘n preek diens te hou waar daar net gepreek word. So ‘n paar pastore word genooi en dan preek hulle die een na die ander. Elke prediker doen sy bes om die woord dan met krag en oortuiging te preek. Jy kan dink dit was ‘n lang diens.

Nou sê hy die gemeente het ‘n manier gehad om jou vinnig te laat weet hoe jy as prediker doen. Goed of nie so goed nie.
Hy sê eendag toe preek hy, terwyl hy preek roep daar ‘n tannie van agter af
“Help hom Jesus, help Hom” Hy sê toe weet hy; nou doen hy nie so goed nie.

Maar net so, wanneer dit goed gaan dan skree die manne hier voor “preach it brother”.

En so, op die betrokke Sondag, is dit sy beurt om te preek en hy sê hy is aan die brand. Mense is opgewonde en hulle moedig hom aan. En hoe meer die mense hom aanmoedig hoe warmer raak hy. Hy sê hy is later so aan die brand dat hy lus het om op te hou preek en notas te vat van sy eie preek.

Toe hy klaar is, gaan sit hy en sy senior Pastoor wat baie ouer was as hy sê vir hom:
“Jy’t goed gedoen” Hy sê, hy glimlag so vir hom en sê vir hom “Kyk of jy dit kan klop”
Die ou pastoor leun toe so oor en fluister vir hom “kyk hoe hierdie ou man vandag vir jou ore aan sit”

Hy trek daar weg, en sy preek gaan basies oor ‘n paar woorde wat hy oor en oor herhaal Dis Vrydag maar Sondag is op pad.
Die ouman het stadig begin:
Dis Vrydag: my Jesus hang aan die kruis en hy’s dood. Maar dis nou eers Vrydag.
Hier voor is ’n broer wat skree “Preachit brother”. Dis al wat die ou man nodig gehad het.
Vir ‘n uur en half preek hy, Dis Vrydag; maar Sondag is op pad.

Toe hy klaar is, die eindig Hy af met ‘n klip harde: dit is Vrydag en soos een man is die gemeente op hulle voete en skree hulle terug maar Sondag is op pad!

Ek weet nie watter stories die foto’s op jou foon sal vertel nie. Dalk is daar stories in jou hart waarvoor daar nie foto’s op jou foon is nie.

Stories wat steel, stories wat jou onrustig maak, stories wat so bietjie swaar hier op jou skouers kom rus.

Ek het vir jou ’n boodskap vanmôre: dis Vrydag, maar Sondag is op pad.

Dalk is jou stories meer ernstig, stories wat jou laat stres, stories wat maak dat jy nie kan slaap nie, stories wat maak dat jy maag swere kry.

Maar: dis Vrydag, Sondag is op pad.

Dalk is jou stories skrikwekkend, stories wat jou hart gebreek het, stories wat jou laat moed opgee het, stories wat die lewe onuithoudbaar gemaak het.

Luister: dis Vrydag, dis nou eers Vrydag, Sondag is op pad

Dis hoekom ons vandag ‘n GOEIE Vrydag noem want ons weet, Sondag is op pad!

Ons weet die oorwinning is vasgemaak, ons weet sy genade is genoeg, ons weet sy liefde sal ons nooit los nie, ons weet Hy sal alles ten goede laat meewerk, ons weet Sondag is deel van die storie en al is dit Vrydag dis ’n Goeie Vrydag want Sondag is op pad!

LEES SKRIF: Jes. 53:5 & Eff 2:6