YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Moot

Uncharted Waters - Chronos

Ons gesels in hierdie reeks oor Tyd. Chronos, Kairos en Pleroo. Kom luister na God se tyd vir jou.

Locations & Times

Doxa Deo Moot

1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa

Sunday 6:00 PM


Uncharted Waters


Ons staan aan die begin van 2018 soos Johann gesê het, ek weet vir van ons voel dit of ons weer moet vakansie hou, maar vir die meeste van ons lê die jaar voor ons soos die oop see. Ons sien nog nie verder as volgende jaar nie. Dit is nog 51 weke dan is dit weer volgende jaar en in daardie weke moet ons ’n hele jaar inpas. Ek weet nie van jou nie, maar as ek dink aan alles wat ek wil hê moet gebeur vir hierdie jaar, en alles wat ek hoop gebeur die jaar, en alles wat ek weet nie in my mag is om te beheer die jaar nie, dan kan ek baie senuweagtig raak. Die tyd is min, maar dit is nou soos ons tyd verstaan. Ons wil aan die begin van hierdie jaar bietjie kyk na hoe ons kyk na tyd. Ek weet almal van ons sê, elke jaar word net vinniger en vinniger. Tyd is ’n snaakse ding. Ons het een woord vir tyd en die konsep van tyd. En dit is TYD.

Tyd is vir ons lineer, dit is iets wat ons kan meet, dit is iets met ’n begin en ’n einde en dit is iets wat ons nie kan vinniger of stadiger maak nie, Tyd is daardie ding wat almal altyd van te min het en meer soek, maar tog partykeer die ding wat ons nie kan wag om verby te kry nie. Tyd is iets wat ons almal die selfde hoeveelheid van het in terme van minute en ure, dit lyk dieselfde, jou Uur is nie langer as myne nie. Jou Tyd op Aarde is dalk minder of meer as myne, maar my Horlosie is nie veronderstel om vinniger te hardloop as joune nie. As joune stadig loop, check die battery. En weet jy dit help ook nie om jou horlosie vroeer te stel sodat jy altyd meer tyd het as jy by ’n plek aankom want jy is vroeer nie. My kar se horlosie is so 7 en ’n half minute vroeg, so ek is meeste van die tyd vroeer by ’n plek, maar die probleem is my kop weet dit ook, so as ek laat is dan is dit ok, want ek is eintlik betyds. So as ons kyk na die tyd 2018 die 365 dae die 52 weke die 8760 ure die 525 600 minute, ens ens….

Tyd kan net weer dieselfde oor en oor wees, jaar na jaar en minuut na minuut, ons kan the same old same old mentaliteit hê. Ek wil jou vanaand begin challenge dat ons anders begin kyk na ons tyd. Hoe pak ons ’n jaar van dalk onsekerhede, ’n jaar waarin ons nie weet wat voorlê nie. ’n Jaar waarin jy dalk daai verhoging gaan kry, maar ook dalk die jaar waar jy dalk jou werk gaan verloor, ’n geliefde moet afstaan aan die dood. Dalk die beste jaar van jou lewe, Dalk ontmoet jy jou lewensmaat, dalk word julle as getroude paar swanger. Dalk is dit die jaar wat jy ontdek wie jy is of dalk die jaar wat jy moet beleef hoe mense goed by jou vat wat joune was. Ons is onseker oor ons toekoms. Ons toekoms lyk partykeer of ons net om die selfde bos loop, oor en oor en oor.

Die Isrealiete het ook dieselfde belewenis gehad. Hulle het nie net vir een jaar om en om geloop nie, maar vir 40 jaar het hulle rondgeloop in ’n woestyn wat nie eers ’n 2 weke trip nie. En ek praat nie in moderne voertuie 12 dae nie, ek praat van te voet. As jy nou praat van eentonig dan was dit nou daardie 40 jaar. Jy sien hulle het ook geleef soos ons leef in wat ons noemChronostyd. Dit is daardie tyd wat ons kan meet, wat die sand deur die uur glas moet loop, daardie tyd wat begin en einde het. Hulle moes deur dit gaan, maar hoekom het hulle aanhou loop. Hulle het uit Egipte uit getrek op ’n belofte van die beloofte land. Die land waarin hulle sal vry wees. ‘n land vol beloftes.

