YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Moot

Holy Spirit - Person

Locations & Times

Doxa Deo Moot

1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa

Sunday 6:00 PM

Holy Spirit as Person

Ons skop vandag ’n Reeks af oor die Heilige Gees.

Ekt groot geword in die kerk en het gestruggle met die hele konsep van die Gees van die Here. Want ons leer nie baie van die werking van die Gees nie, en nog minder het ons geleer oor wie die Heilige Gees is. Ek het altyd gedink aan die Gees as hierdie deel van God wat nie regtig ’n Persoon is nie, maar meer net iets. Want die konsep van die Gees van God is baie abstrak en letterlik vir my ’n Wolkie. Ek kan nie aan die Gees vat nie, maar ook kan ek hom nie invision nie. Ek het vir baie lank gedink aan die Gees as ’n duif, maar ook ’n kolom mis of rook of wat ookal wat net mysticaly verby sweef of soos wat in Handelinge staan ’n tong van vuur. Ek het geglo die Gees van God is net ’n gevoel wat jy voel as jy nie weet wat jy voel nie, en jy weet dit is nie die girl wat nou verby gestap het wat jou so laat voel nie. Dit was weird. As iemand gepraat het van Gees, was dit hierdie prentjie van letterlik spoke, of iets wat nie vorm of ’n keuse van Sy eie het nie. Dit was vir my die deel van God wat jou oorneem en jy het nie meer beheer oor dit wat jy doen nie. Ekt dit verstaan amper soos ’n bose gees wat mense se lewens oorneem maar op ’n goeie manier. Dit klink scary in my kop hoor.


Maar wat as ek vir jou vandag sê dat Die Gees van God is ’n Persoon. Soos Jesus en God vir ons ’n persoon is, so is die Heilige Gees ook ’n Persoon. En die Gees is nie hierdie verlangse deel van God waaroor niemand wil gesels nie, nee die Gees is vir jou en vir my eintlik die belangrikste verhouding van ons tyd. Ek weet die konsep van Vader, Seun en Heilige Gees is partykeer bietjie abstrak en moeilik. Dit is die waarheid dat ek en jy verhouding kan insien met die Vader en die Seun, maar as ek sê hê verhouding met die Gees dan mag dit dalk nie regtig verstaan hoe dit moet werk nie. Of ons verstaan is dat Hy vir ons soos ’n survival kit is om te kan oorleef as Christene tot Jesus weer terug kom. Maar dit is alles behalwe die Waarheid. Die belangrikste werk in ons tyd is die Werk van die Heilige Gees in jou en deur jou.


Kom ons gaan kyk in die Bybel. Die ou Testament sien ons hoofsaaklik as die Werk van God die Vader, en die nuwe Testament sien ons hoofsaaklik as die werk van Jesus, maar vandat Jesus opgevaar het en die Heilige Gees gekom het is die Heilige Gees die deel van die 3 eenheid wat van toe af tot nou die een is wat in beheer is op aarde. Dink gou daaraan; Jesus het gesê: In Johannes 16:

7 But I tell you the truth, it is to your advantage that I go away; for if I do not go away, the [a]Helper (Comforter, Advocate, Intercessor—Counselor, Strengthener, Standby) will not come to you; but if I go, I will send Him (the Holy Spirit) to you [to be in close fellowship with you].
13 But when He, the Spirit of Truth, comes, He will guide you into all the truth [full and complete truth]. For He will not speak on His own initiative, but He will speak whatever He hears [from the Father—the message regarding the Son], and He will disclose to you what is to come [in the future]. 14 He will glorify 15 All things that the Father has are Mine. Because of this I said that He [the Spirit] will take from what is Mine and will reveal it to you.

