Doxa Deo Moot

Wat is God se storie vir jou?
Locations & Times
Doxa Deo Moot Gemeente
1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa
Sunday 8:00 AM
Ek weet nie of dit net ek is nie? Maar het jy al ooit ’n storie gelees of dalk gekyk, wat so intens was dat jy nie kon wag om te sien wat gebeur aan die einde nie. En dan “cheat” jy en jy blaai na die laaste bladsy van die boek of jy skip ’n paar “scènes” van die fliek?
Die mees intense en belangrikste storie in jou lewe. Is die storie van jou eie lewe.
Sou dit nie “cool” wees, as ons ’n “cheat” opsie gehad het en jy kon ’n paar hoofstukke aan blaai of ’n paar “scenes skip” in jou lewe. Net om te sien hoe jou storie gaan lyk 5 of 10 of dalk 20 jaar van nou af nie. Nou, daar is nie ’n “cheat” opsie nie. Maar daar is ’n opsie waar ek en jy die Here kan vra, wat is die prentjie wat Hy sien. Wat is die storie wat Hy wil hê ons moet vertel 10 / 20 / 30 jaar van nou af?
Maak klaar met REEKS stories. En ons laaste tema:
Wat is God se storie vir jou?
Dis eintlik nie so moeilik nie. Dink gou saam met my, wat dink jy:
· wil God hê vir jou huwelik?
· wil God hê vir jou werk / besigheid?
· gesondheid of geloofslewe?
Laat toe dat die Heilige Gees vir jou prentjie gee van jou storie wat in Sy oë anders lyk paar jaar van nou af.
Nou met daai storie ingedagte, wat moet nou verander?
“Direction, not intention determines your destination.” ― Andy Stanley
Do you see what this means--all these pioneers who blazed the way, all these veterans cheering us on? It means we'd better get on with it:
Strip down, start running--and never quit! No extra spiritual fat, no parasitic sins. Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we're in. Study how he did it. Because he never lost sight of where he was headed... (Heb 12:1-2 MSG)
So, met die prentjie van God se storie vir jou lewe, is daar 4 vrae wat jou kan help om daar uit te kom:
1. Wat wil God hê moet jy stop?
let us strip off every weight that slows us down, especially the sin that so easily hinders our progress. (Heb 12:1 NLT)
Wat’s besig om jou te briek. Wat is besig om jou vordering te verhinder in daai area van jou lewe wat jy wil hê anders moet lyk 5 jaar van nou af.
Vir party van julle is dit iets intern:
Negatiewe selfbeeld / dalk ’n kritiese gees / of dalk “worry” jy te veel.
Dalk is dit iets ekstern soos ’n drank probleem of om op te hou rook.
In 2001 het ’n Dokter vir my ma gesê sy moet ophou rook. Sy was 61 jaar oud, sy’t vir meer as 40jaar lankal gerook. Voor dit het sy al baie probeer om op te hou en die Dr.’s het haar alewig gewaarsku. Maar hierdie keer was anders. Nadat sy al ’n paar keer in die hospitaal op geëindig het a.g.v. haar gesondheid. Het die spesialis met haar gepraat en vir haar gesê Mev. Dis regtig jou keuse. As jy nie onmiddellik ophou rook nie, groet solank jou kinders want hulle gaan jou nie vir nog ’n Kersfees sien nie.
Sy besluit om op te hou rook en haar gesondheid het stadig maar seker verbeter. Sy is nou 77 jaar oud. Dis 16 jaar later. Ek kan vandag ’n ander storie vertel oor my ma, die storie op daai stadium sou wees hoe ek my ma begrawe het in 2001. Maar omdat sy ’n besluit geneem het om een ding te stop in haar lewe, vertel ek vandag ’n ander storie. Vertel ek eerder God se storie vir haar lewe.
Wat is jou een ding? Dis die geheim, kies net een. Fokus daarop.
Dalkspandeer jy te veel en het jy nodig om jou Kredietkaart te stop. Dalk moet jy gewig verloor en het jy nodig om op te worry dat Mac Donalds bankrot gaan speel as jy hulle nie meer ondersteun nie. Jy’t nodig om verkeerd eet te stop.
