YouVersion Logo
Search Icon

Deo Credo

Dink aan my Here - 1 Samuel 1:9-15

Sondagaand 12 November 2017

Locations & Times

Deo Credo

20 President Steyn St, Vanderbijlpark S. E. 1, Vanderbijlpark, 1911, South Africa

Sunday 5:00 PM

Hanna bevind haar in die uiterste van uitdagings, sy het ‘n desperaatheid gehad.
Haar reaksie op die uittarting wat sy gekry het, die reaksie op haar man se vertroosting (V8b)...Sy gaan na die Een wat sy die beste ken en waarvan sy geweet het – Jakobus 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

V11”…aan my dink en…”
Herinnering aan hulle wat hierdie versoek op gestuur het, en die resultaat van dit:

Rigters 16:28 Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!
Sy verlede, terleurstellings vergete deur God
Hy vernietig in een handeling vanweë God se gedagte aan hom meer van sy vyande as in sy hele bediening.

Lukas 23:42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
Jesus se eie dissipels kruip nou weg, maar hier besef ‘n man die grootheid van die Een en in een gedagte van Christus Jesus verander sy toekoms van verlore na oorwinnend, van swak na sterk van verstote na bemind…..

Jesaja 43:1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

Jeremia 29:11

Slot – 1 Samuel 1:19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.