Hierdie gebeur voor Jesus Gekruisig word, so die Dissipels is suppose om al die te verstaan, maar dis moeilik. Hy word gekruisig!
Die dissipels verstaan na Jesus se opstanding dat Hy moet weggaan, en dat Hy vir hulle ’n opdrag gegee het, GO >>> MOVE, maar hier staan hulle op ’n plek waar hulle leier, hulle leermeester, alles wat hulle voor geleef het op vaar Hemel toe, en Hy sê dit is vir julle beter as ek gaan. Hoe verstaan ons dit, en hoe moet hulle dit verstaan. Hier is hoe ek dit sien:

Jesus in Sy menslike vorm was gebonde aan Tyd en Ruimte, maar die Gees van God; wat volkome God is soos die Vader en die Seun God is; is nie gebonde aan dit nie. God kom kuier nie meer nie, Hy is hier in vorm van die Heilige Gees. Maar Hy kon slegs kom as die mens weer herstel was. Jesus se plan van die begin af is Verhouding, Verhouding, Verhouding. Jesus die Volkome offer het gemaak dat die Gees in mens kan woon, want God kan nie wees waar Sonde is nie, en Jesus het die krag van Sonde kom verwyder.

In Joh 21 lees ons
Jesus blaas oor die Dissipels. Hulle word wedergebore en het die Gees ontvang. Die Gees kon weer in mense leef.

Maar ons lees ook in Hand 1:4 dat Jesus vir die Dissipels sê dat hulle moet wag voor hulle uitgaan, hulle moet wag vir die Vervulling van die Heilige Gees.

Ons het almal die Gees maar het die Gees jou? Is jy gedoop met die Heilige Gees. As ek ’n water vat en kom ons sê dit is die Heilige Gees en ek drink hierdie water, wat gebeur met die water. Jy weet nie want jy sien dit nie, maar dit maak my vol. Dit les my dors vir n rukkie. Net so as ons ons lewens vir die Here gee maak hy ons lewe vol, ons het die Heilige Gees in ons. Maar as ek nou hierdie lyf van my vat en ek spring in ’n swembad dan is die water nie meer net in my nie, ek is in die Water.

Baie van ons vat die Gees vir onsself, maar die gedagte is dat die Gees jou sal vat. Dat jy sal deurweek wees met die Gees. Baie van ons het ervaring van die Heilige Gees en ons drink dit in, maar ons laat net soveel toe, Ek wil jou uitdaag om vanaand nie net in te drink nie, maar maak jou hele wese nat. Submerge Yourself.

Toe ek wedergebore was en my verhouding met die Here begin het, het ek so gesmag na meer van die Heilige Gees want ek het gesien hoe dit manifisteer in ander mense se lewens, maar in my eie lewe het ek episodes gehad waar die Gees so tasbaar betrokke was dat ek nie uit dit uit wou beweeg nie. Dit was amazing. Maar my begeerte was meer. En ek weet jy sit vanaand dalk hier met daardie selfde begeerte.

Nou ek glo dat die Gees van God se begeerte is dat jy volkome alles in jou sal oorgee en nie net ’n plekkie maak vir Hom in jou nie, maar dat jy jouself laat beheer, lei deur die Gees. Ek het op ’n plek gekom in my lewe waar ek die Here in alles toegelaat het, en ek het elke oomblik gebruik om myself te submerge in wie Hy is.


Een aand was ons besig om te aanbid en net vir die Here te sing en te sê hoe amazing Hy is, en my hart het so oorgeloop van Sy amazing grootheid in my lewe dat ek by die einde van my as mens gekom het om te sê hoe groot en amazing Hy is, en die volgende oomblik was ek gedoop in die Heilige Gees. m.a.w. Ek was totaal en al oorgegee in hom, en ek het op daardie oomblik net in tale uitgebars. Dit was amazing en scary op die selfde tyd, maar iets in my het verander. Die fellowship met die Heilige Gees, met die Here was nooit weer dieselfde nie.

I was not only filled but jumped into the fullness of the Spirit. Niemand het op daardie stadium vir my gebid nie, ek was besig, volkome besig met God. Maar wat ek daardeur wil sê is dat Sodra jy volkome oorgee, surrender aan dit wat HY in en deur jou wil doen dan sal dit gebeur. Daardie Connection is soos geen ander connection nie. Dit is intiem, en volkome, soveel vrede en soos niks wat jy al ooit op aarde kan voel nie. Maar dit is ook ’n verhouding wat moet groei!

Die Heilige Gees en dit wat Hy alles in en deur jou en my doen is so lekker ontdekkingsrys, en ek kan onmoontlik in 1 aand vir jou alles vertel van die Heilge Gees nie, maar die amazing ding is dat die Heilige Gees, God in jou, self ook goed aan jou kan openbaar.

Hier is so paar goed wat die Heilige Gees vir jou en my doen. Dit is onmoontlik al wat hy doen, maar ek wil jou net opgewonde maak om te sien wat Hy vir jou en my doen.

Regenerates the believer (Gee jou nuwe krag)

Toe Jesus die Dissipels uitgestuur het moes hulle terugkom vir Care, maar ek en jy het die Gees in ons.


*Spirit indwels believer
Hy maak homself deel van elke deel van jou lewe.

*Spirit reveals to us.
Hy gee vir jou Revelation van wie Jesus is en die Vader is, en Hy is die een wat aan jou God se hart gee.

*Fills us
*Author of scripture (Inspired by)
*Interprets Scripture - To understand the bible you need the Spirit
*Spirit Guides believer
*Anoints believer
*Sanctify believer (sonder af)
*Provides fruit for believers life.
*Empowers the believer


Daar is nie ’n regte tyd en Seisoen om te wag sodat ons die Heilige Gees deel van ons hele lewe kan hê nie. So vanaand is daardie aand. En ek wil jou nie langer laat wag voor jy dit ervaar nie.

Partykeer wil die Gees iets kom doen wat ek en jy nie verstaan nie, iets wat buite ons beheer of rasionele denke is, en jy moet oorgee.

If we don’t invade the impossible
we have not let the Spirit invade our lives.

Mense het met jou verhouding en kom dalk na jou toe om ’n ontmoeting te hê met God in julle gesprek, as jy nie toelaat vanaand dat die Gees iets in en deur jou kom doen nie gaan jy en die ander persoon teleurgesteld uit die ontmoeting uitstap, maar as jy die Gees toelaat is dit meer as Woorde, maar as ’n boodskap, meer as ’n konsep of ’n argument; vir of teen.

Jy het ’n Persoon wat op jou lewe rus, wat in jou is, wat om jou is, en hierdie persoon van die Heilige Gees brand om losgelaat te word in ’n omgewing waar jy beweeg om dit te verander, om mense om jou se lewens te oorspoel en om God se waarhede te laat gebeur.

You are assigned to walk into Fearfull rooms
to release the Person of the Holy Spirit.

Ons gaan nie enige van ons omgewings in ons stad verander sonder die Heilige Gees nie. Die Woord sê, Not by Might nor by Power but by the Spirit says the Lord!

Dit gaan nie vanaand oor die Gawes van die Gees nie, dit gaan oor die Persoon van die Heilige Gees. Die Ware krag in jou lewe. Hy is trooster, helper, vriend, advokaat, intersessor. Hy is meer as wat ek en jy in Woorde kan sê. So vanaand wil ek jou vra of wil jy Hom toelaat, sal jy asb die Gees toelaat en meer toelaat om deur jou te spoel, maar ook oor jou te spoel, jou vol te maak. Kan ons vanaand soos die Dissipels wag op Krag. Kan ons vanaand Ja sê vir die Persoon van die Heilige Gees.

Ek wil vra daar waar jy sit vanaand. Ek gaan nie ’n uitnodiging maak nie, want ek weet en glo met alles in my dat elkeen van ons vanaand ’n besluit moet maak om toe te laat of dalk weer toe te laat dat die Heilige Gees jou lewe kom oorspoel. Sal jy daar waar jy is vanaand gou jou oë toemaak.

Ek gaan die Here vanaand vertrou dat Sy Gees nou in hierdie oomblik vir jou en vir ons as Gemeente kom oorspoel. Dit is nie hierdie Boodskap of die Worshipteam wat hierdie kom doen nie. Dit is die Gees van die Lewende God. So Here ek wil vanaand kom vertrou dat U, U self kom bekend maak aan ons, Ons maak ons lewens oop om die volheid van wie U is in ons toe te laat.

Daar waar jy is vertrou die Here vir dit nou. Of dit manifisteer in ’n taal, of net ’n emosie wat jy nie kan contain nie. Of dit ’n wete is en of dit vanaand jou heeltemal oorweldig ek wil bid Gees van God, Come and Show Your Power. We Know that You have been send to Give us the Power. Show us Your Gentleness but also Your Power. We want You, We need You. We surrender.

Ministry - - - - Holy Spirit!