Langs die pad en selfs in Egipte het hulle iets anders beleef en in terme van tyd.

Dit isKairos- Daardie Devine moments in jou lewe. Dit is die tye waar dit voel of die tyd stilstaan en jy beleef iets wat die geskiedenis van jou lewe verander. In sulke oomblikke voel dit asof die Aarde stilstaan vir ’n oomblik en net asemhaal. Dit is die oomblik waar Moses op die berg staan en die 10 gebooie by die Here kry. Die moment waar Moses die stok op die water gooi en hulle kan dit drink. En ook nou in Josua se tyd sien ons dat hulle voor ’n Kairos moment staan as hulle voor die Jordaan rivier staan en die Here hulle beveel om oor te loop na die ander kant toe. En net soos in Moses se tyd is daar weer ’n Kairos moment en die water gaan oop. Dit was net stories wat hulle gehoor het by hulle voorouers en hier gebeur dit met hulle. Die amazing moment waar hulle oor droee land loop in die middel van die rivier. Maar daar is weereens iets wat nog na dit gebeur. Dit is die moment waar jy besef hierdie is dit. Kairos moments is die Revelation van die Here Moments. Dit is nie net nog iets wat gebeur nie. My dogtertjie het die vermoee om Kairos te beleef in gewone dae wat ons het. Ons sal iets spesiaals doen soos Roomys gaan eet en dalk by iemand gaan kuier of selfs net braai by die huis of sien of beleef dan sal sy sê; Pappa hierdie is die heel beste dag ooit, ek het nog nooit so iets gedoen nie. Dit is presies wat Josua en die Volk Isreal beleef die oomblik toe die priesters in die Water inloop. Dit is ook die res van jou jaar. Ons weet nie werklik wat gaan gebeur nie. En hier sê die Here vir hulle ook in Josua 3:4 . Hy sê “Volg net die ark, en dit sal vir julle die pad wys, want julle het nog nooit van te vore hierdie pad geloop nie.

Nou baie van ons staan stil by die Kairos moments en leef net vir dit, of altans van Een Kairos moment na die Volgende. Ons smag na ’n Kamp, of ’n manne aand of gebeure in jou lewe waar jy Kairos wil beleef. Die moeilikheid met dit is dat ons nooit in dit instap waarin die Here jou werklik wil hê nie. Die dieper die meer die Verby dit. Dit is werklik na iets groter, maar nie iets wat ’n groter belewenis is nie, ’n beter verstaan en ’n anders dink en lewe. Die isrealiete wou ook Kairos Moments replicate en dit is nie iets wat ons kan doen nie. Moses gaan op teen die Berg en het ’n Awesome Kairos moment, hy kom af net om te sien hoe die mense self probeer om Kairos moments te create. Dit is leeg, met afgode en goed wat nie soveel lewe bring nie. Ek en jy moet toelaat dat God ons Kairos moments create. Ek en jy moet in dit instap en dit nie mis nie, maar Kairos is iets wat die Here kom doen en ek ontvang. Maar daar is iets groter, ’n beter verstaan en dit is:

Pleroo

Pleroo is nie ’n moment nie, Pleroo is meer as dit. Pleroo is die Volheid van God se tyd. Dit strek verder as ons verstaan van tyd, dit is ’n verstaan, maar daardie verstaan kom nie van my eie dade of oplees of doen nie. Dit is konstante openbaring en volmaak van God in jou lewe. Dit is die instap in die Belofte wat die Here vir ons gegee het. Die belofte van Christus, maar ek het nie vanaand genoeg tyd om in dit in te gaan nie.

Isreal het na die Jordaan rivier ook aangegaan en daar was ’n klomp Kairos moment wat gebeur het soos Jerigo se mure wat inmekaar inval en hulle oorval die stad, maar ten spyte van hierdie awesome goed lees ons ook dat hulle die beloofte land ingaan en die belofte wat die Here vir Hulle gegee het tot vervulling kom. Dit is meer as ’n 40 jare oue belofte maar dit kom tot vervulling.

En hulle het deur Chronos wat gelei het tot Kairos moment ook op die ou einde van die dag die Pleroo tyd van God ervaar. Dit is die fullfilled tyd van God. Complete. Ons weet verder aan die belofte is eintlik die koms van Christus. Maar Pleroo vir ons is daar waar ons beweeg ver bo wie ons is.
Ek en Jy kan ook nie Pleroo tyd create, veroorsaak ens nie. Dit is iets wat God kom doen in Sy amazing liefde, maar dit is nie iets wat net gebeur sonder dat ons lewe in die Chronos tyd en hoe ons kyk na Kairos tyd. Dit is Beyond ourselfs. Maar ons gaan vandag kyk na die Chronos en hoe my lewe in Chronos moet lyk sodat ek nie Kairos en Pleroo mis nie. Volgende week Gaan Johann aangaan met Kairos en jy wil dit nie mis nie.

Chronos - Hoe lewe ons in Chronos tyd. Want jy sien hier is vir my die amazing ding van Tyd. Ek weet jy het al gehoor God is buite Tyd en ruimte, en ek het dit ook altyd geglo, maar dit is nie waar nie, God is nie buite Tyd en Ruimte nie. Hy word nie gebind deur tyd en ruimte soos ons dit ken nie, maar Hy het wel tyd en ruimte geskep met ’n doel.
Chronos is nie ’n straf omdat Adam en Eva die appel geeet het nie, nee die Here wil iets kom doen in ons Chronos tyd. Dit is nie al wat Hy vir ons wil gee nie. Daar is baie mense wat die vraag vra van hulle “mundane” lewe. Is this it? En ek kan vandag vir jou sê. Nope this is not it, this is the start of something amazing, maar ek moet in dit besef God is ook in dit en as ons na die 3 konsepte kyk is God is al 3, maar ons kan nie die heeltyd net in een wees nie. Soos jy bestaan uit Gees, siel en Liggaam beleef ons in dit ook verskillend tyd.

Jou liggaam, die fisiese beleef amper die Chronos tyd. die fisiese tyd. Jou siel, jou emosie, intelek beleef die Kairos tye en dan in ons Gees mens beleef ons die Pleroo tyd. Dit is iets wat ons nie van kan of moet wil los kom nie. Maar jy kan ook nie Chronos beleef net met jou liggaam nie, jy as mens is ontwerp om tyd in al sy Amazingness te kan beleef.

So wat ek en jy nou beleef soos ons hier sit is virseker Chronos tyd, want vandat ek begin praat het is daar al ’n paar minute verby en van julle wonder; hoe lank gaan hierdie nog wees, ek ruik al die Koffie en Willem daai in my Kairos moment vir die week. Maar Chronos is belangrik vir my en vir jou, want in die Chronos tyd kan ek en jy kies of ons maar net wil deel hê aan die normale Chronos tyd en of ons gaan plek maak vir dit wat die Here vir ons beplan verder aan. Ek wil terug gaan na die skrif gedeelte van Josua en daaruit vir jou wys wat die Here vir ons wil gee in hierdie tyd. Ek wil vir jou vanuit hierdie skrif ’n paar goed gee om in jou Chronos tyd te doen en besef sodat ons kan seker wees ons mis nie die Kairos moments wat die Here vir ons het nie.

So bietjie agtergrond voor ons in die in duik. Moses is nounet oorlede, en Josua vat oor as Leier, hulle was nou al 40 jaar lank in die woestyn en ewe skielik kom die Here en se vir Josua die volgende.

En ons lees in Josua 1:2 “Moses my servant is dead. Therefore, the time has come for you to lead these people, the isrealites, across the Jordan River into the land I am giving them.”

Die eerste ding in ons Chronos tyd is:

Responsibility

Ek en jy moet soos Josua besef ons het ’n verantwoordelikheid. Ja die Here wil jou seën met Kairos moments, maar dit beteken glad nie dat ons pasief moet wees en net wag op dit nie. Daar is tye van wag, maar meer as dit is daar tye van opneem dit wat die Here vir jou gee om te doen. Hier gee die Here vir Josua ’n opdrag. Gaan doen hierdie, lei jou volk. Jy moet verstaan die volk trek al vir 40 jaar lank in die woestyn rond en ewe skielik sonder enige waarskuwing sê die Here. Dit is tyd om trek. Ons lees in Vers 10 lees ons hoe Josua die Offisiere van Isreal beveel om deur die mense te beweeg en te sê dat hulle, hulle goed moet oppak, want oor3 dae trek hulle oor die Rivier.

Josua het ’nverantwoordelikheidgehad, en hy het dit uitgevoel. Miskien as deel van jou verantwoordelikheid sê jy dalk vir die Here partykeer, nie Nou nie Here, ek moet nog dit en dat doen. Of as my dagboek my die gap gee dan sal ek. Of Here as hierdie gebeur dan sal ek. Die Here sê Nee, WeesFlexible. As Hy praat moet ons Luister, anders mis ons dalk die Kairos moment wat net om die draai vir ons staan en wag. Nog ’n Huge ding wat in inspeel op die Isrealiete se gedagte is dalk die feit dat dit nie die eerste keer is wat hulle daar gekamp het in die 40 jaar in die woestyn nie, en hoekom dan nou in die onbekende ingaan, en wat dit nog erger maak is dat die Rivier sy walle oorstroom. Ek dink van hulle kon gedink het, Regtig Here, wat wil U nou hê moet ons doen, kyk die rivier is nie oorkombaar nie. Daar is te veel onbekende onder die water, van ons is nie eers sterk genoeg nie. Maar Josua en ook van die ander wat al gesien het wat God kan doen kom en stap in Gehoorsaamheid en geloof. Dit vat partymaal baiegeloofom in dit in te stap wat die Here vir jou gee. Die Kairos moment lê dalk net anderkant die “Onoorkombare” en daarvoor het jy virseker Geloof nodig.

Die 2de ding wat virseker ’n rol speel in ons Chronos tyd is

Truth
God se woord.

Die Here kom sê vir Josua in vers 1:8 Msg “ And don’t for a minute let this Book of Revelation be out of mind. Ponder and meditate on it day and night, making sure you practice everything written in it. Then you’ll get where you’re going; then you’ll succeed”

Sho hier is so baie. Die Here sê hier hou vas aan my Woord, maak dit joune en leef dit. Hy kom gee daardie selfde opdrag aan ons in ons Chronos tye. Hou vas aan my woord, maak dit jou eie dag en nag (Chronos) en leef volgens dit. Dit is jou aanwysings, dit is jou sukses. Dit is jou pad na meer en Meer Kairos moments en ’n beter verstaan van Pleroo. Lees, en Lees en lees. Maar moenie net lees nie. Daar is nog ’n ongelooflike valuable ding wat die Here vir hom sê

Beloftes en Profesie ( promiseso and Prophecy)



Die Here kom sê vir Josua in vers 3: “I promise you what I promised Moses.” en verder sê hy ook vir hom dat hy die belofte wat hy aan sy voorvaders gegee het sal vervul, en hier praat hy van dit wat hy vir Abraham belowe het. Die Here hou by sy beloftes en Sy woord oor jou lewe. Hou vas aan dit wat die Here vir jou al gesê het en wees in moeilike tye naby sy Woord. Ons lees hoe Paulus vir Timotius dit sê in 1 Tim 1:18 “Timothy my Son, here are my instructions for you, based on the prophetic words spoken about you earlier. May they help you fight well in the Lord’s battles.”

Woord wat jy gekry het van God af is so belangrik om aan vas te hou. Nie Kairos moments nie, maar beloftes. Want die Here kom vervul altyd in Sy tyd (Pleroo) Sy beloftes.

Maar in dit wat die Here vir ons in Sy woord sê moet ons ook in hierdie tyegehoorsaamwees in dit wat Hy vir ons sê om te doen. In die gedeelte waar hy vir Josua die opdrag gee praat hy 12 keer van die Konsep van Gehoorsaamheid. God se woord is die waarheid en ook die beste padkaart om te volg, so kom ons wees pynlik gehoorsaam aan hom. Hy sê vir Josua dat as hy die woord onderhou en nie links of regs van dit afwyk nie dan sal hy die belofte tot vervulling sien kom. Die Kairos moments sal lei na Pleroo.

Dit is partykeer makliker om in die middel van die opdrag te begin doen wat ons wil en/of wat makliker lyk vir ons. Ons kan nie toelaat dat dit ons weghou van Kairos momente af nie. Kom ons leef in Sy woord.

En die laaste ding wat ek vanaand wil uitlig uit hierdie stuk oor ons Chronos tyd is:

Trust

Daar is ’n groot stuk vertroue wat moet opstaan in ’n mens as die Here vir jou iets sê om te doen en dit is iets bo jou eie kapasiteit en jou eie verstaan van dit wat moontlik is. Dit is daardie voete op die water sit waarvan ons sing in Oceans. Dit is die Wete dat die Here in beheer is. Maar ook ’n wete dat die Here mense om jou gesit het wat jou kan help. Ons moet besef dat onshulp nodig het. Die Here beveel vir Josua om ’n gedeelte van die volk Isreal agter te los aan die kan van die Jordaan want dit is die Land wat Hy vir hulle beloof het, maar dat Josua hulle sterk manne moet saamvat om hulle te help. Help met wat. DieBattles wat gaan kom. Jy sien ons lees die Bybel en dink dat Jerigo se mure sommer net omgeval het, en ja dit het, maar die Isrealiete was nogsteeds die mense wat oor die gebreekte muur moes storm en die vyand oorwin aan die binnekant. Daar was fights om te fight en ons moet as Christene opstaan en begin om ons posisie in te neem en ons wapens op te neem. Reg om Sy battles te fight. Nie noodwendig met aardse wapens nie, maar ons moet gereed wees. En in dit alles moet ons dat God se vrede ons oorweldig. Die Here sê vir Josua: “Don’t be afraid or discouraged. For the Lord your God is with you wherever you go.” Die woord discouraged of in ander vertalings “dismayed” beteken in die oorspronklike teks to crack or to break. Hy sê vir Josua dat terwyl jy besig is om my volk te lei gaan daar tye wees wat jy dalk mag voel of jy wil crack onder die pressure, maar Josua moenie, lewe in my vrede. En dit is presies wat die Here vir ons ook sê vanaand.


Dit is crazy om te dink dat die Here vir my en vir jou in Chronos in die tyd waarin ons leef so baie tools gee om seker te maak ons leef so dat ons nie die Kairos moments mis nie. Die manier hoe ons deur ons alledaagse beweeg moet begin verander. Die purpose van ons dae, die intensionaliteit van ons optrede moet alles begin wys na ’n plek toe waar ons die Here volg met alles in ons om die Kairos moments nie te mis nie. Die Here bring Kairos, daaroor hoef ons nie bekommerd te wees nie. Ek kan jou dit belowe, ek het al baie Kairos moments in my lewe beleef. Dis is amazing om te weet dat die Here ons so wil bederf in ons menswees, maar dit is as gevolg van die chronos tyd wat ek deurmaak. Dit is die goed wat in plek gestel word sodat ek Kairos kan beleef. Worship is nie elke keer hierdie Kairos moment nie, partykeer is dit Obedience in Chronos. So is bybel lees en leef en gesels met mense wat ook die Here liefhet. Ek wil vir julle ’n quote lees van Dutch Sheets uit sy boek God’s Timing for your life. “Our Actions and attitudes in the chronos times of preparing, sowing, believing and persevering are what determine whether God can Shift us into the Kairos times of fresh and strategic opportunities.”

Mag ons nie mis om ons Chronos tyd te geniet nie, maar om ook te weet dat Die Here in die tyd is en vir jou en my geleenthede gee om die regte besluite te maak om te aanvaar wat Hy vir jou het. Kom ons sit en wag nie net op God nie, maar kom ons beweeg in dit wat Sy opdrag vir jou en vir my is.

Kom ons bid saam: