The Great Colab

Klere vir die Okkasie - Helm
Welkom by week 6 van ‘n 7 weke reeks: Klere vir die Okkasie. Vanaand praat ons oor: Groei in jou verlossing!
Locations & Times
Moreletapark Gemeente
1353 De Villebois Mareuil Dr, Pretoriuspark, Pretoria, 0042, South Africa
Sunday 8:00 AM
Click op die link om vanaand se diens te kyk:
https://www.youtube.com/channel/UCNSvbXWhRFKUWsRpch1wG8gStephan Joubert vertel dat ‘n breinkenner, Rick Hanson oor ons brein sê: “Our brain is like velcro for negative experiences but teflon for positive ones.”
Weet jy wat is teflon en velcro? Wel, velcro is daai tipe ‘tjirts’ materiaal wat jy soms aan klere sien. Velcro is amper soos klitsgras of ‘n knapsekêrel; dit klou vas! Teflon is die teenoorgestelde. Jy het seker al op TV gesien wanneer hul panne adverteer en belowe dat NIKS op hierdie pan ooit sal vassit nie? So ‘n pan bevat teflon. Soos wat velcro gemaak is om te klou, word teflon gebruik om te gly!

Ons gedagtes werk dikwels so; ons klou vas aan negatiewe gedagtes of herinneringe en ons vergeet so gou van positiewe gedagtes of herinneringe.
Daarom is een van my en jou uitdagings as volgelinge van Jesus, om ons brein gereeld aan te moedig om die regte gedagtes te onthou, en negatiewe of afbrekende gedagtes te laat gaan.
Vandag gesels ons oor verlossing en die rol wat ons verlossing in ons lewe kan speel. Efesiërs 6 koppel die woord “verlossing” met die helm van ‘n soldaat. Wat is die funksie van ‘n helm (maak nie saak of dit ‘n soldaat, fietsryer of bouer is wat dit dra nie!)? ‘n Helm beskerm jou kop. Die helm van verlossing is ons beskerming.

Die stryd teen ons vyand, die bose, is ‘n stryd wat ons ook met ons verstand veg. As ek en jy begin twyfel in ons verlossing, en op negatiewe dinge fokus, dan gaan dit wys in ons lewe… in die manier hoe ons optree, die dinge wat vir ons die belangrikste word en die dinge waaraan ons die meeste van ons tyd en aandag skenk.
Wanneer ons egter op ons verlossing in Jesus fokus en die waarheid en beloftes wat daarmee saamgaan, dan gaan ons al hoe meer word wie die Here ons geskep het om te wees.
Baie jare gelede het iemand iets gesê wat ek tot vandag toe onthou en probeer toepas: “When you have a setback, don’t take a step back, get ready for the comeback!”

Hoe groei ons al hoe meer as kinders van die Here? Deur nie toe te laat dat ons eie gedagtes ons agteruit stoot nie. Nee, ons hou vas aan ons verlossing! As ons struikel, val ons nie in ‘n gat en bly daar nie. Ons staan op en staan vas by die waarheid; dat Jesus ons verlosser is en dat Hy ons die krag gee deur sy Gees om op te staan en die lewe te leef wat Hy vir ons bedoel het!

Tyd vir opvang
# Hoe gaan dit met elke persoon in jou groep? Wat het hul die afgelope week aangevang? Watter oppe en awwe het elkeen beleef die afgelope week?
# As jy dalk die op jou eie doen, doen moeite om by jou vriende uit te vind hoe dit gaan. Of hoor dalk by jou kerkleier hoe dit met hom/haar gaan.

Lees saam met mekaar hierdie kragtige woorde in Titus 2:11-12
Gesels met mekaar:
Een van die belangrikste dinge wat ons elkeen wat in Jesus glo moet verstaan en al hoe meer moet probeer uitfigure, is wat dit beteken en hoe dit lyk om te lewe as ‘n Christen. Baie mense in ons land glo in Jesus, maar nie elkeen leef die Jesus-lewe nie. Kom ons gesels, soos die gedeelte in Titus, oor die negatiewe en die positiewe deel.

# Hoe dink jy lyk ‘n “Godlose lewe”? Waarna dink jy verwys Paulus wanneer hy praat van “vernietigende begeertes”?
# Hoe dink jy, lyk ‘n lewe wat met wysheid en opregtheid geleef word?
#GETREAL
Werk vir jouself ‘n aksieplan uit! Wanneer jy deur ‘n rowwe tyd gaan, wanneer dit vir jou voel of die vyand die oorhand oor jou kry of wanneer jy sommer net deur ‘n seisoen gaan waar dit vir jou voel jy groei nie saam met die Here nie, wat kan jy doen daaromtrent? Wat, dink jy, is die beste strategie vir so ‘n tyd? Deel dit met iemand in jou groep en hoor wat jou vriend/in dink van jou plan!

# Kom ons bid saam vir mekaar se verhouding met die Here vandag. Bid dat dit vir ons die heel belangrikste ding in die lewe sal wees, dat ons altyd sal onthou dat ons verlossing in Jesus die kosbaarste ding is waarop ons kan staatmaak.
# Waarvoor/ vir wie anders kan ons vandag bid?.
# Waarvoor/ vir wie anders kan ons vandag bid?.
#GETREAL
# Gaan deel die week met iemand jou verlossingsstorie, dis die storie van hoe jy Jesus ontmoet het en hoe jy tot bekering gekom het.
# Wanneer jy dit klaar gedoen het, stuur vir jou groepleier / pastoor / dominee ’n kort voicenote van hoe jy dit gedoen het en met wie jy jou verlossingsstorie gedeel het.
# Hierdie week bid ons saam . . . Mexiko. Kom reis virtueel saam met ons: