YouVersion Logo
Search Icon

ReChurch (Remembrance)

Dag 30 Vakansie Refleksies

Dag 30 Vakansie Refleksies

Vanaf die 6de Desember 2017 tot en met die 5de Januarie 2018 wil ons jou uitnooi en aanmoedig om die volgende paar refleksies saammet ons aan te pak.

Locations & Times

Fairway Hotel & Spa

Setperk Rd, Randburg, 2194, South Africa

Thursday 12:00 AM

Ons is almal lief vir stories wat die dapperheid van 'n held of heldin vier. Dink aan jou gunsteling held of heldin - spesifiek wat is vir jou aanloklik? (dink hieraan voor jy verder lees).

As ek aan my gunsteling held dink, dink ek aan Ester. Al is sy nie 'n hedendaagse heldin nie, is sy een wat werklik gelewe het, anders as die wat in 'n mens se verbeelding geskep is soos Wonderwoman of Iron Man :). Ester was 'n vrou wat waarlik 'n ewige impak op haar nasie gehad het en die geskiedenis van die wêreld verander het - maar ons vergeet dikwels wat sy moes deurgaan en hoe sy moes volhard om haar doel uit te leef.

Wanneer ons aan ons helde dink, onthou ons gewoonlik hoe goed alles geëindig het, maar ons is geneig om te vergeet hoeveel uitdagings hulle in die gesig moes staar om dit selfs moontlik te maak. Geen storie is per definisie 'n storie, as dit nie 'n konflik of uitdaging het wat tot 'n klimaks opbou en uiteindelik 'n bevredigende einde bereik nie. Daardie stories waar die einde in die lug hang, hou ons gewoonlik glad nie van nie - wat vier ons in 'n storie wat geen einde het nie?
Refleksie Vrae

1. Wat is jou natuurlike reaksie onder druk? As dit negatief is (bv. onbeskofdheid, selfgesentreerd, hoogs gespanne of gehard), het jy al ooit gedink dat daar 'n alternatief vir jou reaksie is? Miskien mis jy 'n belangrike les wat God probeer deel met jou? As dit met jou resoneer, vra God om jou te wys wat jy ontbreek?

2. Wat is die grootste karakteruitdaging wat jy tans in die gesig staar? Miskien werk God aan jou geduld, goedheid of getrouheid? As jy dit nie ken of kan noem nie, vra die Heilige Gees om jou te wys watter vrug God in jou lewe wil groei?