Sekere tye kies om jou foon neer te sit, verkeerde vriende, “girl” dalk moet jy daai ou los.
2. Wat wil God hê moet jy begin? - start running -
So in sommige van julle se huwelike gaan dit nie “great” nie. En jy weet, iets gaan moet gebeur anders gaan hierdie nie goed eindig nie. Daai iets is dalk net jy wat kies om iets te begin:
- Dalk is dit om ’n berader te gaan sien.
- Dalk is dit nie heeltemal so intens nie en al wat dit vra is iets klein soos om saam te begin bid of dalk te begin met ’n “date night”.
- Besigheid begin of boek skryf
Dalk vertrou jy die Here om getroud wees 5 jaar van nou af. Dan is dit dalk ’n goeie idee dat jy daai girls oor wie jy so lank nou dagdroom net uit te vra vir koffie.
Dalk praat die Here met jou oor geestelike groei: begin Bybel lees; dienste bywoon.
Bybel Storie: Koning Agab en die Koning van Aram.
Ahab asked, "How will this be done?" The prophet answered, "This is what the LORD says: by using the young officers of the district governors." "Who will start the battle?" Ahab asked. "You will," the prophet answered. (1Ki 20:14 GW)
Daar’s partymaal goed wat ons moet begin maar ons is bang want wat as dit nie werk nie?
Wat moet jy begin?
3. Waar wil God hê moet jy vasbyt?
Die Message vertaling sê dit so: never quit!
And let us run with endurance the race that God has set before us. (Heb. 12:1 NLT)
Moderne wêreld maak dinge vir ons eintlik baie lekker en gemaklik: maak kraan oop en daar is water, elektrisiteit, karre waarin ons kan rondry, fone wat ons 24uur “connected” hou met die res vd wêreld. Jy kan ’n antwoord op meeste vrae binne sekondes op Google opspoor.
Tot sekere mate het die moderne wêreld ons kom beroof van uithouvermoë. Daar was minder egskeidings ’n paar honderd jaar terug bloot net omdat mense nie die opsie van die maklike pad uitgeken het nie. Want min dinge was maklik in daai tye. Om toilet toe te gaan was nie maklik nie, om vir familie in die Kaap te gaan kuier was nie maklik nie. Dis asof die mense van daardie tyd net meer gewoond was om die swaar en moeilike goed deur te sien en nie so maklik moed op te gee nie.
Een van die mooiste stories van vasbyt in Bybel is die storie van Rut. (Eliméleg & Naomi)
So, waar roep die Here jou om vas te byt?
4. Waar wil God hê moet jy vorentoe kyk?
... he never lost sight of where he was headed... (Heb 12:2b MSG)
Waarheen Jesus op pad was, was die kruis. Op daai stadium het hy ’n great bediening gehad. Sy gemeente was oor 15000 mense. As kerk name populêr sou wees daai tyd sou hulle dit dalk Kingdom Ministries genoem het.
Maar God het hom geroep om verby sy huidige sukses te kyk en vas te hou aan die storie wat God vir Hom gehad het.
Daar is tye waar die Here ons roep na ’n volgende seisoen:
It was by faith that Abraham obeyed when God called him to leave home and go to another land that God would give him as his inheritance. He went without knowing where he was going. (Heb 11:8)
Daar’s nie ’n "cheat" opsie in die lewe nie. Ek dink een van die redes daarvoor is omdat die Here wil hê dat ons eerder Hom moet vertrou. Dat ons sal leer om fyn te luister na die stem van die Heilige Gees wat God se hart vir ons, Sy prentjie vir jou en my, Sy storie vir ons lewens aan ons kom openbaar.
Wat is God se storie vir jou lewe 5 jaar van nou af? Wat kies jy om anders te doen as jy vandag hier uitstap?
Imagine vir ’n oomblik. 5 jaar van nou af. Waar ons mekaar dalk iewers raak loop en die stories wat ons dan vir mekaar vertel soveel anders is, as wat ons ooit kon droom. Omdat ons gekies het om te reageer op ’n woord soos hierdie.