YouVersion Logo
Search Icon

AGS Arendshoogte

Kaleidoskoop

Kaleidoskoop

My Oudste Broer

Locations & Times

Doxa Deo Wilgeheuwel

C/o Nic Diederichs & Taylor Road, Honeydew Ridge, Roodepoort, 1732, South Africa

Tuesday 7:30 PM

Ek is die jongste van 4. Ek het twee ouer broers, die lewe was moeilik vir my?
Ek kan heeltemal verstaan hoekom die verlore seun weggeloop het, hy was die jongste.

Is hier enige iemand wat my pyn ken?

Ons is besig met ’n reeks wat gaan oor die storie van twee broers en ’n pa. Ons noem die reeks kaleidoskoop want ons kyk na die storie uit elkeen van die karakters se unieke perspektiewe. Die vorige twee weke het ons gekyk na die perspektief van die jongste seun. Vandag gaan ons stilstaan by die perspektief van die ander broer.

Van die eerste mense op aarde, was daar nog altyd spanning tussen broers, Kain en Abel, Esau en Jakob, Josef en sy broers.

En so ons beleef ook soortgelyke spanning tussen hierdie twee broers ons storie. Die Jongste broer het drooggemaak en die ouer broer kon hom net nie vergewe nie.
Maar daar is meer in die storie, as net spanning tussen twee broers.

Die Bybel sê dat die jongste broer het huis toe gekom en sy pa was so by hom hom te sien dat hy vir hom ’n partytjie gereël het. Terwyl die partytjie aan die gang was. Het die oudste broer by die huis aangekom en hy was woedend.
En so natuurlik was hy kwaad oor alles wat die jongste broer aangevang het, maar dis interessant dat wanneer sy pa met hom kom praat, dan begin hy nie eerste te kla oor al die goed wat sy broer aangevang het nie. Hy begin by homself:

Kyk, al die jare werk ek soos ‘n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ‘n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooiteers ‘n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie.
Toe sê die pa vir hom: Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. (Luk 15:29&31)

Ons weet dat die jongste seun verhoudings issues met sy pa gehad het. Maar as jy mooi kyk, sal jy sien dat die oudste seun het ook nie verhouding verstaan nie. Hy gebruik woorde soos slaaf; opdrag; nog nooit: nie een van hierdie woorde is verhoudings woorde nie. In sy eie perspektief is daar nie verhouding met sy pa nie.

Hy mis dit.

Daar is drie goed uit sy perspektief uit wat veroorsaak het dat hy dit mis

1. Sy perspektief sê vir hom hy moes:

· Hard werk soos ’n Slaaf.
Om hard te werk is nie ’n slegte ding nie. As jy hard werk op skool, of jy werk hard om jou loopbaan of besigheid te bou of jy werk haard aan jou huwelik, dis nie ’n slegte ding nie. Hoekom sou dit vir hom voel dat hy ’n slaaf is? Die werk van ’n slaaf was vernederend gewees.
Die sleg van ’n slaaf se lewe was nie harde werk nie, dit was skaamte.

2. Sy perspektief sê vir hom hy moes:
· Elke opdrag van sy pa uitvoer. M.a.w. hy moes presteer. Hy sê hy’t dit gedoen maar diep in sy hart weet hy, hy het nie. Dis nie moontlik nie, geen mens kon nog ooit altyd alles reg doen nie.
Wat gebeur is, wanneer jy voel jy moet presteer en jy kry dit nie reg nie, dan voel jy skuldig. Jy voel jy maak dit nie.
Hierdie seun het so hard probeer om dit te maak en iets binne hom het bly vir hom sê jy maak dit nie. Jy’s skuldig.

3. Sy perspektief het vir hom gesê hy het:
· Nog nooit iets by sy pa gekry nie. Dink jy dit was regtig so? Nee, hy’t dit net gemis. In sy kop het hy gedink ek is nie goed genoeg nie, daarom kry ek niks nie. Hy beleef ’n stuk seer.

Hierdie ouer broer se probleem begin nie by sy jonger boetie nie. Dit begin by homself. Dit begin by sy verhouding met sy Vader.
Drie goed: skaamte, skuld en seer maak dat hy nie sy pa se hart verstaan nie en dat hy nie sy broer kan vergewe nie.

My eie twee seuns, verskil 4 jaar van mekaar en hulle het baie baklei.
My jongste het die oudste partymaal teen die mure opgedryf. Maar wanneer dinge ernstig geraak het, wanneer Jako seergekry het, was sy ouboet onmiddellik daar vir hom.

Ek vra vir Chris of hy nie ’n gedig vir sy boetie wil skryf nie:

My Little Brother:
I guess you are not so little anymore,
I don't think I can carry you around, as I did before.
We have grown into completely different men,
But we were even so different back then.
But together we have always made a dangerous team.

Yes it is true we had our ups and downs,
And through the years we had our smiles and frowns.
We fought more than our parents sometimes could take,
I think sometimes we just wanted to see how much chaos we can make.
To the outside world it would seem like we could never get along,
But that is where the outside world was wrong.

Together we went on our imaginary adventures,
Fighting our way to all our burried treasures.
From driving through the bush on our little four by four,
To swimming in ice cold water, two brothers could not ask for more.
All the fun times, but also all the times that were tough,
Made us realise when we had each other, we had enough.

I will admit sometimes I just could not stand you,
But for you my little brother, there is nothing I would not do.
Yes there are times still, where we don't get along the best,
But it will always be you and me against the rest.
You and me we have a brotherly bond forever.

Die vraag wat ek myself vra, is waar was hierdie ouboet toe sy jongste broer wou wegloop? Hoekom het hy nie probeer om hom te keer nie? En nou dat hy terug is, waarom is hy nie ook so bly soos sy pa nie? Hierdie ouer broer het sy jonger boetie gefaal toe hy hom die nodigste gehad het.

Ek wil vir jou sê ons het ’n oudste broer wat is nooit faal nie. Rom 8:29 sê Jesus is ons oudste broer.

En toe die moeilikheid kom, toe ek en jy weg gestap het van ons verhouding met Vader, was dit ons oudste broer wat ingegryp het en wat sy lewe gegee het, sodat ons weer in verhouding met Vader kan staan.

Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer. (Rom 5:17)

In hierdie een vers kom Jesus en hy kom bring herstel in ons SKAAMTE – ons SKULD - en ons SEER.

Sien dis hierdie selfde drie goed wat vandag nog my en jou perspektief rondom ons verhouding met Vader kom skeeftrek.

Maar ons oudste broer het ingegryp en:

· Vir die skaamte wat ons sondes en gebrokenheid veroorsaak het hy ’n oorvloed van genade gegee
· Vir die skuld wat ek en jy moes dra het hy vryspraak gebring.
· Vir al die seer in hierdie lewe het Hy ons kom sit op ’n plek van Outoriteit waar ons heerskappy kan uitoefen oor die seer.

Ek weet nie waar jy is vandag nie? Of jy soos die jongste broer is wat weg gestap het van jou verhouding met Vader en of jy soos die ander broer is wat sukkel met jou verhouding met Vader. Wat nog stoei met skaamte en skuld en seer.

Jou oudste broer, Jesus, het jou nie gefaal nie:

My uitdaging vir jou vanmôre is, wil jy nie jou perspektief kom skuif nie. Wil jy nie sien wat Jesus sien as Hy na jou kyk nie. Wil jy nie begin om ’n ander uitspraak te maak oor jou lewe nie.

Omdat Hy was – daarom is Ek: geliefd , vergewe, genees... leef ek nie vir oorwinning nie, maar vanuit oorwinning.